• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Voormalige Plaasjapie se 'CV'

Started by Meraai vannie Baai, January 23, 2013, 02:23:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Duisend dankies PM vir die aandra en deel van hierdie woordpret!

Jongman-soek-plaaswerk

Het ervaring in:

•    Die verkeerde perd opsaal
•    Te veel hooi op die vurk laai
•    'n Eiertjie bylê
•    Jongosse inspan
•    Katte skiet
•    Ou koeie uit die sloot grawe
•    Met die hele mandjie patats uitkom
•    Deur die wingerd loop
•    Wrange vrugte pluk
•    Die put demp as die kalf verdrink is
•    Die room afskep
•    Op eiers loop
•    Balke saag
•    Twak verkoop
•    Appels swaai
•    Wys waar Dawid die wortels begrawe het
•    Pêrels voor die swyne werp
•    Met anderman se kalwers ploeg
•    Met die hoenders gaan slaap
•    Die bul by die horings pak
•    Vir wolf skaapwagter maak
•    Gods water oor Gods akker laat loop

– Dom Boer