• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Moeg

Started by Ans Botha, March 04, 2013, 03:39:13 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

tolbossie, hoe tol jy in die wind
skop jy stof op waar jy kom
vlug jy van eensaamheid
na rus en vrede

tol jy vas teen heining
ruk jy verwoed heen en weer
wil jy beur deur draad
wieg in wind
weg van pyn en verraad

hoe hard beur jy, ruk en pluk jy
jou takkies knak en breek
val in stof
vertrap tot flentertjies seer

skielik  stilte
geen wind
geen geruk en pluk
verflenterd, eensaam en alleen

dan oorval  koue
reën sneeu en nog wind
tolbossie het ingegee
verraai deur liefde
het tolbos gaan lê.



PM

Baie mooi Ans.  Jy gaan sekerlik deelneem aan boek 2. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha


Meraai vannie Baai

Ans, jy moet sien HOE pragtig stel ons forummoeder 'n boek saam!! Dit is ons almal se grootste trots!! Dit sal 'n voorreg wees om ook van jou werk in boek no 2 te kan bewaar  :notworthy:

PM

Ans, hier is die skakel na die besprekings rondom boek 2.  Dit sal 'n voorreg wees om jou bundeltjie in ons bundel te hê. 

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=133.0
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

PM as ek in daardie skakel ingaan gooi hy vir my 'n error uit.

PM

Kyk op die voorblad vir "Ons publiseer saam"  Ans en gaan na boek 2.  Daar is 'n paar onderwerpe. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

PM daar is net 'n boek 1 by my op.

PM

Ek het dit vir jou gespoeg en geplak in 'n boodskappie op die poskoetsie Ans.  Ek sal soek waar die probleem lê.
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM hy wys nog steeds net Boek 1 Lekker kuier

Meraai vannie Baai

Ans as ek nie ingeteken is nie en ek volg die skakel sien ek ook nie boek twee se inligting nie. Is jy ingeteken wanneer jy gaan loer mater?

Ans Botha

Ja ek is ingeteken Meraai. Alles wys reg op my blad. Bo aan Hello Ans Botha. Dan is dit mos reg? Of doen ek iewers nog iets fout?

Meraai vannie Baai

Sjie ons sal moet hard roep na Willa & kie matertjie. Ek knoppiesgestremd  :icon_bigsmurf:

Ah Willa

Ans laat weet as jy nog steeds nie Boek2 se bespreekings kan sien nie - laat weet my of andre by andre@trusoft.co.za of willa@trusoft.co.za (ons kan nie altyd in teken nie - maar as daar 'n foutjie/probleem is maak ons 'n plan om te kom reg maak)

jou gedig is ongelooflik seer - is dit jou eie eina of verwys jy sommer net so in general na einas??

dis is 'n prag gedig en ek hoop ook dit pronk in Boek2  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ans Botha

Hierdie gedig van my was geskryf in 'n tyd van my lewe wat dit baie sleg met my gegaan het. Jy het dit reg ontleed Ah Willa.