Author Topic: Sestina  (Read 17450 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Sestina
« Reply #15 on: February 23, 2013, 03:22:58 PM »
Ek plaas hom sodra ek aftree...belowe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #16 on: February 23, 2013, 04:18:32 PM »
Hier is my probeerslag. 

"n Briefie aan my liewe dogter

die taak van 'n moeder sluit 'n spesifieke opdrag in
dit is om kinders te leer die lewe erenstig te beskou
die wêreld is hard     dit pamperlang niemand nie
vir elke keer wat dit blydskap bring deel dit tien klappe uit
raak gewoond daaraan     moenie dat dit jou onder kry
nie     sodat jy altyd gereed is om terug te veg

as 'n mens die regte gereedskap het om mee te veg
en hier my kind     hou dit ook vir jou 'n opdrag in
sal niks en niemand jou onder kry nie
jy moet  die lewe uit die regte hoek beskou
dan haal jy net die beste uit die lewe uit
onthou     hier word niemand gepamperlang nie

jy is die meester van jou eie skip     niemand anders nie
die beste wapens waarmee jy kan veg
is hardwerkend te wees     eerlik     en getrou     haal alles uit
om 'n wenner te wees     sluit jy hierdie by die opdrag in
sou jy die moeilike lewenspad so beskou
kan jy elke padgat     elke uitdaging     onder die knie kry

sukses help om 'n mooi selfbeeld te kry
daar is nie tyd vir selfbejammering nie
as jy die saak met positiewe oë beskou
en dit met reg en regverdig veg
dan bring jy dié goeie kwaliteite jou hart in
en skop jy die ou duiwel by die deur uit

skryf alle negatiewe ellemente uit
dit is hoe 'n mens die beste resultate kry
anders is jy in die warm water in
niemand gaan jou daar uit kry nie
behalwe jy jouself     as jy weet hoe om te veg
hoe jy probleme     en oplossings beskou

jy sal dit uit elke hoek moet bekyk
uit elke ander oogpunt uit
jy sal moet leer om te veg
om die beste raad te kry
en nooit nie tou op te gooi nie
dit vou jy beslis ook by die opdrag in

Hoe jy die lewe beskou sal bepaal wat jy daaruit kry
dit sluit negatiwiteit uit     maar nie verantwoordelikheid nie
dit is wapens om mee te veg     klits net nog baie liefde in. 
« Last Edit: February 23, 2013, 04:24:18 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #17 on: February 24, 2013, 06:42:06 AM »
WOW PM!!! Dit is puik. Baie geluk matertjie. Knak my knieg, en lig die pienk hoed  :notworthy:
Gaande weereens oor hoe perfek jy die witspasies in 'n gedig kan inspan! Jou brief lees so vlot dat dit voel of daar geen woorde herhaal word nie en DIT is werklik vir my 'n meesterlike hantering van hierdie struktuur.
« Last Edit: February 24, 2013, 06:53:51 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #18 on: February 24, 2013, 07:22:31 AM »
Dankie Raaitjie.  Ek het 'n paar onderwerpe probeer maar dit wou net nie saamwerk nie.  Toe lees ek hierdie briefie wat ek 'n ruk gelede aan my meisiekind gestuur het en toe val die pennie.  Ek kan seker nog baie skaaf en skuur en daar is versreëls 30 en 31 waar ek beskou met bekyk vervang het.
Na lang betragting het ek gedink dit kan werk, maar ek sal graag julle mening daaromtrent ook wil hoor.  Soos met jou gedig kan 'n mens dit maklik verander as dit nie aanvaarbaar is nie.

Ek lief die wit spasies wanneer 'n mens 'n stukkie skryf sonder leestekens.  Dit maak dit vir my makliker. 

Hier is die briefie:
My kind, ek het jou hard groot gemaak, die rede daarvoor is nie omdat ek jou nie lief genoeg gehad het nie, die rede is dat ek jou so lief het dat ek jou beste belange op my hart dra.  Dit is ook elke ouer se opdrag om 'n kind so op te voed, dat hy/sy eendag sy regmatige plek, as 'n verantwoordelike volwasse mens, in die samelewing kan vol staan.
Ek sal nie altyd daar wees om jou gevegte vir jou te veg nie, daarom wil ek jou leer om self te veg.  Ek sal nie altyd daar wees om jou hand te vat of vir jou 'n skouer te bied nie, daarom moet jy leer dat jy self kan opstaan en aangaan.  As ek hierin kan slaag, dan het ek geslaag as 'n moeder.
« Last Edit: February 24, 2013, 07:24:44 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Sestina
« Reply #19 on: February 24, 2013, 02:24:12 PM »
haal sy hoed af...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #20 on: February 24, 2013, 02:39:38 PM »
sê baie dankie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #21 on: February 25, 2013, 02:18:12 AM »
Waarom 'n digter deur sulke foltering wil gaan uitgesonder die bewondering van sy mede digters, gaan my te bowe.

 :sign10: Marius dit gaan nie om 'bewondering' van mede digters nie maar die huppelende plesier wat persoonlik geput word om 'n struktuur onder die rumatiekkniege te kry en in die proses jouself te kan uitdruk binne streng voorgeskrewe riglyne. Vir sommiges van ons is dit 'n ERG verslawende woordsandput, maar weereens - soos met alles in die lewe verskil smaak - en is hierdie uitdagende hoekie nie vir almal ewe gewild in die ABC speelpark nie. Dit is soos 'n gogga wat byt en hou!

PM mater, hier is die lyne waarvan ek jou Vrydag vertel het waarmee ek gewroeg het. Net na dit vir jou geplaas was, sien ek oe my Grietjie, daar is agt stansas en ek het nie 'n idee watter ene is oorbodig nie LOL. Die abcdef's het frieken rondomtalie gespeel met my  :icon_bigsmurf: Ek krap ook nog kop soos jy, of 'n mens mag verander aan die herhaalde woorde. Die beste sal seker wees om deur soveel erkende voorbeelde as moontlik te gaan en loer of dit voorkom of nie  :icon_scratch:

*Om 'n Sestina te skryf
 
was vir my so net so erg as om teen loodregte kranse  
te probeer uitklim. 'n Mens wonder bevange hoe
dit sal verloop, en of jy ooit tot heelbo sal kan klouter
met hoogtevrees? Wat sal van hierdie uitdaging word?
Daarbo wag presies nege en dertig struktuele versreëls om
in sewe stansas te kom pronk, via 'n baie onsekere woordvraat!
 
Soms wonder ek of hierdie stiksienige woordvraat
nie haarself nog te pletter gaan loop teen die kranse
nie? Veral wanneer daar desperaat gepoog word om
soos nou, kop te krap en probeer ontsyfer hoe  
skep jy 'n gewraakte Sestina? Heel wiskundig word
van jou verwag om teen 'n presiese progressie te 'klouter'.
 
Rymelary is verbode terwyl jy oor die ses, sesreëlstansas klouter
en 'n tornada (met sy half-stansa-jassie), moet hierdie woordvraat
bangbroekig probeer klee sodat al die eindwoorde gereflekteer word.
Daar was so geskommel aan my ABCDEF's dat die kranse
saam met Oupa Uil gekoggel het "Hoe-hoe? Hoe-hoe?"
Om alles te kroon, kras die kraaie "Draai om! Draai om!"
 
Maar, met die skep van elke reël word die drange sterker om
nog 'n bietjie verder te gaan, want terwyl jy aanhou klouter,
is die vordering stadig maar seker. Voel jy vers na vers, hoe
daar holtes geskep word vir die voete van 'n woordvraat
teen die hange van ons ou meesters se rigiede kranse
wat deur eeue heen, nog steeds die lokaas kon word
 
waarmee brawe digters met strukture verlei gaan word.
Ek verstaan hoekom sommiges klokslag aanhou woeker om
teen die uitdagendste ABC kranse -
gewapen met slegs verse, te bly klouter.
Terwyl ander wonder of 'n woordvraat
verslaaf kan raak aan hoe?
 
Wie weet, miskien raak elke "hoe"
die magnetiese aantrekkingskrag en word
'n uitdaging vir die skeptiese woordvraat?
Dalk verjaag hulle die 'struktuurspoke' om
opgewonde saam met ons te kom klouter
teen die eens 'gekisde' kranse.
 
Persoonlik weet ek hoe verligtend dit voel vir Bang San om
Brawe Anna te word. Met hernude ywer wil ek voort klouter.
Die woordvraat gaan hang soos aap se kind, teen geliefde kranse.
  
*Na aanleiding van Caroline M. Davies se 'Writing a Sestina'.

« Last Edit: February 27, 2013, 03:18:47 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #22 on: February 25, 2013, 09:52:44 AM »
 :icon_salut:  Jy mag maar Raaitjie, want jy kan!   :notworthy:  Dit is pragtig geskryf en ek buig laag.  Baie laag.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #23 on: February 26, 2013, 12:54:57 AM »
 :notworthy: PM,  ek het soos 'n :munky2:  gehang
tussen die riglyne op vier brieflose koeverte  :evil6:

« Last Edit: February 26, 2013, 03:00:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #24 on: February 26, 2013, 11:02:08 AM »
O hallie ha!   :icon_biggrin:  Gan wonner jy was so dronk nie.   :icon_biggrin:  Dit is puik!   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #25 on: February 26, 2013, 02:00:48 PM »
Jou mos vertel ek loop en slinger sonder druppel voggies oor die lippe  :headbang: opreglik dankbaar en verlig die ene is uitgepluis en vasgepen tussen lyne.