Author Topic: Sestina  (Read 24920 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Sestina
« on: February 19, 2013, 10:29:33 AM »
So skryf jy 'n sestina:

'n  Sestina is 'n gedig wat uit 39 versreëls bestaan.
'n Sestina bestaan uit ses seslynstanzas plus 'n laaste stanza van drie versreëls.
Die laaste woord van die eerste versreël is a.  Die laaste woord van die tweede versreël is b, ens.  Die uiteensetting van die ses stanzas lyk so: abcdef faebdc cfdabe ecbfad deacfb bdfeca. Jy sal sien dat die laaste woord in die eerste versreël, ook die laaste woord in versreël agt is en die laaste woord van versreël 2, is ook die laaste woord in versreël 10, ens.
Die laaste stanza van die gedig het drie versreëls. Elke versreël gebruik twee van die woorde in daardie versreël.  Een iewers in die middel van die versreël en een aan die einde van die versreël.  Die patroon is as volg: be dc fa.
Moenie vrees nie, ek het op hierdie erfie afgekom wat 'n tabel gebruik wat jy kan aflaai en daarop oefen.  Dit werk heerlik maklik. 

Lees gerus alles op die werfie en laai die tabel af.  Sodra ek tyd kry sal ek dit vertaal en op die forum plaas.

http://www.creative-writing-now.com/types-of-poems.html

Lees ook hier meer oor die sestina.
http://www.poets.org/viewmedia.php/prmMID/5792

« Last Edit: February 20, 2013, 04:02:48 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #1 on: February 19, 2013, 10:39:22 AM »
Kyk hoe slim het hierdie skrywer enjambement toegepas om 'n storie te vertel. 

Sestina

September rain falls on the house.
In the failing light, the old grandmother
sits in the kitchen with the child
beside the Little Marvel Stove,
reading the jokes from the almanac,
laughing and talking to hide her tears.

She thinks that her equinoctial tears
and the rain that beats on the roof of the house
were both foretold by the almanac,
but only known to a grandmother.
The iron kettle sings on the stove.
She cuts some bread and says to the child,

It's time for tea now; but the child
is watching the teakettle's small hard tears
dance like mad on the hot black stove,
the way the rain must dance on the house.
Tidying up, the old grandmother
hangs up the clever almanac

on its string. Birdlike, the almanac
hovers half open above the child,
hovers above the old grandmother
and her teacup full of dark brown tears.
She shivers and says she thinks the house
feels chilly, and puts more wood in the stove.

It was to be, says the Marvel Stove.
I know what I know, says the almanac.
With crayons the child draws a rigid house
and a winding pathway. Then the child
puts in a man with buttons like tears
and shows it proudly to the grandmother.

But secretly, while the grandmother
busies herself about the stove,
the little moons fall down like tears
from between the pages of the almanac
into the flower bed the child
has carefully placed in the front of the house.

Time to plant tears, says the almanac.
The grandmother sings to the marvelous stove
and the child draws another inscrutable house.
Elizabeth Bishop
« Last Edit: February 19, 2013, 10:42:09 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #2 on: February 20, 2013, 05:41:37 AM »
Verlustig my alweer!!  Dankie vir die aandra en deel PM :notworthy: :icon_salut:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #3 on: February 20, 2013, 08:07:01 AM »
Ek het jare gelede toestemming gehad om van Gert Strydom se pronkbydraes in die boekie van woorde te bewaar. PM het gevra dat ek sy weergawe van die uiteensetting en voorbeeld van die sestina struktuur, ook hier met julle deel.

*Gert: Die sestina was nog altyd beskou as ‘n moeilike vorm van digkuns om te bemeester. Die uitvinder van die sestina Arnaut Daniel, was ‘n wiskundige en ‘n digter wat behoort het aan ‘n groep twaalfde eeu digters wat hulleself die troebadoere genoem het. Hulle het hulle tipes van verse genoem volgens die moeilikheid graad en die sestina was een van die “tobar clus” gedigte, naamlik een van die vorms van ‘n meester troebadoer. Later het Francesco Petrarca ‘n reeks sestinas geskryf wat hy Canzone genoem het.

Die sestina bestaan uit sewe stansas. Die eerste ses stansas bestaan uit ses versreëls elk en die laaste woord op elkeen val volgens ‘n presiese wiskundige progressie, die sewende stansa het slegs drie versreëls wat ‘n wiskundige refleksie is van die eerste stansa. Die hele gedig het nege en dertig versreëls.

Die eerste stansa is die bepalende stansa en die ses woorde wat op elke einde van die versreël gebruik word naamlik ABCDEF is bepalende woorde. Die finale stansa wat uit drie versreëls bestaan gebruik steeds dieselfde ses woorde waar van hulle as binnerym voorkom. Hulle word herhaal in elk van die volgende vyf stansas van die gedig in ‘n streng patroon wat as volg is:

Eindwoorde:
Stansa 1. .A.B.C.D.E.F.
Stansa 2. .F.A.E.B.D.C.
Stansa 3. .C.F.D.A.B.E.
Stansa 4. .E.C.B.F.A.D.
Stansa 5. D.E.A.C.F.B.
Stansa 6 B.D.F.E.C.A.

In die finale drie versreël stansa 7 ( die l’Envoi) kom die woorde voor as:

Versreël 1..B..A
Versreël 2..D..C
Versreël 3..E..F
Hier is die rymskema vir die rymende sestina: A1B1A2B2B3A3 / A3A1B3B1B2A2 / A2A3B2A1B1B3 / B3A2B1A3A1B2 / B2B3A1A2A3B1 / B1B2A2B3A3A1 / (xB1)A1 (xB2)A2 (xB3)A3.

(Hier dui hoofletters op woorde wat herhaal word aan en nie refreine nie. x dui op woorde wat nie rym nie. Hakkies dui soos gewoonlik op binnerym.)

Gert se voorbeeld: Helderberg (Sestina)

Jy is die hoë ou berg met talle pieke
gedurende die somer groots en jolig,
waar ek geklim het tot by groot hoogtes
waar ek ‘n blik kon kry van son, strand en see,
in God se teenwoordigheid met deurlugtigheid
maar met jou buie herinner jy my aan ‘n dame.

Eens het ek gewandel met ‘n jong dame
op ‘n kinkelende roete tussen jou pieke
op soek na innerlike vrede, deurlugtigheid
en sy was nogal gelukkig en baie jolig
het gestaar na die blou lug en see
vanaf die bedremmelende hoogtes.

Klimmend na die ontblote hoogtes
was soos verkenning van die lyf van ‘n dame,
asof ek afkom op ‘n geheime see
met groot rysende gepunte pieke
en die ondervinding was uiters jolig
met ‘n eie soort van deurlugtigheid.

My privaatheid word betree deur haar deurlugtigheid
terwyl ek van vêr af kyk na haar hoogtes
en met tye voel ek nogal jolig
maar daar is groot gevaar in hierdie dame
wat my aanhou aantrek met hoë pieke
om te kyk na ‘n eindelose see.

Ek verlang om op die see uit te staar,
om met haar te wees in deurlugtigheid,
om soms te wandel tussen haar pieke,
om ontdekkend te wees tot haar hoogtes
asof ek ‘n kosbare wil dame besoek,
maar ek wonder gedurig, is sy jolig?

Ek is nou altyd ietwat gelukkig en jolig
moet weg bly van daardie baie blou see,
moet wegbly van gevaarlike hoogtes
van die lewe, om deurlugtigheid te vind
maar nog steeds lok die pragtige dame
my met albei van haar pragtige pieke.

Hoe glimmend jolig met ys gloei haar pieke
baie hoog bo die see, vanaf hulle hoogtes;
sonder deurlugtigheid is sy ‘n bevrore dame.

*Kopiereg Gert Strydom.
« Last Edit: February 21, 2013, 12:58:57 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Sestina
« Reply #4 on: February 20, 2013, 08:09:12 AM »
 :hello:

Dit is werklik besonders.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #5 on: February 20, 2013, 08:33:43 AM »
Baie dankie Raaitjie.  Dit is goeie werk van Gert. 

Ek wonder net of die 25ste versreël reg is.  Dalk is ek die een wat verkeerd is?

Ek verlang om op die see uit te staar,  moet die versreël nie met see eindig nie?

Wie gaan hulle hand waag aan hierdie uitdaging?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #6 on: February 21, 2013, 02:23:14 AM »
Ek het altyd ariglik weggeskram van hierdie struktuur  :icon_bigsmurf: en was baie verlig toe ek Gert se voorbeeld raaklees 'n paar jaar gelede. Die Sestina se riglyne het ek (skandelik) nooit bestudeer nie en toe ek gisteraand lees dat jy kop krap oor 'see' en 'staar' het dit my gedwing om die woordskalpel in te span PM. Skerp en slim verby is jy liewe matertjie!!  :notworthy: :icon_salut:

Ek het die glasie wyn eenkant toe geskuif sodat ek elke nugter selletjie in my brein kon inspan en deur alles gaan.

Gert se eindwoorde het hy so gebruik:
A = Pieke
B = jolig
C = hoogtes
D = see
E = deurligtigheid
F = dame

Daar het beslis 'n skommelprobleem opgeduik in Gert se voorbeeld. Inderdaad moes hy see as laaste woord ingespan het in plaas van staar in die 1ste reël van die 5de stansa waar die riglyne DEACFB voorskryf.

Daar is ook 'n teenstrydigheid in sy sewende stansa en heelwat ander voorbeelde wat ek onder oge gehad het vanoggend. Ek is nie seker watter riglyne Gert gebruik het om te vertaal  nie  :dontknow:

By meeste ander voorgeskrewe riglyne word dit aangegee soos wat jy dit vir ons kom plaas het uit die bron wat jy gebruik het: BE  DC  FA

Gert het dit so gebruik:  BA  DC  EF

In Algernon Charles Swinburne se Sestina gebruik hy AD BC EF vir sy sewende stansa en 'n rymvorm wat nie aanbeveel word nie.

Ariadne Unst se riglyne vir die sewende stansa verskil ook weer van al die voriges FB AD EC

As ons nou kyk na die pragtige voorbeeld van Elizabeth Bishop se Sestina het sy die eindwoorde so gebruik:
A = House
B = grandmother
C = child
D = stove
E = almanac
F = tears

In haar sewende stansa gebruik sy FE BD CA

Time to plant tears (F), says the almanac (E).
The grandmother (B) sings to the marvelous stove (D)
and the child (C) draws another inscrutable house (A)

Ons kan dus aflei dat die 'envoi' of 'tornado' ook bekend as 'n halfstansa van die laaste drie reëls, nie meer so streng volgens riglyne gevolg word nie.

Weereens dankie vir hierdie groot uitdagende struktuur wat jy met ons kom deel het, ek probeer nog moed bymekaar skraap om dit aan te pak - intussen is my plek geboek vir jou en die maters se voorbeelde :toothy4:  :notworthy:




« Last Edit: February 21, 2013, 04:00:41 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #7 on: February 21, 2013, 08:25:08 AM »
EISH!! PM ek het gaan sit en kopkrap.  :icon_scratch: Hier is my poging  :icon_bigsmurf:

(1)
Wens jy ook soms om soos 'n kind te kon hang aan die arms van Vader Tyd? (A)
Die seerkry ure sou dan skaterend op 'n skoppelmaai (B)
verby kon vlieg. Ongelukkig is elke oomblik, goed of sleg, gedurig deur (C)
soos water oppad na die see; kronkelend aan't vloei. (D)
As ons nie die mooiste oomblikke koester en bewaar nie (E)
is dit net verbleikte fotos, uit die gisters, van vreemdelinge. (F)
 
(2)
Dit laat my nou dink aan die uitdrukking dat 'n vreemdeling (F)
eintlik maar net die maat is wat ou Vadertjie Tyd (A)
met al sy wysheid, nog nie aan ons voorgestel het nie. (E)
As ons gul saam wou baljaar op die lewe se skoppelmaai (B)
sal die ongemaklike samesyn spoedig minder stug voort vloei (D)
na waar vriendskapsbande gesluit word en ons sleutels kry wat deure (C)

(3)
kan open na versteekte vreugdesgange, en daardeur (C)
kon vriendskappe gedy wanneer uitgereik word na vreemdelinge (F)
wat soms afgetrokke teen die stroom van die lewe vloei. (D)
Lank lank gelede het iemand uitgeroep: "My liewe tyd (A)
verskrikte mens! Kom geniet 'n slag die skoppelmaai (B)
saam met ons, hier sal niemand jou verjaag nie!" (E)

(4)
Hoekom ons nie soms die skoene vol klippers baldadig uitskop nie (E)
kan straks breedvoerig verduidelik word deur (C)
die vergulde bordjie teen 'n hek: "Geen skoppelmaai (B)
sal gedeel word met enige vreemdelinge!" (F)
Ek onthou so goed uit toendertyd (A)
hoe die trane dan kon vloei (D)

(5)
en onbedaarlik, in strome, sou aanhou vloei. (D)
Ons is nie geskape om alleen te wees nie (E)
daar kom wel van tyd tot tyd (A)
op elkeen se pad 'n deur; (C)
ongenadig toegeslaan waar struwe vreemdelinge (F)
in verbode kringe; aan die anderkant, skoppelmaai. (B)

(6)
Dan word jy koggelend uitgetart: dit is ONS skoppelmaai. (B)
Jy mag nie saam in ons 'stroompie' vloei (D)
nie, want vir ons bly jy 'n vreemdeling (F)
wat nooit deel sal vorm van die kring nie, (E)
al sou jy vir ewigdeur (C)
hang aan 'n arm van tyd!" (A)

 (7)
Die lewenspark se skoppelmaai (B) word nie altyd gedeel nie (E)
my maat, soms vloei (D) daar onderlangse strome deur (C)
en "vreemdelinge" (F) hang dan aan die arms van Vader Tyd. (A)

 © Meraai vannie baai

 
« Last Edit: November 15, 2021, 12:53:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #8 on: February 21, 2013, 10:19:36 AM »
 :notworthy:  Eers moet ek jou van harte gelukwens.  Dit is werklik uitstekend
gedoen!  :icon_study:  Dit lees vloeiend en omdat ek die geskiedenis ken, verstaan ek elke konsep!

Baie dankie weereens vir die ongelooflike baie tyd wat jy altyd aan die navorsing spandeer.  Ek waardeer dit opreg. 

Ons kan die laaste woord in die vierde versreël (D) bespreek om te hoor wat die ander skrywers daarvan dink.  Ek persoonlik sal dit so aanvaar want die konsep bly dieselfde.  Nou vra ek die vraag, as 'n mens dit hier so toepas, sal dit in elke ander werk ook so aanvaar word?

Jy is reg oor die gezoem van die abc soos 'n by om 'n mens se kop as jy klaar is met hierdie struktuur.  Dat dit 'n groot uitdaging is, is nie te betwis nie. 

O ja, ek dink daar moet in Afrikaans altyd 'n komma voor want wees.   :icon_biggrin:  Help my as ek verkeerd is. 


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #9 on: February 21, 2013, 10:48:38 AM »
Dankie mater, ek erken eerlik dit was van DIE moeilikste strukture wat ek nog probeer het. Sal gou die komma aanbring. Wat is dit omtrent die laaste woord in die vierde vers wat jou laat kopkrap? Altyd lekker om 'n tweede mening te kry  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #10 on: February 21, 2013, 11:05:08 AM »
Die eerste keer gebruik jy "vloeie" en dan "voortvloei, en dan vloei.  Ek vra maar net almal se opinie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sestina
« Reply #11 on: February 21, 2013, 11:12:45 AM »
Ek was self baie onseker of mens die woord so mag verbuig, dit is maklik om dit alles eenvormig te plaas  :icon_biggrin: en sodoende onsekerheid uit te skakel. Laat ek gou verander en dan kan jy loer of dit beter vertoon hoor!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #12 on: February 23, 2013, 09:39:46 AM »
Nou is daar geen dispuut nie.  Ek lig my hoed en knak die knie!   :notworthy:

Ouens, as julle hierdie gedigstruktuur porbeer, sal julle uitvind dat dit nie kinderspeletjies is nie. 

Raaitjie, ek swoeg en sweet nog met myne, dronk-dronk van die abc. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Sestina
« Reply #13 on: February 23, 2013, 11:49:50 AM »
Waarom 'n digter deur sulke foltering wil gaan uitgesonder die bewondering van sy mede digters, gaan my te bowe.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sestina
« Reply #14 on: February 23, 2013, 02:40:37 PM »
Marius, elke sport het sy beserings! 
Ons sport is "Die Afrikaanse ABC", ons is woordvrate en skrik nie vir 'n uitdaging nie. 
Ek daag jou uit!  Kom wys vir ons waar Dawid die ABC gegrawe het.   :icon_biggrin:

Die gedigstrukture kry altyd 'n groot plek in ons boek en ons wil Afrikaanse voorbeelde hê, verkieslik deur ons eie lede geskryf.  Daardie afdeling is gratis vir die lede. 

My versietjie is al amper gereed, ek skaaf en skuur nog net 'n bietjie baie. 
Om te weet is om te verstaan.