• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Is jou hond 'n pyn in die nek

Started by PM, May 11, 2013, 10:38:39 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

Sterkte Ta Trappies. Ek verstaan die seer. Hier. Op die. Plaas leer mens gou dat jy al wat 'n dier is oorleef en elke keer is dit seer van voor af

:mumum:

Trapsoetjie

Dankie Assie, dit is so stil hier. :crybaby2:

Sy is darem nou nie meer in ongemak of pyn nie. Sy het die laaste tyd vir Sussa geknor, wat baie ongewoon was.

:angel12:

Naas

Gewonder hoekom jy vanoggend so stillerig was.
Sterkte. Ek hoop die seer raak gou beter. Ek weet die gemis gaan nooit werklik weg nie.
(((0)))

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Ag skuus my liewe sustertjie.  Ek weet hoe ongelooflik lief jy jou honnekindertjies gehad het.   :crybaby2:
Ek hou jou styf in my gedagtes. 


Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dankie  :grommit:

Ja dit was/is 'n moeilike dink. Ek het gisteraand 'n goeie huil gehad, dis hoekom ek so laat wakker was. Andrew het vroeg gaan inkruip.

Vandag haar kombersies gewas. Dit is hel warm hier so dit werk lekker uit.

Om die besluit te maak is vreeslik moeilik, en dan om deur te gaan met dit is nog moeiliker, en dan is jy skielik alleen. As dit sin maak.

Maar dit was die beste vir haar. Sy het gesukkel om op te staan en om te gaan sit of le. Sy kon nie meer haar bollie keer nie. Ek gee nie om, om dit op te tel nie. Maar as dit so gebeur dat sy dit nie eers agterkom nie en daarin le. Het ons geweet ons sal moet 'n besluit maak. Sy het darem nooit haarself nat gemaak nie,maar vrydag aand het sy opgestaan en in die rondte geloop en toe kom daai ruik, sy het haar kombersie nat gemaak.

Sy sal seker ons laaste woefkind wees.
:crybaby2:

:angel12:

PM

Hannes se ou Jorratjie  Worshondjie) is ook daar deur.  Na 14 jaar was dit bitter moeilik om haar te laat gaan.  Ek ken daardie lee gevoel van alleen wees.  Staan sterk Trappies, onthou al die mooi en die vreugde wat sy vir julle gebring het.  Dit is net 'n wrede wrede mens wat aan homself dink en nie aan die dier se behoeftes nie.  Ek lief julle. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Ta Trappies se hartspunt wat nou slaap.
Sy wil graag die fototjie vir julle gelaai het maar net soos oom Naas is die fototjies funksie nie vir haar oop nie.

:mumum:

Trapsoetjie

Dankie Assie, Ek waardeer dit baie.

:angel12:

PM

Dankie vir die foto Assie.  Dankie Trappies.  Die forum is mos daar vir mooi herhinderinge. 
Om te weet is om te verstaan.