'n Suid Afrikaanse feeverhaal. Deur Aspoestertjie.
Eendag, lank lank gelede het die liggaamsdele stry gekry oor watter deel nou eintlik die belangrikste is.
Die brein se hy is die belangrikste want sonder hom kan die liggaam nerens kom nie.
Die kop se hy is want hy beskerm die brein.
Die oe se nee dis hulle want hulle vertel die brein wat rondom hulle aangaan.
Die nek se nee, dis hy want hy draai die kop sodat die oe oral kan sien.
Die mond se hulle kan niks doen sonder brandstof nie en dis hy wat die brandstof voorsien. Waarop die hande vra wie dink hy werk vir daai brandstof en sit dit boonop in die mond.
Die voete vertel hulle almal dat hulle nie moet vergeet dat dit hulle is wat die liggaam tot by die kos neem nie.
Dis op hierdie staduim wat die poepol op sy normale gasvrye mannier vir hulle se: "Ek is baas."
Hulle wil hulle dood lag. En ignoreer hom verder.
Van toe af staak die poepol.
Eers gebeur daar niks.
Toe begin die liggaam moeg raak.
Die voete raak moeg en wil nie meer loop nie.
Die hande begin rondhang en die mond raak stil.
Die nek kan nie meer die kop ophou nie en die oe raak dof.
Die brein bele toe 'n vergadering.
In die vergadering besluit hulle toe dat dit dalk maar liewerste in almal se belang is om poepol as baas te verklaar.
So gese, so gedaan. Alles keer terug na normaal.
Die lesse geleer uit hierdie veeverhaal is:
1 - Dis nie altyd die slimste ou wat baas is nie.
2 - Dis nie altyd die ou wat die ander beskerm wat baas is nie.
3 - Die ou met insig is nie altyd die baas nie.
4 - Die werkersklas is nie die baas nie.
5 - Die baas is altyd 'n windgat poepol.