• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Stinkgat

Started by Meraai vannie Baai, March 23, 2013, 11:54:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Assie

#30
'n Suid Afrikaanse feeverhaal. Deur Aspoestertjie.
Eendag, lank lank gelede het die liggaamsdele stry gekry oor watter deel nou eintlik die belangrikste is.
Die brein se hy is die belangrikste want sonder hom kan die liggaam nerens kom nie.
Die kop se hy is want hy beskerm die brein.
Die oe se nee dis hulle want hulle vertel die brein wat rondom hulle aangaan.
Die nek se nee, dis hy want hy draai die kop sodat die oe oral kan sien.
Die mond se hulle kan niks doen sonder brandstof nie en dis hy wat die brandstof voorsien. Waarop die hande vra wie dink hy werk vir daai brandstof en sit dit boonop in die mond.
Die voete vertel hulle almal dat hulle nie moet vergeet dat dit hulle is wat die liggaam tot by die kos neem nie.
Dis op hierdie staduim wat die poepol op sy normale gasvrye mannier vir hulle se: "Ek is baas."
Hulle wil hulle dood lag. En ignoreer hom verder.
Van toe af staak die poepol.
Eers gebeur daar niks.
Toe begin die liggaam moeg raak.
Die voete raak moeg en wil nie meer loop nie.
Die hande begin rondhang en die mond raak stil.
Die nek kan nie meer die kop ophou nie en die oe raak dof.
Die brein bele toe 'n vergadering.
In die vergadering besluit hulle toe dat dit dalk maar liewerste in almal se belang is om poepol as baas te verklaar.
So gese, so gedaan. Alles keer terug na normaal.
Die lesse geleer uit hierdie veeverhaal is:
1 - Dis nie altyd die slimste ou wat baas is nie.
2 - Dis nie altyd die ou wat die ander beskerm wat baas is nie.
3 - Die ou met insig is nie altyd die baas nie.
4 - Die werkersklas is nie die baas nie.
5 - Die baas is altyd 'n windgat poepol.

:mumum:

PM

Dit klink nie vir my na 'n feeverhaal nie.   :evil6:  Dit klink na die harde werklikheid. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Naas

Ek lees nou weer deur hierdie plasings en besef met groot applompt dat hier 'n uitdaging tot stinkgatgedigte was. En net een het dit aanvaar. Net Assie het haar gatdiggies gatplaas. Nogals twee daarvan, terwyl die ander forumliete niks gatdiggies gatskryf het nie.
Daai's nie propperlies nie...

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek het Assie se gatdiggies (lief die woord Naas) terdee geniet! Jammerte so min ouens het die digterlike uitdaging aangepak, seker oor dit handel oor so netelige onderwerp met sy vele klanke en stanke  :bootyshake: Ek het so bietjie gaan grawe...

Die bygelowige Romeine het geglo daar is 'n bose gees wat in hulle dreine bly en jou dood kon veroorsaak wanneer jy die kleinhuisie gebruik  :icon_biggrin:

Sommige opsies van die toiletpapier van die natuur klink verstandig genoeg - blare, gras en mos - maar gerief was duidelik nie altyd 'n prioriteit met die gebruik van houtskaafsels nie. Om die agterstewe in water te was, of sneeu in kouer klimaat en sand in warmer gebiede, het ook wêreldwyd 'n relatief higiëniese praktyk geword.

Vir sommige streke van die Midde -Ooste en Indië het mense egter nog steeds gedink dat hulle linkerhand die beste hulpmiddel vir die taak is (solank dit daarna deeglik skoongemaak word).

Die Romeine het in hul gemeenskaplike toilette 'n spons op 'n stokkie gedeel wat in 'n emmer soutwater (of 'n asynoplossing) uitgespoel is.

Die ou Grieke het skerwe klei of erdewerk gebruik en in die pre-koloniale Amerikaanse beskawings, laat ons liefs net sê dat hulle nie net mieliekoppe gebruik het om te eet nie.

In sommige samelewings het doeke of materiale soos wol en kant die afvee-keuse vir die rykes geword, maar mense het enigiets gebruik - klippe, skulpe, vrugtevelle en selfs pels. Die kwaliteit van die papier het beteken dat splinters 'n algemene probleem was :crybaby2:

Tog sou dit eers eeue later wees dat toiletpapier as't ware op 'n rol verskyn het. Mense het ou tydskrifte begin gebruik, maar in 1857 begin die entrepreneur in New York, Joseph Gayetty, met die verkoop van die eerste kommersiële verpakte toiletpapier. Sy 'Medicated Paper', wat as die grootste noodsaaklikheid van die eeu bemark was, kom in enkele velle met aalwyn en was bedoel as 'n mediese behandeling om aambeie te genees. Op elke blad was die naam van Gayetty, hoewel die rede waarom hy wou hê dat mense hul agterkant met sy naam afvee, net aan hom bekend is.

Thomas Crapper: 1866 | Bou die eerste badkamervertoonlokaal ter wêreld in Marlborough Road, Chelsea. Hy het 'skok -taktiek' gebruik om sy wit toiletpanne agter groot glasvensters aan die publiek te wys. Daar word gesê dat sommige dames wat by die vensters verby is, flou geword het by die vertoon daarvan want die idee om 'n deel van die badkamer in die openbaar te vertoon, was destyds skandalig.

Die volle wapenrusting (Full plate armour) was briljant in 'n geveg, maar ietwat onprakties tydens menslike nood  :icon_bigsmurf: 

Bron: https://www.smithsonianmag.com/smart-news/three-true-things-about-sanitary-engineer-thomas-crapper-180965008/

Naas

Nou het "gatskoonmaak" 'n heel nuwe betekenis vir my.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Naas, ek sien prentjies. Sommige van hulle ietwat pynigend. Baie bly ons leef in hierdie eeu hoor. Sondiglik krap ek kop oor al ons gatterige uitdrukkings
:icon_bigsmurf:

"Voor iemand jou 'n gat in die kop praat en jy gatoorkop in die bollie beland is dit beter dat jy betyds gatskoonmaak voor jy jou gat sien..." daar was nog ene oor dinge wat jy deur jou 0 trek, maar ek wil nie tronk toe gaan nie, die forumtronk is deesdae te leeg na my sin.

Assie

Ek het erens gelees van seuntjies wat agter die bossies sit en dan sommer 'n kuikentjie of twee vang vir die skoonmaakprosessie.
Wonder wat Oupa sal se van die kuikentjies wat so stink stink met GT strepe op die erf rond hol.

:mumum:

PM

Goeiste, ek wens ek het so 'n pragtige verbeelding gehad, jy sou my sien skryf gehoor!
Om te weet is om te verstaan.