Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Nuwe woordskeppings => Topic started by: Meraai vannie Baai on March 23, 2013, 11:54:13 PM

Title: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on March 23, 2013, 11:54:13 PM
:pottytrain2: Skielik kry die kenteken van onse forummoedertjie nuwe betekenis.

Ek tik gewoonlik die skepper van die woord/uitdrukking voor of na die nuwe woord, maar vandag het altwee die kombinasies ewe erg geruiklyk:

PM se 'stinkgat' / Die Stinkgat van PM :`ip2:

Mees beskrywende naam vir die gekroonde-wit-troon ala longdrop! En daar is natuurlik nog die geliefde "0" n(holte/gat) van PM wat net so gepas hier gebruik kan word:
"Stink0"
:notworthy: :icon_salut:  :love7:

Ek lief ons taal!

Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on March 24, 2013, 01:02:26 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Artworksofthedunny.jpg)

Elke kleinhuisie (my ouma se woord vir die buitegeriefie) het sy eie storie.

Die keramiekskeppings van die Ausie, Fred Hillier “*privyologist”  (that is, someone who takes an interest in the history and folklore of the “loo, throne room, lavvy, thinking room, thunder box, aunt mary, kharzi, house of commons, etc., etc., etc.”.)

Fred het twee boeke geskryf oor hierdie ongewone onderwerp en 'n ryk(?) geskiedenis vasgevang daarmee  :icon_biggrin:

*Sou Gatoloog :color: beskrywend genoeg wees vir die 'beroep/amp' in Afrikaans? Bring jou eie woord asseblief!  
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on March 24, 2013, 02:38:49 AM
O gatta patatta,  :icon_biggrin:  hier is my 0 nou onder bespreking. 
Ek wonder of 'n "privaatheidsdeskundige" nou daai ou is wat die skoonmaakwerk doen. 
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on March 25, 2013, 01:29:57 AM
Hehehhe. Wonder self PM! Terwyl ek nou so aan die wonder is, dink jy iemand gaan braaf genoeg wees om vir ons 'n vers of twee te bring oor die 'stinkgat'?  :toothy4:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on March 25, 2013, 08:57:45 AM
Ek het al myne begin, maar hol so rond tussen alles en moet nog soek vir akkommodasie in Mthatha (jy weet mos, daardie plek wat Hannes gesweer het hy gaan nie weer werk nie) en vliegkaartjies na NZ vir die einde van die jaar. 
Sal kom sny, spoeg en plak as ek klaar is. 
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: adele on March 25, 2013, 01:29:20 PM
“*privyologist”  gelukkig nie “*privy'h'ologist” nie
  :toothy4:  wat 'n skitterende benaming ... o ala  :toothy4:   
het jy dit op sigboekie ook gelaai? ek wil dit so graag deel...

 :grommit:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Aspoestertjie on March 25, 2013, 08:10:45 PM
Sies vir julle... Dis 'n "veldhuisteoloog" Dis nou daai ou wat op die drukpreekstoel sit en soebat dat die pad parlement toe moet open.



 :mumum:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on March 25, 2013, 09:42:27 PM
A ha!  Mooi so Aspoestertjie, daar sit jy jou ou mooi klein voetjie so reg in die wip! Ons wag vir jou gedig Nooi. 
Ek het jou veeslik viskikkig gemis!  Welkom tuis!   :love7:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on March 25, 2013, 11:36:25 PM
Kan nie onthou watter jare laas ek so viskikkig lekkig gelag het nie  :icon_biggrin: Julle maak my dag perfek begin op netelige noodt.  Die uwe boek haar plek vir die gediggies waaroor sommige siele, neus in die lug, verby die onderwerp van bespreking, eerder 'n draai loop en dan stylvol op die wittroon gaan sit en peins oor die barheid van menswees in toeka se dae :notworthy:

Adele hier is die skakeltjie waar ek die inligting vandaan gekry het. As jy dit op die sigboekie plaas behoort jy dit te kan deel hoor! Vanoggend bult die woorddief se mandjie weer boeppensie met die ougat-uitdrukkings en woorde: veldhuisteoloog/drukpreekstoel/privaatheidsdeskundige en Adele se “*privyologist”  gelukkig nie “*privy'h'ologist” nie :`ip2:  :hello2: :book1:

http://www.claycraft.com.au/productions/bush_buildings/dunnies.asp

Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Joe Daai Ou on March 26, 2013, 01:41:08 AM
Nig, ek is nie 'n kenner van die soort aktiwiteite nie maar iets wat ek al baie gehoor het was 'n gesteun en 'n gekreun om daai sware vrag af te laai! Wat van 'n Kreunoloog? As jy by publieke toilette verby stap soos wat ek gereeld doen met my reise spits jou ore en hoor die gekreun en gesteun, dis iets vreesliks. Seker hoekom hulle seg dat om te gaan dinges is die sterkste drang op aarde, hy het tot vir Simson op sy hurke gedwing!
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on March 26, 2013, 01:57:20 AM
En so duik daar nog 'n splinternuwe uitdrukking tussen die woordspore al om die 0'tjie onderwerp op  :notworthy: :icon_biggrin: :icon_salut: Giggelend lig ek die hoed en knak myse rumatiekknieg vir die 'Kreunoloog' Joe!
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on March 26, 2013, 08:36:15 AM
Tag, dat so 'n onderwerp nou soveel plesier kan verskaf!   :icon_biggrin:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: adele on March 26, 2013, 01:03:34 PM
dink julle hierdie woorde en humor kan in ander lande ook aan daai tale suffel giggels verskaf?

 :grommit:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on March 26, 2013, 02:32:06 PM
Nee Adéle, dit is net 'n uitsondering.  Ons taal is die mooiste taal omdat ons soveel humor het.  Kyk nou maar na die woordjie wat nie trek bedoel nie maar stoot.  Ons kleur dit so mooi in. 
Ek dink ons moet 'n lysie maak van "inkleur woorde".  Wat dink julle.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on March 26, 2013, 11:36:27 PM
O ja! O ja vir inkleurwoorde!!   :hello2: :notworthy:

Besig om deur die onderskeie strukture waarmee ons woel te gaan, kom ek vandag weer op die '*Flip Flop 60/90' af en kon die versoeking nie weerstaan om 'n 'Gatkantvorentoe' weergawe te probeer:

Gatkantvorentoe

kry dubbel-nul-sewe
van die woorddief,
'n nare geurtjie

007/L00
  :bootyshake:

*Flip Flop 60/90 http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2340.0
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on March 27, 2013, 04:16:28 AM
Slaat my om met 'n nat vis.  Toe ek daar by die skakel gelees het, het  daai flip flop my skoon ontgaan.  Ek sien toe net vir Adam en Eva kael nael.   :icon_biggrin:
So dink ek ook dat ons "Loos" vandag skoon en netjies is met lekker-ruikgoedjies. 

Goed gedoen Raaitjie.  Hierdie inkleurwoorde pas uitstekend hier in die stinkgat.   :icon_biggrin:

Flip Flippie, ek lief jou vertaling vir flip flop -gatkantvorentoe!
Kopoorgat is nog so 'n mooie. 
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Aspoestertjie on March 28, 2013, 10:29:52 AM
As die dag se druk
jou ogies laat knik
en jou maag laat ruk,
speel eers aspaai
en maak 'n draai
by die blikmeraai,
want wat het jy gedink
is onder die hout en sink
wat na afval stink?
Gisteraand se poeding,
die dag se voeding,
dis als vergoeding
vir die gat in die grond
gevul met ...
Wat stink So?


 :mumum:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on March 28, 2013, 10:35:08 AM
 :hello2: Pragtig Aspoestertjie.  Goed geskryf!  Dankie vir die saamspeel Nooi.   :hello2:

 :bootyshake:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on March 30, 2013, 10:13:32 AM
 :toothy4: :`ip2: :headbang: :hello2:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Assie on November 12, 2018, 01:24:06 PM
In ons buitehuis,
as jy my vra,
is almal nie so tuis.

Want eenvoud met 'n plank,
as jy my vra,
maak net daai gat te lank.

En neus in die lug,
as jy my vra,
kan hier nie eers kug.

'n Opregte poeierhol,
as jy my vra,
knyp eerder daardie bol.

Al waar hul gemaklik voel,
as jy my vra,
is op 'n marmergat wat spoel.


 :mumum:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on November 12, 2018, 03:30:24 PM
Baie goed Assie.   :toothy4:   Hierdie poeierhol het hom mooi kom tuismaak hier in die stinkgat!   :icon_biggrin:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on November 12, 2018, 10:58:25 PM
 Dit is net hier waar ons klompie humoristies en kreatief kan saamkuier om die  :pottytrain5: Verkrukkeld gelag! Welgedaan Assie  :hello2: :notworthy: :book1: :bootyshake:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Assie on November 13, 2018, 08:06:57 AM
Ek sien Antie PM verwar my nog met oom Naas. Hy is baie ouer as ek en daar is ok so paar ander verkille. Ek is mos darem mooier as hy?




 :mumum:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on November 13, 2018, 08:40:00 AM
 :`ip2: net so paar verskilletjies tussen Assie en oom Naas. Giggel ek alweer en dink skielik aan die Langkloof se mooiste nooi  :love7:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on November 13, 2018, 12:12:02 PM
Skuus Assie.  Tannie PM is nou Ouma PM en die kop wil nie meer lekker byhou nie. 
Oom Naas se skoonheid lê net in sy hart, nie op sy gatseg nie.   :icon_biggrin:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: adele on July 24, 2019, 07:35:26 PM
liewe land, dis al soveel jare met weggevloeide seewater later ....
maar hier het ek myse selwers nou weer verkrukkeld gelag   :toothy4:   :icon_biggrin:  :icon_biggrin:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on July 27, 2019, 09:25:08 AM
Hier is ek ook weer.  'n Laggie vir die daggie is altyd op die spyskaart.   :hello2:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on August 01, 2019, 11:07:41 PM
Kom ek ook soos ingelegde perskes na die maal hier aan en lek my lippe af. Van vooraf alweer heerlik gesmul aan die humor  :love7:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Naas on October 09, 2021, 08:26:49 AM
Ek dink regtig hier vergete stinkhouthuisie wat so belangrik was dat hy ingenooi is om by die ander vertrekke te bly kry nie meer die eer wat hom toekom nie.
Omdat hy 'n ka.. Poef werk in die huis vervul kyk die ander vertrekke neus in die lig neer op hom maar hy bly die gewildste vertrek in die plek.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on October 09, 2021, 11:43:57 PM
In die pandok wat so half laslap gebou was het ek ons stinkgatkamer so kustelik opgedollie dat mens jou maklik kan verbeel jy is by die see tot jy terug geruk word in die werklikheid van menswees en aardse nood.  :pottytrain2: :pottytrain5:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Assie on October 10, 2021, 07:19:32 AM
'n Suid Afrikaanse feeverhaal. Deur Aspoestertjie.
Eendag, lank lank gelede het die liggaamsdele stry gekry oor watter deel nou eintlik die belangrikste is.
Die brein se hy is die belangrikste want sonder hom kan die liggaam nerens kom nie.
Die kop se hy is want hy beskerm die brein.
Die oe se nee dis hulle want hulle vertel die brein wat rondom hulle aangaan.
Die nek se nee, dis hy want hy draai die kop sodat die oe oral kan sien.
Die mond se hulle kan niks doen sonder brandstof nie en dis hy wat die brandstof voorsien. Waarop die hande vra wie dink hy werk vir daai brandstof en sit dit boonop in die mond.
Die voete vertel hulle almal dat hulle nie moet vergeet dat dit hulle is wat die liggaam tot by die kos neem nie.
Dis op hierdie staduim wat die poepol op sy normale gasvrye mannier vir hulle se: "Ek is baas."
Hulle wil hulle dood lag. En ignoreer hom verder.
Van toe af staak die poepol.
Eers gebeur daar niks.
Toe begin die liggaam moeg raak.
Die voete raak moeg en wil nie meer loop nie.
Die hande begin rondhang en die mond raak stil.
Die nek kan nie meer die kop ophou nie en die oe raak dof.
Die brein bele toe 'n vergadering.
In die vergadering besluit hulle toe dat dit dalk maar liewerste in almal se belang is om poepol as baas te verklaar.
So gese, so gedaan. Alles keer terug na normaal.
Die lesse geleer uit hierdie veeverhaal is:
1 - Dis nie altyd die slimste ou wat baas is nie.
2 - Dis nie altyd die ou wat die ander beskerm wat baas is nie.
3 - Die ou met insig is nie altyd die baas nie.
4 - Die werkersklas is nie die baas nie.
5 - Die baas is altyd 'n windgat poepol.

 :mumum:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on October 10, 2021, 02:51:56 PM
Dit klink nie vir my na 'n feeverhaal nie.   :evil6:  Dit klink na die harde werklikheid. 
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on October 10, 2021, 11:24:15 PM
Skote Petoors Assie  :`ip2: :headbang:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Naas on October 11, 2021, 11:39:31 PM
Ek lees nou weer deur hierdie plasings en besef met groot applompt dat hier 'n uitdaging tot stinkgatgedigte was. En net een het dit aanvaar. Net Assie het haar gatdiggies gatplaas. Nogals twee daarvan, terwyl die ander forumliete niks gatdiggies gatskryf het nie.
Daai's nie propperlies nie...

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2021, 06:11:58 AM
Ek het Assie se gatdiggies (lief die woord Naas) terdee geniet! Jammerte so min ouens het die digterlike uitdaging aangepak, seker oor dit handel oor so netelige onderwerp met sy vele klanke en stanke  :bootyshake: Ek het so bietjie gaan grawe...

Die bygelowige Romeine het geglo daar is 'n bose gees wat in hulle dreine bly en jou dood kon veroorsaak wanneer jy die kleinhuisie gebruik  :icon_biggrin:

Sommige opsies van die toiletpapier van die natuur klink verstandig genoeg - blare, gras en mos - maar gerief was duidelik nie altyd 'n prioriteit met die gebruik van houtskaafsels nie. Om die agterstewe in water te was, of sneeu in kouer klimaat en sand in warmer gebiede, het ook wêreldwyd 'n relatief higiëniese praktyk geword.

Vir sommige streke van die Midde -Ooste en Indië het mense egter nog steeds gedink dat hulle linkerhand die beste hulpmiddel vir die taak is (solank dit daarna deeglik skoongemaak word).

Die Romeine het in hul gemeenskaplike toilette 'n spons op 'n stokkie gedeel wat in 'n emmer soutwater (of 'n asynoplossing) uitgespoel is.

Die ou Grieke het skerwe klei of erdewerk gebruik en in die pre-koloniale Amerikaanse beskawings, laat ons liefs net sê dat hulle nie net mieliekoppe gebruik het om te eet nie.

In sommige samelewings het doeke of materiale soos wol en kant die afvee-keuse vir die rykes geword, maar mense het enigiets gebruik - klippe, skulpe, vrugtevelle en selfs pels. Die kwaliteit van die papier het beteken dat splinters 'n algemene probleem was :crybaby2:

Tog sou dit eers eeue later wees dat toiletpapier as't ware op 'n rol verskyn het. Mense het ou tydskrifte begin gebruik, maar in 1857 begin die entrepreneur in New York, Joseph Gayetty, met die verkoop van die eerste kommersiële verpakte toiletpapier. Sy 'Medicated Paper', wat as die grootste noodsaaklikheid van die eeu bemark was, kom in enkele velle met aalwyn en was bedoel as 'n mediese behandeling om aambeie te genees. Op elke blad was die naam van Gayetty, hoewel die rede waarom hy wou hê dat mense hul agterkant met sy naam afvee, net aan hom bekend is.

Thomas Crapper: 1866 | Bou die eerste badkamervertoonlokaal ter wêreld in Marlborough Road, Chelsea. Hy het 'skok -taktiek' gebruik om sy wit toiletpanne agter groot glasvensters aan die publiek te wys. Daar word gesê dat sommige dames wat by die vensters verby is, flou geword het by die vertoon daarvan want die idee om 'n deel van die badkamer in die openbaar te vertoon, was destyds skandalig.

Die volle wapenrusting (Full plate armour) was briljant in 'n geveg, maar ietwat onprakties tydens menslike nood  :icon_bigsmurf: 

Bron: https://www.smithsonianmag.com/smart-news/three-true-things-about-sanitary-engineer-thomas-crapper-180965008/
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Naas on October 12, 2021, 06:43:15 AM
Nou het "gatskoonmaak" 'n heel nuwe betekenis vir my.

 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Meraai vannie Baai on October 12, 2021, 11:50:10 PM
Naas, ek sien prentjies. Sommige van hulle ietwat pynigend. Baie bly ons leef in hierdie eeu hoor. Sondiglik krap ek kop oor al ons gatterige uitdrukkings
 :icon_bigsmurf:

"Voor iemand jou 'n gat in die kop praat en jy gatoorkop in die bollie beland is dit beter dat jy betyds gatskoonmaak voor jy jou gat sien..." daar was nog ene oor dinge wat jy deur jou 0 trek, maar ek wil nie tronk toe gaan nie, die forumtronk is deesdae te leeg na my sin.
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: Assie on October 13, 2021, 04:32:06 AM
Ek het erens gelees van seuntjies wat agter die bossies sit en dan sommer 'n kuikentjie of twee vang vir die skoonmaakprosessie.
Wonder wat Oupa sal se van die kuikentjies wat so stink stink met GT strepe op die erf rond hol.

 :mumum:
Title: Re: Die Stinkgat
Post by: PM on October 14, 2021, 08:54:19 PM
Goeiste, ek wens ek het so 'n pragtige verbeelding gehad, jy sou my sien skryf gehoor!