Ouens, ek plaas Cornelis se gedigte hier en vra dat julle asseblief sal help proeflees en voorstelle bring. Ek het leestekens hierby gevoeg, as julle dink dit moet weg, help asseblief.
Rieldans
Die ure het as wagters
oor die helse marteling getroon.
Toe,
oor gebarste lippe
-met gebalde vuis geslaan-
Hy,
stadig die smart woorde prewel:
“ Eloi… Eloi…lama ..sa..ba..g..t..a..n..i”
en die bloedbesmeerde Gebrokenheid
se siel het saam met die voorhangsel geskeur.
Alleen en verlate, met spykers deurboor,
het Hy my sonde met liefde gedra.
Toe die klip weer wegrol en bloed in die hemel roep
het die beendere in beroering gekom
rieldansend uit die duisternis het hul gekom
en deur die ruimte klief hallelujas:
‘Waardig is die Lam!”
© Cornelis