Author Topic: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek  (Read 4686 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« on: March 12, 2013, 08:49:48 PM »
Internet het dit gebring…
’n Kuierplek waar ek, na jare in ’n effense, gedwonge kluistenaarshoekie, weer my teer voelers kon uitsteek. So voel-voel deur die eerste liggroen spruite wat soos ’n nuwe grasperk ontwaak het, kon ek my woorde wat, soms oulik, soms totaal onsamehangend, geskommel is en toe rympies en later gedigte geword het, met ander deel. Ander wat ook ’n liefde vir Afrikaans deel.

Ek het in ’n vriendekring ingeval waar iemand my eendag gevra het:

“Wat maak jy met jou gedigte?”
“Niks? Wat maak mens daarmee?”
“Jy gaan deel dit met ons ander op hierdie webwerf…”

En daar beland ek toe pens en pootjies in ’n woordpoel waar ek na hartelus woorde kon bou en skommel en verdraai en myself in ’n kromte in daarmee vermaak. Giggels het weer my vreugde vir lees en skryf aangewakker en ek het stringe en stringe letters getoets, gedraai, gepars, laat uitloop soos stiggies malvas en laat gis soos druiwemos. Party se sterte afgesny en ander sommer nek-omgedraai; sommige uit die alfabet verban net om hulle later weer toon-in-die-sand te gaan pluk waar hulle aan die naaste ster vasgehaak het. Soms het die letters woorde gevorm wat my om middernag uitgekoggel het of my vingers voor ontbyt laat ‘gout’ het.

By die forumstoep het die Moeder-woorde-owerste my die skuins trappe opgehelp en aan almal voorgestel. Gou-gou het ek my eie joppie gehad … beskuit en koffie aangedra, bootritte help reel, wolke geskep, rooiwyn geskink en karamel-toffie-vla-en-tjoklitkoek gefaks. Ons het oor die oseaan van eiland na eiland getoer en die ontdekking van Afrika en Australie’ gevolg. En op die Andes en deur die Grand Canyon het ons ons woordspore verewig.

O ja, en ons het vergifnis geleer … vergifnis na die mees geliefde maat op klagte van bedrog uitgevang is. Bedrog geskoei op ons meelewing, omgee, empatie en naasteliefde.

Maar ’n draak en sy slanggevolg het ons uitgedryf. Ons geloofswoorde en rustige Sondagoggende is met trompetgeskal vernietig en die splinters oor die sewe oseane verstrooi.
Tog het ons geglo ons sou weer eendag met kersligvlammetjies by daardie forumstoep se kaggelvuur ons mooiste verse met lint en maanstrale vasvleg.

Ons Woorddief het met ’n rottangmandjie onder haar arm elke woord wat uitgegaffel en omgespit is, bymekaar gehark en in ’n goue raam se satynblaaie gaan vasplak. Nuwe woorde uit niks geskape; ou nuutontdekte woorde en frases; idiome verstok in ouderdom wat ons geolie het; woorde wat vir honderd jaar in ’n hemelkatel se bulsak versmoor het en verse wat van die nuutste asteroiede afgebreek het. Ons het geglo dit is veilig in die forummuseum se koel glaskaste vir ons nageslag bewaar.

Maar die woordbom het ons harte geskud … die ongevoeligste vernietigende tsunamie-eiewaan het ons woordeboek opgeblaas. Geen webblad, woord of alfabetletter het behoue gebly nie. En as daar enigsins stukkies papirus sou oorbly, sal ons trane dit verpulp. Mag ons kinders eendag ’n vergifnisboompie op ’n graf plant en die grasrante met ‘sleeper’-houtwoorde afrond … die verlore woorde se graf, gegrawe in die toekoms. Ons harte is seer oor die wanbegrip van iemand wat nie ’n snars af weet van hoe om liefde vir Afrikaans en versgriffels te spel nie.

Maar ons doringboompie het klaar weer opgestaan. Al is daar ’n skaafmerk, ’n basleegte teen sy stam, bot nuwe blaartjies en loet nuwe takkies reeds in die skemer, soekend na sonstrale en reendruppels. En ons sal hierdie keer ons woordeboek jaloers bewaak teen die tirannie van enige kaper wat vernietiging van ons Taal voorstaan.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #1 on: March 12, 2013, 09:09:32 PM »
Hi lief Adéle.  Ek het hierdie gelees met groot begrip en deernis.  Dit het so aan my hartsnare kom tikkel en tokkel en 'n pragtige deuntjie opgetower. 
'n Hele ruk gelede het ek net 'n koue beklemming om my hart gekry toe die gedagte by my kom spook het dat die kanse dat ons geliefde woordeboek dalk in die kuberruimte mag versuip.  Ek het 'n kopie daarvan gemaak, een vir my gehou en een vir Raaitjie gestuur.  As dit 'n troos is, daar is werk wat verlore gegaan het, maar daar is baie wat ons gespaar het.  Met tyd sal ons dit weer op ons forum plaas en kyk wat ons kan red.  Ek het net vandag weer ure gespeel tussen die woorde en lyne van geliefde skrywers. 
Jy is so reg as jy sê dat daar mense is wat nie werklik besef het wat dit vir ons beteken het of hoeveel ure se werk daarin gegaan het nie.  Ongelukkig is dit maar so.  Gelukkig kan ons voortbou.  Kom ouens, laat die kerse brand!

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #2 on: March 12, 2013, 09:23:14 PM »
wonderlik! Ja, Woes is nou "verkoop" ek is nooit so nie, seker oor ek vanaand moeg is, maar sinies nostalgie ek oor ons werk en wonder tog hoeveel pond vleis W Woes uit ons gemaak het ...  advertensies ...  hoe ons in die begin geniet het, maar hoe later hoe kwater.... ja, geld sal tot 'n taal kelder as dit in sommige mense se pad kom   :icon_biggrin: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #3 on: March 12, 2013, 11:30:02 PM »
 :crybaby2: Ek snik so tussen die kwaadword van vooraf, deur. Daar het nie eers 'n waarskuwing deurgekom om te se jare se oeste gaan verwoes word met die druk van 'n knoppie nie. Tegnologie is erger as mot en roes! Jou nostalgie het my hartsnare gepluk matertjie. Ek stem saam - ons het GEKUIER rondom die ABC ne! So baie gedeel.

Lief Adele, PM is reg. Ons kon van die plasings bewaar, waarvan ek 'n klompie reeds geplaas het. Ongelukkig was die poskoets waarmee die kosbare vrag vervoer is, geskaak en kon vir 'n lang ruk nie toegang verkry tot my yahoo adres nie. Manlief het ingespring en ons kon met die antwoord van 'n paar vrae (wat deur die webmeester gevra is) hulle tevrede stel dat dit wel my eie erfie is LOL!

Nou begin die groot gesoek tussen al die honderde posstukke van vooraf om te loer wat het uit die kloue gebly van die skakers.

Ek het gisteraand toe PM onthou het van ons 'dig met titels van liedjies' die woorde gegoogle en walla, daar spring die wegsteekplekke wat verwoes is in die kuberruim op :`ip2: Maar dit is net naamplaatjies. Die woorddisse is nergens te vind nie. Selfs die afdeling by die woesblog waar ons saamgekuier en geskep het, is nie meer daar nie. Net soos ons woordskuurtjie. Die naamplaatjies op die kreatiewe woorddisse is nog daar maar die skure is nie meer  :crybaby2:

So tussen die woedebuie deur oor die vermetelheid, onnoselheid en jaloersheid en en en.... van ander wat niks weet van bewaar nie, google ek toe my eie woorderf en daar loer ewe parmantig so klompie wat PM vir my lankal aangestuur het  :love7: Met tyd sal ek deur dit gaan en in ons nuwe woordskuur gaan uitstal.  

PM, ekke steek my kersie op  :book1: :notworthy:  
« Last Edit: March 13, 2013, 03:32:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #4 on: March 13, 2013, 02:08:57 AM »
Ek was geweldig verbaas om te sien dat iemand al die gedigstrukture en die werkswinkel van woesblog verwyder het.  Hoekom sou iemand dit doen?  Vir watter rede?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #5 on: March 13, 2013, 03:23:54 AM »
Hulle julle - net so gou-gou - Willem het nie Woes verkoop oor hy wou nie - maar hy moes - hy moes kies tussen Woes en sy seuntjie wat net so 'n paar maande jonger is as Theo ... daardie prag kind het sy pappa so nodig.  Ons wou Woes koop - maar toe besef ons, rondom Theo gaan ons nie tyd he om te voldoen aan die verseistes (TYD) om Woes te laat werk nie - ons help graag hier met die Afrikaanse Forum, en glo my - tegnies en tyd's gewys neem dit nie eens a persent van die tyd wat WOES vereis nie.

Daar was ook 'n probleem met sekuriteit op die blog van Woes - daarom is die blog amper al 'n jaar terug verwyder - ek het dit hier iewers op die forum gepost.

PM - DANKIE DAT JY DIE WOORDEBOEK gesafe het!!!

Soos ek vir Gerhard ook gese het - moenie jou werk net in die Kuberruim plaas en save nie ... op watter forum/blad/socialweb ookal - save dit op jou PC of PRINT en bewaar 'n copy van elke stuk!!

lief julle  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #6 on: March 13, 2013, 08:48:33 AM »
Is reg Wils.  Raaitjie het ook deur 'n moeilike tyd gegaan met haar gesondheid.  Sy sal met verdrag die "missing links" kom invul.  Ek is besig met boek twee en dit neem nogal baie tyd in beslag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #7 on: March 13, 2013, 09:28:12 AM »
Wils, jy kuier so laatnag ... vroegoggend hier, hoop jy kry later slaapkansie   :love7: 
ek gee gladnie om dat Willem die Woeswerf verkoop het nie, is bly vir almal daar se part. die wat nie seergemaak was en weggeloop het nie, kry nog net soveel plesier daaruit as ons in die beginjare. maar waaroor ek ongelukkig is, is sy houding tov Meraai se harde werk  :crybaby2:   selfs al was daar blogprobleme, kon hy haar en PM gekontak het ... sy voorneme bekend gemaak het en hulle kans gegee het om alles te be're, dan sou ek meer respek vir hom gehad het. daardie blog het seker nie oornag net ge'crash' nie.   :icon_scratch: 
skuus, dis maar net my pennie in die woordpoel...  :love7:  vir ons was dit erns om woorde vir ons nageslag te bewaar ...  en dit lyk mos nie of dit enigsins vir W geraak het nie ...  het hy gedink ons speel maar net? nee, ons het net soveel erns gehad met Woes as hy.  :toothy4:   ek is nie kwaad nie, net so teleurgesteld in hom.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #8 on: March 13, 2013, 10:53:15 AM »
Slaap haat my - ek weet nie hoekom nie ;-)

Theo is by die skool - ons bak selfs koek vandag vir Yolisa wat more verjaar - die dametjie wat in ons huis uithelp

oor die Woes blog- ek verstaan dit was 'n skielike en oornag ding ... daar is baie stoute mense daar buite wat niks het om te doen nie ...

laasjaar op 'n kol het van die stout-goed ons servers getakel - gelukkig is Andre se aandag daarop - waar ek dink Willem was te dun verspreid - dis die rede hoekom ons toe besluit het om nie Woes te koop nie - agter die skerms is daar baie groot werk - rerig, en as jy nie die heeltyd 'n oog kan hou nie, gaan dinge baie skielik lelik skeef.

Ek sal by Carol hoor of van die files al recover is en julle laat weet  - sy werk nou nie met die tegniese dinge nie, maar sy is heel op hoogte as die Kreatiewe bestuur.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #9 on: March 13, 2013, 11:17:50 AM »
ek is tog so bly jy en Andre sorg nou vir ons kuierhoekie. wens net ons was meer wat gereeld saamkuier ... dan is dit nie so stil as elkeen van ons nie elke dag hier kan inloer nie...
wat betref ons griffels, myne le' ook maar meestal op my laptop en my fb-notes. dink jy google of Fb kan eendag verdwyn?  :dontknow: 
[praat nou van hedendaagse tye, nie van die dag wanneer die aarde in geheel vergaan nie]  :toothy4:

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #10 on: March 13, 2013, 08:33:02 PM »
ha ha - ja niks is forever nie - google en Facebook kan verdwyn in fact - GOOGLE + is lank al baie meer gewild as FB en in 4/5 jaar mag die socialle netwerke helemal anders lyk en werk

altyd goed om alles te save - waar jy dit weer kan kry.  Nie net op die net staat maak nie

as dinge eers uitwerk en Theo skooltjie toe gaan (dit lyk baie positief) dan sal ek meer tyd spandeer,
ten minste 'n uur 'n dag ... mens het so 'n skryf oomblik en kuier tyd nodig

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #11 on: March 14, 2013, 05:55:34 AM »
Dit sal gaaf wees as jy meer tyd het Wils.

Nadat my rekenaar gesteel is kon ek darem die paar gedigte wat op Woes was red.  Nou het ek my werk oop 'n paar plekke, maar ek maak nog baie staat op die forum.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: soekend na ons verlore, verdwaalde forumwoordeboek
« Reply #12 on: March 12, 2022, 01:43:20 PM »
2006/7 tot ongeveer 2020/2022 was die heerlikste skryfjare van my lewe ....  :toothy4: :love7:
adéle  :grommit: