Author Topic: Hulp met skryfwenke oor gedigte.  (Read 14106 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« on: February 24, 2013, 03:03:58 PM »
SKRYF WENKE VIR GEDIGTE:

Ek deel hierdie wenke wat van oraloor bymekaar gemaak is bloot as 'n oorentoesiastiese student van die digkuns wat daarvan hou om notas af en toe deur te lees vir inspirasie en algemene riglyne.

VOORBEREIDING:
Hou  ’n notaboekie byderhand vir idees.
Skryf goeie sinsnedes/ frases/ idees neer voor hulle verdwyn.
Neem waar wat om jou gebeur en vang dit vas met woorde.
Kry boeke wat help:
     Verklarende Woordeboek
     Pharos se Tesourus van Afrikaans
     Afrikaanse woordelys en spelreels
     Skryf Afrikaans van A-Z
Ken taalreëls en spelreëls.
Gee idees en temas "breintyd" om te ontwikkel.
Doen navorsing oor jou gekose tema.
Skryf vir die verwysingsraamwerk van jou teikenleser.
Vermy wat jou pla in ander skrywers en leer by die wat jy geniet.

BEPLANNING:
Besluit watter komponente belangrik is en beskryf hulle goed.
Besluit op die konteks waarbinne jy wil skryf.
Besluit wie aan die woord is in jou gedig.
Besluit wie jou teikenleser en mark is.
Besluit op die ritme van jou gedig.
Besluit op watter rym jy in die gedig gaan gebruik en hoekom.
Besluit watter formele riglyne jy wil gebruik.
Kies die vorm van jou gedig
Kies beelde wat by die konteks pas.
Kies ‘n ongewone temas om oor te dig.
Beskryf ‘n ou temas uit ’n unieke oogpunt.
Skep ’n oortuigende gedig-mileu.
Weet “waarheen” jy gaan skryf in terme van die slot.
Party digters gooi ees alles neer en begin dan skaaf.

DIE TITEL:
Die titel maak die eerste indruk en moet lesers se belangstelling prikkel.
Die titel van 'n gedig weergee die "siel" van jou gedig sonder om die einde te verklap.

LIGGAAM VAN DIE GEDIG:
Poog om jou werk universeel sprekend te maak deur voorbeelde uit jou eie mileu.
Die simboliek wat jy gebruik moet aanpas by die tema.
Strofes is belangrik om gedagte wisseling, oorskakelings, ens. aan te dui.
Boei die leser
Skryf in die styl waarmee jy gemaklik voel en ontwikkel dit tot meesterskap.
Gebruik karakters en vertellersperspektief
Ontsluit en stel nuwe wêrelde aan die leser voor.
Geur met ‘n woorde of ‘n sin uit ‘n ander taal
Meng verbeelding met realiteit.
Meng humor en erns.
Gebruik keurig-, beskrywende en korrekte taal.
Gebruik funksionele detail.
Buit die ritmiese aspekte van taal uit.
Skryf in jou eie, unieke stem.
Daag die alledaagse seggingswyse uit.
Laat die leser op die idee wat jy wil oordra self ontdek.
Gebruik al 6 sintuie.
Laat  jou leser dink, voel, ervaar. (suggereer )
Maak gebruik van progressie in jou karakter of tema.
Skryf" dig".  Vermy onnodige woorde.
Wissel af met beeldspraak en stylfigure.
Skommel woorde as jou gedig nie goed op die oor val nie, of sukkel om te rym.
Skryf oor dinge wat jy ken en wat deel is van jou leef- en ervaringswêreld.
Skep 'n unieke werklikheid met taalvaardigheid.
Gee lesers genoeg leidrade. Plant subtiele rigtingwysers.
Gebruik argetipes wat dimensie aan jou gedigverleen.
Ongewone woorde hou jou rym interessant en vars.
Kontraspunte maak jou gedig interresant. bv. “lig” en “donker”.
Gebruik unieke metafore en vergelykings.
Beskryf emosies deur die verkonkreet van abstrakte selfstandige naamwoorde soos bv. Vrees, woede, leed, vreugde, geluk, hartseer, ens.
Die ritme van jou gedig moet aanpas by jou tema deur bv. vokaal keuses, en korter of langer reëls.

SLOT:
Sluit die gedig met ‘n slot af wat die leser vergengoeg laat.
Sluit op ‘n verrassende wyse af.
Sluit op ‘n samevattende/gevolgtrekkende wyse af.
Laat die leser iets om oor te dink.

NADAT DIE GEDIG GESKRYF IS:
Soek ondoelbewuste gebruik van clichés en sny.
Soek areas in jou gedig wat vervelig raak en sny.
Sny soveel 'n's en die's as moontlik.
Soek oorbodige gebruik van  byvoeglike naamwoorde, modale woorde (mos, tog, nog, miskien, dalk, egter, wel, maar) en verkleinwoorde en sny.
Soek ondoelbewuste herhalende woorde, vergelykings ens. en sny.
Lees jou gedig hardop om te kyk of rym geforseerd is.
Gaan die spelling na met WSpel (‘n gratis Afrikaanse spel-nasien program.)
Laat lê jou skryfwerk vir 'n ruk, lees dit en skryf oor.
Soek vir oorbedigte woorde soos maan, sterre, see, hart, siel, ens. en sny.
Vermy oormatige Bybel en mitologiese verwysings.
Kyk vir botsende metafore en rond en bont beeldspraak.
Vra iemand anders om jou gedig na te sien.
Gaan jou werk na voor jy plaas.
Luister aandagtig na kritiek.
Vra hulp wanneer jy dit nodig kry
Veleen hulp aan medeskrywers.
Lewer opbouende ritiek op ander skrywers se werk sodat jy teorietiese aanslag vir jou eie werk ontwikkel.
Lees en analiseer erkende en goeie skrywers se werk
Links-gerigte reels is die standaard vir gedigte omdat dit makliker lees.
Uitroeptekens en ellipse word minimaal gebruik.
Hoofletters –  “skree”, trek aandag en beklemtoon.
Moenie oorhaastig wees nie
Geniet wat jy skryf, die leser sal dit optel.
« Last Edit: February 25, 2013, 07:27:03 AM by Marius »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #1 on: February 25, 2013, 01:13:35 AM »
Kan aan niks anders dink om by te voeg, dus met respek en dank gelos: :notworthy: :icon_salut:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #2 on: February 25, 2013, 07:28:55 AM »
Ek het die wenke so bietjie verwerk en gegroepeer onder hoofde. Dis nou maar wat gebeur as jy op skool in die biblioteek gewerk het...

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #3 on: February 25, 2013, 07:47:52 AM »
Drukkie vir ons hardwerkende forummoedertjie  :bootyshake: Marius dit is PM se kenteken hierdie, jy moet nog vir jou ene kies skrywersmater! Die ene is die woorddief sin wat alles skuur toe dra vir bewaring  :book1:

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #4 on: February 25, 2013, 07:54:40 AM »
As gewese onnie is daar NET een ikoon wat sal werk...
As die Britte die Tweede Wereld-oorlog oorleef het met tee, was dit onderwysers kinders met koffie!

Die tekort aan ikone beteken ook dat ek gewoon nie weet HOE om die hulle te plaas nie. Saai, maar waar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #5 on: February 25, 2013, 10:47:03 AM »
Baie dankie vir hierdie bydrae Marius.  Al is daar hier en daar iets wat 'n mens al voorheen gelees het, is dit baie goed om dit weer en weer te lees. 
Wanneer jy 'n ikoon wil invoeg dan kliek jy net een keer daarop.  Maak seker dat jy 'n spasie daar voor en daar na het.   Die "kode" sal vertoon totdat jy "post" gedruk het, dan sal dit die gatseggie wys. 
Onder, tussen hakies staan "more".  Wanneer jy daarop klik dan maak dit nog baie ander gesiggies oop waarvan jy kan kies.

Dit sal pret wees om te sien wat kies jy.  Ek wonder hoeveel keer gaan jy kies voordat jy jou eie raakloop. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #6 on: February 25, 2013, 11:39:45 AM »
 :glasses9:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #7 on: February 25, 2013, 12:11:16 PM »
Skote Petoors!  Sommer die eerste een! So sal jy dan bekendstaan:   :glasses9: 

 :bootyshake:

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #8 on: February 25, 2013, 12:36:16 PM »
ek wil graag, maar word tog maar gekortwiek deur finansies en tyd, 'n skryfkursus doen, maar hierdie is van soveel hulp, dat ek baie leer sonder formele studies, dankie

tog is daar baie verskillende menings oor skryfwerk, sommige vreeslik akademiese geleerdes sê ons moet nie lidwoorde uithaal nie ens...
nou wonder ek hoeveel is 'n skryfkursus werd as daar soveel verskillende sienings in die literêre kringe saam met die uitgewers is. onlangs is ons uitgekryt vir straatdigters, 'n titel wat heelwat van ons met graagte aan onself toegedig het...

 :grommit:
« Last Edit: February 25, 2013, 12:40:17 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #9 on: February 25, 2013, 01:47:52 PM »
Ek het ook eers onlangs gehoor iemand vertel dat lidwoorde (en voegwoorde ook) liefs nie gebruik moet word nie.  My rympie het gegaan oor:
en die man en die kat en die hond en die don-der-weer...
seg die antie vir my ek skryf soos 'n graad eentjie!   :sign10:  Seg ek ook toe maar soos Marius, maar net stilletjies in my mou: gaan spring innie dam!   :icon_biggrin:

Soms werk 'n mens woorde in wat kon gebly het, maar jy wil 'n bietjie metrum toepas, of jy moet 'n  aantal lettergrepe gebruik om die voorgeskrewe struktuur reg te kry.  Hoe doen jy dit anders? 

Is straatdigters soos troebadoere?   :icon_biggrin:  Dalk soos die vier musikante?  Daar was mos vier dan nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #10 on: February 25, 2013, 05:47:45 PM »
PM die gebruik van lidwoorde om ritmiese aspekte van die taal uit te buit tel nie as iets wat onder die vermindering van modale en lidwoorde sal val nie. dit is 'n doelbewuste styl element.  :glasses9:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hulp met skryfwenke oor gedigte.
« Reply #11 on: February 25, 2013, 10:16:33 PM »
Lag ek nou vir myself. Ek het die eerste keer wat ek van die reëls onder oë gehad het 'n rebelse gedig in antwoord geskryf. Ek sal dit plaas by my plekkie. Dankie Marius dit is altyd goed om te weet wat die huidige neiging en rigting is en 'n mens kan altyd leer en groei.