Author Topic: Is jou hond 'n pyn in die nek  (Read 11869 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Is jou hond 'n pyn in die nek
« on: May 11, 2013, 09:38:39 PM »
Is jou hond een van daardie honde wat die buurt die hele nag kan wakker hou met sy geblaf maar jy as eienaar van die hond hoor niks!
Wat is die probleem?  Hoekom blaf jou hond die hele buurt wakker maar jy slaap soos 'n babatjie?  Hoekom blaf jou hond die hele dag aanhoudend, jy is by die werk en is glad nie daarvan bewus nie.  ???  Meneer, hoekom het jy 'n hond?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #1 on: May 12, 2013, 06:18:05 AM »
Ek het 'n hond sodat hy kan blaf en die fokkers wat in die straat loop en kwaad doen kan vertel hy sien hulle. Die pad by ons kamervenster is een van die hoofingange van ons dorp. Dis eenvoudig ongelooflik hoeveel van hulle loop hier en nie in die straat nie, teen ons muur. Hulle terg die honde en daarom blaf die honde. Verder het die buurman sulke duur sampletjies vir honde. Die goedjies beteken fietol, maar hulle kom kef teen die muur by my honde en dit dryf my twee wolwe tot raserny. Nee wat, as iets beweeg moet my hond maar blaf. Hulle blaf net as daar iets is. Gaan kyk maar. Enigste keer wat hulle my werklik erg irriteer, is wanneer hulle so te kere gaan as by die huis kom, of as hulle blaf vir die bediende of die klein hondjies in die huis. Dan wil ek hulle wurg!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #2 on: May 12, 2013, 09:46:01 AM »
Hier waar ons bly is twee groot honde in die erf agter ons.  Hulle blaf sonder ophou.  Daar is niemand in die straat nie, hulle blaf en blaf dag en nag en dit steek al die keffertjies in die omgewing aan.  Dit is genoeg om 'n mens mal te maak, stapel gek.  Dan raak die baas of base aan die suip en dan is daar 'n bakleiery.  Hulle raas en skreeu en gaan te kere dat hoor en sien vergaan.  Dit is eens te erg. 
Die strate lyk soos ashope en as jy by die hek uitry moet jy nog koes vir die beeste op die sypaadjies.  Mense, hierdie plek is nie in SA nie, of moet ek sê SA is nie in hierdie plek nie of is dit maar net die nuwe SA. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #3 on: May 12, 2013, 06:32:41 PM »
Die straat waarin ek werk, 'huisves' nou mediese fasiliteite waar eens net woonhuise was.
'n Nuwe hospitaal en sentrum is gebou en dit grens aan 'n woongebied.  Maw, die straat word nog steeds gebruik as deurloop vir die mense na en van hul werksplekke. 
Daar is nou nog heelparty gewone huishoudings met keffertjies wat heeldag blaf vir hierdie lopers.  Heeldag.  Onder in die straat is tweetjies en regoor die spreekkamer is 'n keffertjie en sy groot broer.  Dit hou nooit op nie. 
En binne in die spreekkamer is Ella wat haar hare uittrek oor hierdie geblaf.  Dis hel steurend.
Maar die base is mos nie by die huis om te hoor nie.
Gelukkig hoef ek nie in daardie straat te slaap nie.
Maar waar ek slaap, is street racing die inding.  Vrydagaand en Saterdagaand het die brekers weer behoorlik die teer opgerol. 
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #4 on: May 14, 2013, 03:23:23 PM »
Nee my honde is nie 'n pyn in my nek nie.
Honde blaf oor 'n paar redes..

1 Algemeen bekend, beskerm sy gebied en "Pack"
2 Minder bekend, oor hulle bang is...en hul hoor goed wat ons nie kan hoor nie.
3 Dan die een wat heeldag en nag huil en blaf ... gewoonlik verveeld. Eienaars moet opvoeding kry.

Ek het iets anders wat my 'n pyn gee. En sy wil nog nie trek nie...... :icon_scratch: Miskien moet ek PM se bure se honde huur om voor haar deur te blaf heel dag en nag lank dalk pla dit haar.  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #5 on: May 14, 2013, 03:43:15 PM »
Trappies, hoekom pak jy nie haar goed in die straat nie?  Sy het mos nou mooi lank genoeg tyd gehad? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Y

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 11
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #6 on: May 14, 2013, 04:07:50 PM »
Hier by ons het die honde net so geblaf, toe het ek maar sake in my eie hande geneem.

My eie honde kry raas as hulle blaf en niks gaan aan nie, maar word geprys as hulle vir mense blaf, al is dit vriende wat kom kuier, hulle beskerm immers hul eie grondgebied.

Die bure se honde? Ek her vriende gemaak, iets gegee om te eet en dan raas ek ook met hulle as hulle onnodig blaf.

Die hond oorkant die straat blaf en koggel die hinde langs ons, terwyl sy baas in die agterplaas braai en niks doen nie. Dan skreeu ek vir die hond "Gabby gaan huis toe, jy raas".  Die hond gaan dan inderdaad huis toe, steeds blaf-blaf, maar raak stil as hy by sy eie baas kom. Sy baas het nognie vir my geblaf oor ek sy hond skel nie.

My isiXhose buurman oorkant die pad se hond verstaan Afrikaans beter as enige ander taal. Selfs sy bly still as sy blaf en ek maak haar stil.

Verder af teen die straat is twee Staffies wat ook onnodig blaf, maar na twee klappe met die sweep, in hulle rigting, dan is hulle ook stil.

So as die hond op sy eie erf kan raas, kan ek seker op my eie erf ook raas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #7 on: May 15, 2013, 07:38:05 AM »
Y, ek het regtig nie 'n probleem met 'n hond wat sy eiendom of sy mense beskerm nie, want dit is tog die hoofdoel.  André, die buurban aan ons oostekant, het twee pragtige groot honde en as hulle blaf moet jy weet daar is 'n probleem.  Die buurman aan die westekant se honde blaf die heeldag vir enige persoon wat daar verby stap.  Dit is nou waar die probleem inkom.  Niemand steur hulle aan Westekant se honde nie.  Nou het jy 'n sekuriteitskwessie.  Moet ook nie dink jy kan hulle stil maak nie, want dan blaf hulle vir jou asof jy die indringer is. 
Wanneer 'n mens by jou eie huis is kan jy nog stappe neem, maar hier waar ons in Mthatha is, is dit 'n nagmerrie. 
Eintlik moet ek nie kla nie, want ons bly in die derde huis van die hoek af waar 'n "stadion" is waar hulle Woensdae, en die hele naweek
van Vrydag tot Sondagaand, byeenkomste het.  Hulle het musiek wat deur jou hele wese dreun, speel sokker en jaag karre.  Ek sal nie eers weer vertel van hoeveel gemors daar in die strate lê nie. 
Geen wonder die honde is so mal nie.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #8 on: May 17, 2013, 04:47:26 AM »
Ons het 8 honde op ons erf - op 'n stadium was hier 15 - darem het meeste al huise gevind ...

yip - ons is van daai mal-honde-mense-wat-foster-tot-'n-fover-ever-home-gevind is ... maar het kort na Theo se geboorte opgehou,
omdat hy ons eerste prioriteit is.

Ons honde blaf nie, ten sy daar rede is. 

Maar:

hulle word twee keer 'n dag 'n goeie bord kos gegee en niks tussen in nie.  Behalwe natuurlik n gesonde tandestokkie of 'n beskuitjie of dalkies 'n kou-beentjie.  Maar ook nie heeltyd en altyd nie.

hulle word elke dag gestap ... nope - nie ons alleen nie.  Ons het 'n couple wat in ons woonstel bly wat Pets Companion het - hulle stap honne vir 'n lewe - so as jy te lui is  ... bel hulle gerus (Kaapstad)  Net Filavlooi kan ons nie stap nie, want hy/sy weet nie of hysy kom of gaan nie en maak die vreeslikste geraas - maar ek speel homhaar sommer lekker moeg in en om die huis ... hysy is tweeslagtig en outisties ...

In die oggend gee ons hulle so 'n uur se vrye teels - dan spin hulle om en om en blaf tog te lekker ... en dan word die speletjie gestop en moet hulle rustig wees.  Speel, maar mag nie blaf nie.  Waarsku 'n vreemdeling met een blaf only!!  En die wat hulle elke dag sien verby stap  ... weet hulle hulle mag nie blaf nie.

So rukkie terug het ons 'n probeem gehad omdat die tieners ons honde geterg het ... hulle moes uit gaan bootcamp toe om weer mooi reg te kom (darem nie almal nie - drie van hulle was boot camp too)  en nou is dit weer gesort.

Ek is lief vir honne en glo elke huis het een nodig.  Maar as jy nie tyd het nie, LOS DIT LIEWERS, moenie dat ons jou gemors later moet kom skoonmaak en dan met meer as een sit omdat daar te veel is wat nie huise het nie ...

