• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rieldans

Started by PM, May 14, 2013, 03:54:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ouens, ek plaas Cornelis se gedigte hier en vra dat julle asseblief sal help proeflees en voorstelle bring. Ek het leestekens hierby gevoeg, as julle dink dit moet weg, help asseblief.   

Rieldans

Die ure het as wagters
oor die helse marteling getroon.
Toe,
oor gebarste lippe
-met gebalde vuis geslaan-
Hy,
stadig  die smart woorde prewel:
" Eloi... Eloi...lama ..sa..ba..g..t..a..n..i"
en die bloedbesmeerde  Gebrokenheid
se siel het saam met die voorhangsel geskeur.
Alleen en verlate,  met spykers deurboor,
het Hy my sonde met liefde gedra.
Toe die klip weer wegrol     en bloed in die hemel roep
het die beendere in beroering gekom
rieldansend uit die duisternis het hul gekom
en deur die ruimte klief hallelujas:
'Waardig is die Lam!"

© Cornelis 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Klink en lyk perfek vir my.
Is Raaitjie beskikbaar?
elle

Angelica

elle

PM

Adéle het haar hande vol.  Ek is seker sy sal nog kom loer.  Raaitjie is met vakansie, maar ek dink sy behoort nou binnekort terug te wees. 

Hierdie woorde sou ek effens omgeruil het, maar ek wag om te hoor wat julle sê.

Toe,
oor gebarste lippe
-met gebalde vuis geslaan-
Hy,
stadig  die smart woorde prewel:

prewel Hy die smart woorde    of    prewel Hy stadig die smart woorde

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

'smart woorde'  dalk  'smartwoorde'?
elle

PM

Ek dink jy is heeltemal reg.  Smartwoorde - een begrip een woord.  Dankie Elle.
Om te weet is om te verstaan.

adele

toon inni sand, Elle, ek loer gou en dankie vir jou vertroue

Quote from: PM on May 14, 2013, 03:54:33 PM
Rieldans

Die ure het as wagters
oor die helse marteling getroon
toe Hy
oor gebarste lippe
-met gebalde vuis geslaan-
stadig die smartwoorde prewel:
" Eloi... Eloi...lama ..sa..ba..g..t..a..n..i"   [wat van net spasies sonder ...?]
en die bloedbesmeerde Gebrokenheid
se siel het saam met die voorhangsel geskeur.
Alleen en verlate     met spykers deurboor,          ['n komma en 'n spasie saam, maak nie sin nie]
het Hy my sonde met liefde gedra.
Toe die klip weer wegrol    en bloed in die hemel roep
het die beendere in beroering gekom,
rieldansend uit die duisternis het hul gekom    [ek sou die woorde nie herhaal nie, maar onthou ... dis sy besluit]
en deur die ruimte klief Hallelujas:
'Waardig is die Lam!"

© Cornelis 



-met gebalde vuis geslaan-
die idee pas nie vir my in by SY houding gedurende die Kruisiging nie, net my eie gevoel

:grommit: 
adéle  :grommit:

PM

Adéle, ek lees dat SY lippe gebars is deur - met gebalte vuiste- geslaan.  Dit lees ook vir my moeilik. 
Dalk kan ons koppe bymekaar sit om dit beter te maak. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek verstaan nou ook, Sy lippe deur ander geslaan ... grooot ekskuus vir my verkeerdlees, eers het die loop van die woorde vir my geklink asof Hy moes kwaad wees ...maar dis reg soos dit daar staan. 

:grommit: 
adéle  :grommit: