Author Topic: Moeg  (Read 6608 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Moeg
« on: March 04, 2013, 03:39:13 PM »
tolbossie, hoe tol jy in die wind
skop jy stof op waar jy kom
vlug jy van eensaamheid
na rus en vrede

tol jy vas teen heining
ruk jy verwoed heen en weer
wil jy beur deur draad
wieg in wind
weg van pyn en verraad

hoe hard beur jy, ruk en pluk jy
jou takkies knak en breek
val in stof
vertrap tot flentertjies seer

skielik  stilte
geen wind
geen geruk en pluk
verflenterd, eensaam en alleen

dan oorval  koue
reën sneeu en nog wind
tolbossie het ingegee
verraai deur liefde
het tolbos gaan lê.



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moeg
« Reply #1 on: March 04, 2013, 05:58:54 PM »
Baie mooi Ans.  Jy gaan sekerlik deelneem aan boek 2. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Moeg
« Reply #2 on: March 04, 2013, 07:29:47 PM »
PM se net hoe

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Moeg
« Reply #3 on: March 05, 2013, 09:13:47 AM »
Ans, jy moet sien HOE pragtig stel ons forummoeder 'n boek saam!! Dit is ons almal se grootste trots!! Dit sal 'n voorreg wees om ook van jou werk in boek no 2 te kan bewaar  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moeg
« Reply #4 on: March 05, 2013, 09:51:34 AM »
Ans, hier is die skakel na die besprekings rondom boek 2.  Dit sal 'n voorreg wees om jou bundeltjie in ons bundel te hê. 

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=133.0
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Moeg
« Reply #5 on: March 05, 2013, 03:00:08 PM »
PM as ek in daardie skakel ingaan gooi hy vir my 'n error uit.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moeg
« Reply #6 on: March 05, 2013, 03:13:55 PM »
Kyk op die voorblad vir "Ons publiseer saam"  Ans en gaan na boek 2.  Daar is 'n paar onderwerpe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Moeg
« Reply #7 on: March 05, 2013, 03:50:04 PM »
PM daar is net 'n boek 1 by my op.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Moeg
« Reply #8 on: March 06, 2013, 09:40:16 AM »
Ek het dit vir jou gespoeg en geplak in 'n boodskappie op die poskoetsie Ans.  Ek sal soek waar die probleem lê.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Moeg
« Reply #9 on: March 07, 2013, 05:04:41 PM »
Dankie PM hy wys nog steeds net Boek 1 Lekker kuier

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Moeg
« Reply #10 on: March 12, 2013, 06:03:59 AM »
Ans as ek nie ingeteken is nie en ek volg die skakel sien ek ook nie boek twee se inligting nie. Is jy ingeteken wanneer jy gaan loer mater?

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Moeg
« Reply #11 on: March 12, 2013, 04:08:23 PM »
Ja ek is ingeteken Meraai. Alles wys reg op my blad. Bo aan Hello Ans Botha. Dan is dit mos reg? Of doen ek iewers nog iets fout?

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Moeg
« Reply #12 on: March 13, 2013, 12:10:59 AM »
Sjie ons sal moet hard roep na Willa & kie matertjie. Ek knoppiesgestremd  :icon_bigsmurf:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Moeg
« Reply #13 on: March 13, 2013, 04:25:40 AM »
Ans laat weet as jy nog steeds nie Boek2 se bespreekings kan sien nie - laat weet my of andre by andre@trusoft.co.za of willa@trusoft.co.za (ons kan nie altyd in teken nie - maar as daar 'n foutjie/probleem is maak ons 'n plan om te kom reg maak)

jou gedig is ongelooflik seer - is dit jou eie eina of verwys jy sommer net so in general na einas??

dis is 'n prag gedig en ek hoop ook dit pronk in Boek2  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Moeg
« Reply #14 on: March 13, 2013, 03:41:24 PM »
Hierdie gedig van my was geskryf in 'n tyd van my lewe wat dit baie sleg met my gegaan het. Jy het dit reg ontleed Ah Willa.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Moeg
« Reply #15 on: March 13, 2013, 10:37:22 PM »
hoekom word die mooiste mooi altyd in die seerste seer gebore?

kyk nou 'n perel , 'n baba .... 'n gedig .... jou gedig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Moeg
« Reply #16 on: March 14, 2013, 03:35:57 PM »
Dankie Willa ek waardeer werklik waar. Ja ek weet nie hoekom nie. Ek praat nie maklik nie, maar gee my 'n stuk papier en 'n pen, maar dan bly daar weer te veel getuies oor na die tyd!