Author Topic: jou se plek  (Read 12061 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
jou se plek
« on: May 24, 2011, 07:23:41 PM »
ek lees jou raak op n post of ses en dit lyk vir my jy is n ou kalant in die skryf bedryf
tog.....
is jou plekkie leeg
dit kan mos nie deug

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: jou se plek
« Reply #1 on: May 24, 2011, 07:40:55 PM »
'n alleenaand vanaand
gee tyd en kalmte tydens
verraad van internet
en seine en oorwerkte lyne,
maar dankie baie,
ek klim stadig terug
na 'n sitplekbankie
van die skrywerswa
na 'n lang tyd van skarrel,
om 'n nuwe lewe
uit koue as te kerf,
'n woordeblok
gelaai met ys
het eindelik gekraak
en druppend drup
die letters uit
elke splinterskeur
adéle  :grommit:

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: jou se plek
« Reply #2 on: May 24, 2011, 07:50:01 PM »
kyk nou net!!!!  sit n verwarmer onder daai blok dat n bundel daaruit kan val!

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: jou se plek
« Reply #3 on: May 24, 2011, 07:58:01 PM »
 :wave:  die sterkste verwarmer is vriende se aanmoediging

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: jou se plek
« Reply #4 on: May 25, 2011, 09:14:29 AM »
Ja - Nee sy is teruuuuuuuggggggggggg!     :toothy4:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: jou se plek
« Reply #5 on: May 25, 2011, 09:16:28 AM »
Nou Adele, nou.  :hello2: :hello2: :icon_cheers: :hello2: :hello2: :angel8: en nog baaaie aanmoediging.
Ek het jou vreeslik gemis.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: jou se plek
« Reply #6 on: May 25, 2011, 10:08:57 AM »
Ek het sommer rillings van lekker kry.  My hart klop warm vir julle! 

Adéle, dit is werklik pragtig,  ek sit dit in by die gekeurde gedigte.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: jou se plek
« Reply #7 on: May 25, 2011, 12:49:46 PM »
trappies, PM, Naas ...julle... dankie baaaaie, julle laat my skoon skuldig voel omdat ek so lank geneem het, maar internet en 'n skoottoppie moes eers met 'n seilbootjie aangeroei kom.[[groot skepe sink te maklik]] en seine is maar stadig hier waar ek nou bly, nie soos inni stede nie. maar ek verruil nie maklik weer hierdie platteland daarvoor nie.
Naas, dankie hoor, annie was 'n skaam en wegkruipdiertjie, soms kruip sy nog uit haar gat, maar met liefde het die seer van jare gewyk en kan ek nou my kop optel en saam julle griffel....en dit vreeeeslik geniet
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: jou se plek
« Reply #8 on: May 25, 2011, 01:19:43 PM »
((((O))))

Ek is so bly dat my vriendin 'n glimlag-lewe gevind het. (En ek beny die platteland. Is daar nie 'n skoffeljoppie vir my ook nie?)

 :icon_bigsmurf:

O ja... my rug sal dit nie maak nie.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: jou se plek
« Reply #9 on: May 25, 2011, 02:22:05 PM »
Al wat saak maak is dat jy nou hier is!!!!!!    Ons juig almal saam met jou sustertjie.   :love7:

Ek sukkel met spoed op my skootbrakkie en sowaar,  daar kom ek agter my batterykrag is op "saving mode".  Nou gaan dit sommer baie beter.  Ek het gedag dit werk nie as ek van 'n kragpunt af werk nie.   :munky2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: jou se plek
« Reply #10 on: May 25, 2011, 05:11:37 PM »
skoffeljoppies is hier baaaaie, 'n hele oord se tuine en die karavaanpark wat meestal deur net 2 of 3 mans intoom gehou moet word,maar helaas, die 'management' van die departement se verstaan is van mis aanmekaar gesit, dit verdwyn gouer as wat die son opkom.
miskien moet jy so aansoekie inni poskoets laai..
maar dit sal net  :crybaby2: van mismoedigheid saai
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: jou se plek
« Reply #11 on: August 16, 2018, 03:52:52 AM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: jou se plek
« Reply #12 on: August 16, 2018, 02:01:51 PM »
Ai Adele, as ek terug kyk na waar ons met ons skryfwerk vandaan kom dan sien ek groot groen bome in die plek van vuurhoutjies.  Wie van julle kan onthou watter jaar ons begin kuier het in die woeste wildernis. 
(Moet Thaba toe, kom kuier weer later saam.)
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: jou se plek
« Reply #13 on: August 16, 2018, 02:15:00 PM »
Ek het in 2006 by Woes begin kuier en in 2011 (rondom Mei) by die Afrikaanse forum.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: jou se plek
« Reply #14 on: August 16, 2018, 07:49:31 PM »
 :hello:
Ek sal moet lieg, so ek sal maar raai, maar eindlik gaan ek Naas na-aap, dink ek het ook by die Afrikaanse forum begin kuier 2011 (as Naas so se)  :dontknow:

 :angel12: