Author Topic: Is jou hond 'n pyn in die nek  (Read 11902 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #15 on: October 09, 2021, 07:25:05 PM »
Sterkte Ta Trappies. Ek verstaan die seer. Hier. Op die. Plaas leer mens gou dat jy al wat 'n dier is oorleef en elke keer is dit seer van voor af

 :mumum:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #16 on: October 09, 2021, 08:13:12 PM »
Dankie Assie, dit is so stil hier. :crybaby2:

Sy is darem nou nie meer in ongemak of pyn nie. Sy het die laaste tyd vir Sussa geknor, wat baie ongewoon was.

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #17 on: October 09, 2021, 11:35:34 PM »
Gewonder hoekom jy vanoggend so stillerig was.
Sterkte. Ek hoop die seer raak gou beter. Ek weet die gemis gaan nooit werklik weg nie.
(((0)))

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #18 on: October 10, 2021, 12:47:46 AM »
((((((Trappies)))))  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #19 on: October 10, 2021, 03:45:30 PM »
Ag skuus my liewe sustertjie.  Ek weet hoe ongelooflik lief jy jou honnekindertjies gehad het.   :crybaby2:
Ek hou jou styf in my gedagtes. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #20 on: October 10, 2021, 04:09:50 PM »
Dankie  :grommit:

Ja dit was/is 'n moeilike dink. Ek het gisteraand 'n goeie huil gehad, dis hoekom ek so laat wakker was. Andrew het vroeg gaan inkruip.

Vandag haar kombersies gewas. Dit is hel warm hier so dit werk lekker uit.

Om die besluit te maak is vreeslik moeilik, en dan om deur te gaan met dit is nog moeiliker, en dan is jy skielik alleen. As dit sin maak.

Maar dit was die beste vir haar. Sy het gesukkel om op te staan en om te gaan sit of le. Sy kon nie meer haar bollie keer nie. Ek gee nie om, om dit op te tel nie. Maar as dit so gebeur dat sy dit nie eers agterkom nie en daarin le. Het ons geweet ons sal moet 'n besluit maak. Sy het darem nooit haarself nat gemaak nie,maar vrydag aand het sy opgestaan en in die rondte geloop en toe kom daai ruik, sy het haar kombersie nat gemaak.

Sy sal seker ons laaste woefkind wees.
 :crybaby2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #21 on: October 10, 2021, 04:27:16 PM »
Hannes se ou Jorratjie  Worshondjie) is ook daar deur.  Na 14 jaar was dit bitter moeilik om haar te laat gaan.  Ek ken daardie lee gevoel van alleen wees.  Staan sterk Trappies, onthou al die mooi en die vreugde wat sy vir julle gebring het.  Dit is net 'n wrede wrede mens wat aan homself dink en nie aan die dier se behoeftes nie.  Ek lief julle. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #22 on: October 11, 2021, 11:00:44 AM »
Ta Trappies se hartspunt wat nou slaap.
Sy wil graag die fototjie vir julle gelaai het maar net soos oom Naas is die fototjies funksie nie vir haar oop nie.

 :mumum:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #23 on: October 11, 2021, 11:24:07 AM »
Dankie Assie, Ek waardeer dit baie.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou hond 'n pyn in die nek
« Reply #24 on: October 14, 2021, 09:11:35 PM »
Dankie vir die foto Assie.  Dankie Trappies.  Die forum is mos daar vir mooi herhinderinge. 
Om te weet is om te verstaan.