Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Helpmekaar => Topic started by: PM on April 30, 2013, 10:48:41 AM

Title: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on April 30, 2013, 10:48:41 AM
Ek het die briefie ontvang wat hulp soek.  Wie kan help asseblief. 

Hi PM,

Ek is opsoek na 'n Afrikaanse woord met al die vokale in m.a.w      a, e, i, o en u.
Is daar 'n manier wat jy dalk kan uitvind?
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Naas on April 30, 2013, 11:23:31 PM
Euroisme



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on May 01, 2013, 09:25:24 AM
Dankie Naas, jy is 'n wenner.  Nou kort ons net 'n a'tjie.

Eukaliptusolie kan werk dink ek. 

Hier is nog een     interkommunikasie
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Aspoestertjie on May 01, 2013, 09:32:30 AM
Oliekrokkenosterstruiswyfma


 :mumum:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on May 03, 2013, 07:15:39 AM
Mooi so Assie, ek het geweet jy sal ook 'n woord bring.   :hello2:

Kommunikasie kan maar die "inter" afskud.  Op sy eie voldoen hy aan die voorskrifte. 
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Meraai vannie Baai on May 01, 2016, 11:25:03 PM
Ek't nou nie slimwoord met al die lettertjies in nie maar wonder of iemand my dalk kan help uit die kopkrap-penarie  :icon_bigsmurf:

Is 'daghings' die anderkant van die  'nagmerrie'  munt?  :icon_scratch: :bootyshake:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on May 04, 2016, 07:34:39 PM
Wow!  Ek moes geweet het dat jy die vasvrawedstryd gaan begin!
Kan dit dalk die "oggendhings" wees waarvan jy praat?  As ek nou 'n gatseggie gehad het wat werk sou ek kliphard gelag het! 
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Assie on May 05, 2016, 12:58:06 PM
Oupa se die manlike vorm van koeksuster is pastoriepiesang.

 :mumum:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on May 05, 2016, 01:47:20 PM
Wens ek was so  flink met die brein soos Oupa.  Al waaraan ek kan dink het iets met kloosters te doen.  Wonder of 'n kloostermielie kan werk?
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2016, 01:22:15 AM
Lekker giggel ek nou  :`ip2:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Assie on May 06, 2016, 11:13:27 AM
Priesterpaling?


 :mumum:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Meraai vannie Baai on May 06, 2016, 10:39:03 PM
Beloer ek die vrugbare bydraes en giggel onophoudelik! Geen wonder 'n piesang was die oorsaak van Peter Blum se dekadensie in sy tienerjare.

Piesang, piesang, lekker ding
Wat elke mens na smag
Ek sal jou koop, ek sal jou stroop
En aan jou smul na middernag.

 :nono:  :icon_bigsmurf:
Was glo beskou as  ''smerig, Boheems, onafrikaans, klewerige materialisme, naakte sensualisme en verregaande beeldspraak'' gemeet aan die heilige maatstawwe van ons Afrikaanse literêre wêreld toenderjare.

Behoede tog sebliefie 'n digter wat  met die ABC wil woeker en die 'bose skoonheid' van 'n vrug beskryf  :bootyshake:

En al wat Blum eintlik wou bewys is dat hy glo 'n gier ontwikkel vir subtropiese vrugte. ''Mango's, koejawels en pynappels het my growwe
sinnelikheid na vore gebring. Dag en nag het ek geswelg in hulle en my siel in hul sappe versuip.''

Stel julle nou voor hulle sou priesterpaling, pastoriepiesang en kloostermielie raaklees  :hello2:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Assie on May 09, 2016, 12:02:22 PM
Ta Stienie se mos hoeka dat die jood reguit van die groentewinkel af plaas toe gekom het want sy piesang was nog in gladwrap toegedraai van varsgeit.


 :mumum:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Meraai vannie Baai on May 10, 2016, 11:52:43 PM
Hoe bou jy dan nou 'n nasie kan ek nie help om onheilig links van die regering te dink nie  :headbang:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on May 20, 2016, 06:45:17 PM
Luister tog na my se Pappa se pragwoorde:  My kind, as hulle so onskuldig is, sal hulle nie eers weet waarvan jy praat nie!
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2016, 03:22:04 AM
Jou pa se wysheid sal ek onthou PM  :headbang:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on June 23, 2016, 11:55:39 AM
Versuip ek nou my siel in die sappe van die taal. 
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Naas on October 06, 2021, 01:35:02 PM
Dink ek nou aan my plasing by "verkragting" en wonder wat die vroulike vorm van pedofiel is.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Meraai vannie Baai on October 06, 2021, 11:21:30 PM
Ek sal bietjie dink oor die vroulike vorm maar vermoed Assie se oupa het die antwoord. Ek kan darem vir jou se wat noem mens 'n skelm krokkedil Naas. Dit is 'n kroekkedil :sign10:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Assie on October 07, 2021, 12:58:20 AM
Ek sa liewerste nie Oupa se antwoord gee nie.
Dit hoort innie kroeg en selfs daar gaan Ta PM my toesluit.

 :mumum:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Trapsoetjie on October 08, 2021, 08:27:15 AM
Is die antwoord Parafiel?  :evil6:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Naas on October 08, 2021, 08:36:32 AM
Daai is uitstekend Trappies.
Ek vermoed Oupa se dis pedofoes.
(forumtronk hier kom Naas. Julle sal maar vir my peanuts met 'n kettie deur die tralies moet skiet.)

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Assie on October 08, 2021, 08:45:29 AM
OOM NAAS!!!
Ta PM!!! Ta PM!!! Waaaar is jy???
OOM NAAS!!!

 :mumum:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Meraai vannie Baai on October 08, 2021, 10:57:23 AM
Ek hou die peanuts en kettie gereed  :toothy4:
Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: PM on October 10, 2021, 05:09:36 PM
Nee wat, as ek en my pa stoute grappies gemaak het, het hy altyd gesê: as hulle so ordentlik is sal hulle mos nie weet waarvan ons praat nie!  Naas, is jy seker jy het daai woord reg gespel?   :icon_scratch:

Title: Re: Kom help met woorde wat...
Post by: Naas on October 10, 2021, 05:31:45 PM
Honderd persent seker.
Hy issie in die woordeboek nie so ek kan hom spel soos ek wil.

 :icon_bigsmurf: