Author Topic: Deegkombersie  (Read 13848 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Deegkombersie
« on: March 30, 2011, 05:55:56 AM »
Deeg kombersie

Julle ouens, ek sukkel nou al vir jare om 'n behoorlike degie (batter) te maak vir soet-suur-vark, hoender, en wat-ookal 'n mens in 'n "kombersie" wil toevou, en nou is ek baie opgewonde want ek dink ek het die antwoord gevind.
Ek het sampioene,  hoenderstukkies, varkstukkies, viennas, prawns en kalamari hierin gedoop.
Blomkool en brusselse spruitjies, klein aartappeltjies, en klein uitjies, halfpad gaargemaak in die mikrogolf oond, daarin gedoop en in diep olie gebraai.  Tot blokkies brood!

Hoe maak mens?  So maak mens!

"Kombersie"

Meng een en 'n half koppie koekmeelblom met
'n half koppie mielieblom. (Maizena) 
Voeg daarby een eiergeel en
genoeg sout en peper na smaak.
1 Teelepel bakpoeier.
Vat 'n botteltjie bier en meng dit daarin tot dik en romerig.

Rol  enige iets wat jy wil gaarmaak eers in koekomeelblom, doop dit in die degie en braai in diep olie tot bruin.
Om te weet is om te verstaan.