• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Slingerpad...

Started by Angelica, April 01, 2013, 09:04:00 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Slingerpad
neem my na plekke
waar dit stil is
waar gedagtes aan jou
op 'n slingerpad versprei is
waar my siel oopvlerk
en vry is
na eindelose blou...
neem my na plekke
waar ek by jou is

©Elsabe



elle

PM

Pragtig geskryf Angelica.  Jy slinger my saam met jou waar my siel oopvlerk. Ek lief die gedig.  Dit vlerk nou boek toe. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Jy moenie sommer net gooi nie... is die ding ooit ordentlik genoeg?
Ek meen, dis net bymekaar geskraap.
elle

PM

Vir my is dit pragtig.  Ek sal mos nie so sê as ek nie so voel nie.  As jy nog wil skaaf en skuur is jy welkom, maar ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dan is dit goed so.  Dankie.
elle

Meraai vannie Baai

So bly dit gaan  :book1: toe  :love7:

Fransi

So besonders mooi geskryf.

Angelica

Oeeee... julle maak my hart bly...   :angel12:
PM, nou nie die hele boek myne maak nie. Is daar nog plek?
elle

PM

Daar is nog baie plek matertjie.
Ek het reeds slingerpad in jou bundeltjie geplaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oe julle! Ekke trippel al opgewonde as ek net hoor van Boek 2  :hello2: :love7: :notworthy:

Angelica

Jitte, ek wil dit in almal se kele afdruk.
Daar is FB vriende wat ek baie graag 'n kans wil sien kry om hulle mooi werk in ons boek te publiseer.
As hulle net wil BYT.
Dankie PM!!
elle

Meraai vannie Baai

Soooo waar. Ek dink veral hier aan Elizabeth Kendall se pragtige ekphrasiswerke!

PM

Hulle sal moet roer, maar ek dink nie hulle stel regtig belang nie.  Ons sou graag hulle werk in die boek wil sien.  Boek 2 gaan baie mooi wees.  As julle skype kan ek 'n paar blaaie stuur sodat julle kan sien. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek dink met die selfpublisering wat deesdae so maklik en bekostigbaar is, laat die ouens hulle eie werk opneem in bundels/boeke. Vir my bly dit 'n wonderlike ervaring om my eie werk knussies tussen geliefde maters se spogstukke in my hande te kan hou  :love7:

bloubefoeterd

Ek weet nie wie is Elzabeth Kendall nie en ek het g'n kloo wat is ekphrasis (is dit grieks vir wanneer jy jouself aanhaal) nie maar wat ek wel weet is dat hierdie stukkie werk baie baie mooi is!