• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom help met woorde wat...

Started by PM, April 30, 2013, 11:48:41 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek het die briefie ontvang wat hulp soek.  Wie kan help asseblief. 

Hi PM,

Ek is opsoek na 'n Afrikaanse woord met al die vokale in m.a.w      a, e, i, o en u.
Is daar 'n manier wat jy dalk kan uitvind?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#2
Dankie Naas, jy is 'n wenner.  Nou kort ons net 'n a'tjie.

Eukaliptusolie kan werk dink ek. 

Hier is nog een     interkommunikasie
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Mooi so Assie, ek het geweet jy sal ook 'n woord bring.   :hello2:

Kommunikasie kan maar die "inter" afskud.  Op sy eie voldoen hy aan die voorskrifte. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#5
Ek't nou nie slimwoord met al die lettertjies in nie maar wonder of iemand my dalk kan help uit die kopkrap-penarie  :icon_bigsmurf:

Is 'daghings' die anderkant van die  'nagmerrie'  munt?  :icon_scratch: :bootyshake:

PM

Wow!  Ek moes geweet het dat jy die vasvrawedstryd gaan begin!
Kan dit dalk die "oggendhings" wees waarvan jy praat?  As ek nou 'n gatseggie gehad het wat werk sou ek kliphard gelag het! 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Oupa se die manlike vorm van koeksuster is pastoriepiesang.

:mumum:

PM

Wens ek was so  flink met die brein soos Oupa.  Al waaraan ek kan dink het iets met kloosters te doen.  Wonder of 'n kloostermielie kan werk?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Assie


Meraai vannie Baai

#11
Beloer ek die vrugbare bydraes en giggel onophoudelik! Geen wonder 'n piesang was die oorsaak van Peter Blum se dekadensie in sy tienerjare.

Piesang, piesang, lekker ding
Wat elke mens na smag
Ek sal jou koop, ek sal jou stroop
En aan jou smul na middernag.

:nono:  :icon_bigsmurf:
Was glo beskou as  ''smerig, Boheems, onafrikaans, klewerige materialisme, naakte sensualisme en verregaande beeldspraak'' gemeet aan die heilige maatstawwe van ons Afrikaanse literêre wêreld toenderjare.

Behoede tog sebliefie 'n digter wat  met die ABC wil woeker en die 'bose skoonheid' van 'n vrug beskryf  :bootyshake:

En al wat Blum eintlik wou bewys is dat hy glo 'n gier ontwikkel vir subtropiese vrugte. ''Mango's, koejawels en pynappels het my growwe
sinnelikheid na vore gebring. Dag en nag het ek geswelg in hulle en my siel in hul sappe versuip.''

Stel julle nou voor hulle sou priesterpaling, pastoriepiesang en kloostermielie raaklees  :hello2:

Assie

Ta Stienie se mos hoeka dat die jood reguit van die groentewinkel af plaas toe gekom het want sy piesang was nog in gladwrap toegedraai van varsgeit.


:mumum:

Meraai vannie Baai

Hoe bou jy dan nou 'n nasie kan ek nie help om onheilig links van die regering te dink nie  :headbang:

PM

Luister tog na my se Pappa se pragwoorde:  My kind, as hulle so onskuldig is, sal hulle nie eers weet waarvan jy praat nie!
Om te weet is om te verstaan.