En 'n hond wat buiteslaap ... beteken niks ... moenie verwag dat hy/sy jou gaan beskerm nie ... want hulle maak hom stil-stil dood terwyl jy heerlik snork ... maar as hy binne slaap en hulle dink daaraan om buite rond te sluip om binnekant choas te skep - sal hy jou waarsku en wakker maak sodat jy gereed kan wees om die bliksottels te blikkies nog voordat hulle kan dink mes ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #9 on: May 17, 2013, 08:43:20 AM »
Ons hond is nog baie jonk. Ampertjies 'n jaar, dink ek. Hy blaf nie baie nie, behalwe as ons kat hom vanuit die boom of een van die vensters terg of soms in die aand as iemand in die straat afstap. Hy is egter 'n woelwater en niks is veilig/heel binne sy bereik nie- hy het tot sy eie bed opgeëet asook gister 'n hoender van ons buurman wat op een of ander manier in ons erf gekom het! Ek was baie ontsteld daaroor, maar my rustige man het gesê dat hulle vroeër spesifiek geteel was om die eende te gaan haal en dat hy maar net seker gemaak het dat die "eend" wel dood is. 
Honde is beslis baie meer veeleisend as katte, maar ons is darem besig om by die stadium te kom dat hy vir amper 'n minuut stil by jou kan sit en die hele sit-lê-magie-krap-ding kan doen. Hy is baie goed daarmee om dinge te gaan haal- die laaste tree altyd in 'n boksprongetjie, nog nie so goed om dit vir jou te gee, sodat jy dit weer kan gooi nie :-) En sy gesig, ai, hy draai sy ma om sy poot (pinkie).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #10 on: May 17, 2013, 09:08:01 AM »
Daar is baie pragtige honde-eienaars.  Mense wat lief is vir hul diere en hulle soos kinders in die huis behandel.  Geen geld ontsien om sy diere skoon, netjies en gesond te hou nie.  Dit is gewoonlik daardie honde wat goed opgevoed is en nie 'n oorlas is vir 'n ander nie.
Toe ons in Hendrina was het ons op 'n plaas tuisgegaan waar daar twee honde "aangehou" is.  Hannes het gaan salf koop om aan die een hond se ore te smeer wat rou gevreet was van die vlieë, nadat  EK  hulle gedip en gebad het, want hulle het aan die vlooie en die bosluise gesit.  Ja, nie andersom nie. Die eienaar het nie baie van my gehou nie, want ek het hom gedryg, dat as hy nie sy bybel vir 'n wyle eenkant sit om sy diere te versorg nie, ek hom by die SPCA sal gaan aangee.  Ek glo nie dit het gehelp nie.



Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #11 on: August 22, 2018, 12:25:10 AM »
My buurman se honde blaf vir die Sprinbokspan, dis nou die sprinbokblafspan want ons regte springbokspan is in elk geval meer blaf as byt. As jy verstaan wat ek bedoel. Honde wat aanhoudend vir niks blaf maak my heilig want julle irriteer ALLE hel uit my uit. My bure het so 'n keffertjie. Hier in die middel van die nag raak hy wakker Dan knyp sy hol toe van banggeit want almal rondom hom slaap. Dan sit hy die stuk in, blaf die groot hond wakker en die skrik homself gelowig. Die serenade klink dan so... Keffer, keffer,....keffer... Waar, waar, flokken waaaaar?
En dan is ek ook wakker...


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #12 on: August 22, 2018, 10:11:01 AM »
Ja Naas dis 'n groot probleem. Ek kan so kwaad raak. Kan die eienaar dit nie hoor nie? Ek loop mos vinnig oor en gaan raas met die eienaar, het so 'n buurman gehad sy worsies loop reguit na my hek toe en wil groot Jan speel teen oor twee wat 2000 maal groter is en dan raak my twee so kwaad dat hulle mekaar aanval. En arme Tara is te vet en te stadig om haar self te help.  :crybaby2: Hy roep nou sy worsies terug as hy hulle sien na ons kant toe loop. O en ons is baie goeie bure, glad nie kwaad vir mekaar nie.

Onse Lucy is ook een wat blaf vir alles wat beweeg, wat nog dink om te beweeg en dan sommer om te laat weet sy is daar as jy dalk dink om naby te kom.
Die verskil is ons hou ook nie daarvan nie en maak haar stil of bring haar die huis in. Ons neem haar vir oefening  :icon_scratch: of eindlik sy neem ons vir oefening.  :evil6:

Dan weer hoor die mense nie? Neem ander in geag.  :dontknow:

 :angel12:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #13 on: August 22, 2018, 11:53:23 AM »
My vorige ou hondjie was glad nie 'n pyn in die nek nie, sy naam was Kallie, oulike worshondjie.    Hy het wel gevrek van 'n pyn in die nek toe my girlfriend  (voor ek getroud is) oor sy kop gery het met haar Hyundai Atoz.   Ja, ek was nogal in die Kaap gewees vir 3 dae se werk toe sy my skakel vanuit JHB om die storie met my te deel.   Daar los sy hom toe in 'n karton boks vir 3 dae lank totdat ek terugkom huis toe.  Stok stuif met sy ou tongetjie wat laaank uitgepeul is en die kop sommer heel skeef.
Ai tog, so hartseer, my ou kallie.   

Rus in vrede my maat.
Kamp is koning!

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #14 on: October 08, 2021, 07:16:34 PM »
Ai dit is so hartseer man.

Ek sit hier vanaand met 'n pyn wat ek probeer wegsteek.

My liewe Taranee gaan more dokter toe. Sy het so baie probleme so hulle sal haar seker laat slaap. Sy is nou 10 jaar met ons. Sy sukkel om op te staan en te gaan sit. Sy bollie tewyl sy slaap of opstaan om buite te gaan.
So ek glo nie uitkoms gaan goed wees more nie.  :crybaby2:

Andrew wil niks weet van nog 'n hondebaba nie. Ek het nou nog net vir Mila my kietiekat wat my gekies het.  :angel:

 :angel12: