Author Topic: Julle opinie oor Die Zen van Boontjiesop se voorwoord asb.  (Read 6659 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Julle opinie oor Die Zen van Boontjiesop se voorwoord asb.
« on: February 25, 2013, 05:53:02 PM »
Beste Leser

‘n Voorwoord is soos ‘n dronk ou wat al vir sy rissiepit rooikopvrou begin verduidelik hoekom hy so laat is en in sulke toestand by die huis aankom terwyl hy nog in die voordeur staan.

Indien u ‘n hengse literêre werk en ‘n diep geestelike ontwakening vol lewenswysheid en insig in hierdie bundel verwag, moet u dit liefs onmiddellik neersit en ernstig met die rakpakker gaan gesels omdat hy die ding alweer in die verkeerde afdeling gaan sit het.

Hiermee wil ek ook onomwonde verklaar dat enige ooreenkoms met hoogdrawende en onverstaanbare poësie bloot per toeval is en in ‘n oomblik van swakheid en selfwaan ingesluip het. Ek vra by voorbaat omverskoning vir enige neus-in-die-lug geskrywery, dit was bloot eksperimenteel.

Indien u egter van die doen en late van die mense van Brakpan, Nigel, Boksburg en Springs in halfdig en rympie vorm wil lees, asook van die persoonlike lief en leed van ‘n middeljarige geskeide eks-weermag Afrikaanse ou wat die oorgang van een regime na ‘n ander moes oorleef, "en wat gewoon iets ter nagedagtenis aan sy kinders wil los van hoe sý wêreld uit sý oë daartoe sien in die nuwe Suid-Afrika", is u dalk op die regte spoor.

Waarom nou dan “Die Zen van Boontjiesop” as titel mag u dalk vra? Wel, omdat dit al hoof is waaronder ek alles wat ek wou insit, opsom. Boontjiesop is daardie heilsame heerlike maal wat ter enige tyd en plek deur keiser, kneg en kommin slaaf geniet kan word met slegs ‘n klein gevaartjie van die af-en-toe knor uit die Broekkeveld!

Om Zen in die algemene en alledaagse te sien is wat ek graag saam met u in hierdie bundel wil probeer ontdek.
Geniet!

Groete, Marius Buys.

*Mamma die bundel is opgedra jou, jammer jy kon dit nie in druk sien nie...
« Last Edit: February 25, 2013, 08:57:22 PM by Marius »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Julle opinie oor Die Zen van Boontjiesop se voorwoord asb.
« Reply #1 on: February 25, 2013, 11:03:26 PM »
Ek hou van die aas aan die hoek Marius  :icon_salut: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Julle opinie oor Die Zen van Boontjiesop se voorwoord asb.
« Reply #2 on: February 26, 2013, 07:56:33 AM »
As dit die voorwoord is sou ek graag die boek wou lees.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Julle opinie oor Die Zen van Boontjiesop se voorwoord asb.
« Reply #3 on: February 26, 2013, 07:58:52 AM »
Dankie julle.  :glasses9: