• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Stinkgat

Started by Meraai vannie Baai, March 23, 2013, 11:54:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

#15
Slaat my om met 'n nat vis.  Toe ek daar by die skakel gelees het, het  daai flip flop my skoon ontgaan.  Ek sien toe net vir Adam en Eva kael nael.   :icon_biggrin:
So dink ek ook dat ons "Loos" vandag skoon en netjies is met lekker-ruikgoedjies. 

Goed gedoen Raaitjie.  Hierdie inkleurwoorde pas uitstekend hier in die stinkgat.   :icon_biggrin:

Flip Flippie, ek lief jou vertaling vir flip flop -gatkantvorentoe!
Kopoorgat is nog so 'n mooie. 
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

#16
As die dag se druk
jou ogies laat knik
en jou maag laat ruk,
speel eers aspaai
en maak 'n draai
by die blikmeraai,
want wat het jy gedink
is onder die hout en sink
wat na afval stink?
Gisteraand se poeding,
die dag se voeding,
dis als vergoeding
vir die gat in die grond
gevul met ...
Wat stink So?


:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

#17
 :hello2: Pragtig Aspoestertjie.  Goed geskryf!  Dankie vir die saamspeel Nooi.   :hello2:

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Assie

In ons buitehuis,
as jy my vra,
is almal nie so tuis.

Want eenvoud met 'n plank,
as jy my vra,
maak net daai gat te lank.

En neus in die lug,
as jy my vra,
kan hier nie eers kug.

'n Opregte poeierhol,
as jy my vra,
knyp eerder daardie bol.

Al waar hul gemaklik voel,
as jy my vra,
is op 'n marmergat wat spoel.


:mumum:

PM

#20
Baie goed Assie.   :toothy4:   Hierdie poeierhol het hom mooi kom tuismaak hier in die stinkgat!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 Dit is net hier waar ons klompie humoristies en kreatief kan saamkuier om die  :pottytrain5: Verkrukkeld gelag! Welgedaan Assie  :hello2: :notworthy: :book1: :bootyshake:

Assie

Ek sien Antie PM verwar my nog met oom Naas. Hy is baie ouer as ek en daar is ok so paar ander verkille. Ek is mos darem mooier as hy?




:mumum:

Meraai vannie Baai

 :`ip2: net so paar verskilletjies tussen Assie en oom Naas. Giggel ek alweer en dink skielik aan die Langkloof se mooiste nooi  :love7:

PM

Skuus Assie.  Tannie PM is nou Ouma PM en die kop wil nie meer lekker byhou nie. 
Oom Naas se skoonheid lê net in sy hart, nie op sy gatseg nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

liewe land, dis al soveel jare met weggevloeide seewater later ....
maar hier het ek myse selwers nou weer verkrukkeld gelag   :toothy4:   :icon_biggrin:  :icon_biggrin:
adéle  :grommit:

PM

Hier is ek ook weer.  'n Laggie vir die daggie is altyd op die spyskaart.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Kom ek ook soos ingelegde perskes na die maal hier aan en lek my lippe af. Van vooraf alweer heerlik gesmul aan die humor  :love7:

Naas

Ek dink regtig hier vergete stinkhouthuisie wat so belangrik was dat hy ingenooi is om by die ander vertrekke te bly kry nie meer die eer wat hom toekom nie.
Omdat hy 'n ka.. Poef werk in die huis vervul kyk die ander vertrekke neus in die lig neer op hom maar hy bly die gewildste vertrek in die plek.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#29
In die pandok wat so half laslap gebou was het ek ons stinkgatkamer so kustelik opgedollie dat mens jou maklik kan verbeel jy is by die see tot jy terug geruk word in die werklikheid van menswees en aardse nood.  :pottytrain2: :pottytrain5: