Author Topic: Mensweesvrae  (Read 5683 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Mensweesvrae
« on: January 19, 2013, 11:01:12 PM »
Met dank vir die leen van Danie se mensweesvrae

1. As sonneblomolie gemaak is van sonneblom saad en peanut olie van grondboontjies en olyfolie van olywe, waarvan is baba-olie gemaak?

2. Elektrisiteit kom vanaf elektrone, kom moraliteit van morone?

3. Ek wonder net wie die ou was wat die eerste keer na ‘n koei gesit en staar het en gewonder het wat sou gebeur indien hy aan die spene sou trek?

4. Maagseer gesondmaak-medikasies: Hoe is dit moontlik dat iets wat die gat in jou maag wat deur suur daar gegrou is, moet heelmaak, so suur en skerp kan ruik?

5. Hoe is dit moontlik dat elke keer as dit jou beurt is om koffie te maak, die suikerpot leeg is?

6. Of dat as jy ‘n bietjie sout oor jou kos wil gooi, die soutpot leeg is?

7. Moenie met die kos speel nie: Hoekom het ontbytgraan en sowaar ook sekere pasta maatskappye besluit om hul produk in lettervorms te maak? Is die nuwe reël nou dat kinders nou wel met hulle kos moet speel? Hoekom was ek nie so gelukkig toe ek ‘n kind was nie?

8. En dan wonder ek maar net hoekom my kieterkat se droë katkos ook bestaan uit Ys, en E’s…moet sy daarmee speel? Miskien is daar tog ‘n vreemde boodskap wat sy vir my kan laat voordat ek haar volgende ete skep …

9. Hoekom spandeer jy ure lank om jou studeertafel reg te kry sodat jy kan studeer, terwyl jy eintlik voor die tyd weet jy gaan ‘n verskoning kry om nie tot leer oor te gaan nie?

10. Opgemerk hoe geweldig netjies jy daardie studierooster kan trek as jy die slag jouself die geleentheid gee?

11. Is daar iemand daar buite wat julle ken wat wel roosterbrood pikswart gebraai eet? So waarom kan “toasters” wel tot by no 10 verstel word?

12. Waarom is daar ‘n liggie in die yskas, maar nie in die vrieskas nie? Is die gevaar dat jy moontlik aan die wande of die produkte sal kan vassit indien jy te lank daarin sou vertoef, nie groter in die vrieskas nie? Of het die ou wat moes kyk of die liggie afgaan of aanbly, te koud gekry om dit ook met die vrieskas te doen?

13. Opgemerk dat as ‘n vrou in iets sou trap, sy haar voet na agter sou oplig en dan probeer kyk wat onder haar skoen vassit. Indien dit egter met ‘n man sou gebeur sou hy heel moontlik sy voet oplig in die rigting van sy ander knie, om ander sy skoen te kyk. Is daar ‘n rede wat ek mis?

14. En as jy vir iemand vra hoe laat is dit, is die gebruik gewoonlik dat jy na jou pols wys. Nou wonder ek net hoekom wys ons nie na ons agterente as ons vir die gasvrou vra waar die toilet is nie…

15. As beide Pluto en Goofy honde is, waarom staan Goofy op sy agterbene, het klere aan en kan praat? Arme Pluto.

16. Ek het al baie vrae gevra ook Alfabetsop of Alfabet pasta, of ontbytgraan. My vraag nou vanaand is, of ongeletterde mense ook daarmee speel…? Trek hulle die volle voordeel uit die sop?

17. Honde nie daarvan hou as jy in hulle gesigte blaas nie. Waarom hou hulle egter daarvan om as hul in die motor saam met ons ry, om hul gesigte by die venster uit te steek dat die wind oor hulle gesigte waai?

18. Superman: Kry die ou nie ontsettend warm so met die dubbelle klere aan by die werk nie?

19. En as hy sy klere dan nou daar in die gangetjie of die hysbak gelos het, hoekom dra niemand dit weg nie? Want blykbaar kom hy altyd terug na dieselfde plek, want let ‘n bietjie op..die volgende keer as hy as ‘n normale Clark verskyn, het hy dieselfde klere van vanoggend weer aan.

20. Hoekom is die rympies en fabels so wreed van aard?

21. Hoe kan ons kinders slaap as ons konstant vir hulle gruwelstories vertel voor hul slaaptyd?

22. Het jy al agtergekom dat “Hansie Slim” en “Handjies klap” dieselfde wysie het?

23. (As jy bene uit vleis uitsny, dan ontbeen jy dit en jy ontwurm 'n dier. Jy ontneem 'n voorreg van iemand) Nou wil ek graag verstaan hoekom, as jy lekker gebakte eiers met spek en roosterbrood in die oggend eet, noem hulle dit ontbyt?

24. As ek ‘n drinker was, het ek sowaar die wynroete gaan ry… klink vir my dit kan lekker raak. Nou het ek ‘n vraag: Is dit die Wynroete roete?

25. Ek wonder net hoekom hulle destyds vir ons banke name gegee het wat ons nie op die letter van die woord kon vertrou nie. Dink maar nou net aan Saambou… en toe loop dinge skeef. En Trust Bank… genugtig. Om nie eens van “Wie moet ons bedank? Boland. Boland Bank.”

26. Hoekom kap ons ‘n es? Ek kan dink dat ‘n mens dalk ‘n z kan kap. Hy is mos skerp!

27. Ons dop ‘n eier af, skil ‘n piesang, “gut” ‘n vis, ens. Hoekom leer ons nie ‘n koei nie? Of stoffertjie ‘n volstruis?

28. As ‘n gastroskopie deur jou mond gedoen word, en haemorrhoidectomy by jou agterent … hoekom doen hulle ‘n laparoskopie deur jou naeltjie?

29. Hoekom borsel ons ons tande? Is daar dan hare op?

30. En hoekom was jy jou oë uit in die oggende? Moet jy dit dan nie daarna op die draad gaan hang nie?

31 En alles deesdae word met versagmiddel gespoel na die tyd, soos hare en klere. Hoekom spoel ons nie ons mond met versagmiddel uit na die skropproses nie? Alle ander liggaamsdele kry dan ‘n bietjie roompies…

32. Is daar nie ‘n beter Afrikaanse woord vir “Breathalyser test” nie? Asemtoets? Bloedalkohol toets? Dronktoets (hik)? Slingertoets? Uitasemtoets? Voggie-asemtoets? Want as dit ‘n blaastoets genoem word, hoekom toets hulle nie met ‘n urienmonster nie?

Vrae vir die wasmasjienmannetjie:
* Hoekom maak jy knope los waar ek hulle aanmekaar bedoel het?

* Hoe kry jy dit reg om knope wat los was weer vas te maak?

* En sowaar, kan jy vir my verduidelik hoe jy dit regkry om ‘n broek se pyp netjies binne-in ‘n ander een te druk?

* Kan jy nie asseblief die wasgoed minder kreukel as jy dit was nie, dan help ons mos mekaar.

* Kan jy asseblief nie die jeans se zip heel onder in die gaatjie indruk as jy dit was nie?


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mensweesvrae
« Reply #1 on: January 20, 2013, 06:17:13 PM »
Ek sou ook graag wou weet, hoekom die toiletrolletjie leeg is elke keer as ek daar kom.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Mensweesvrae
« Reply #2 on: January 21, 2013, 07:48:31 PM »
If a kingdom is ruled by a king and a monarchy by a monarc, who rule over a country?


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Mensweesvrae
« Reply #3 on: January 21, 2013, 10:45:09 PM »
 :headbang: julle twee laat my altoosdeur giggel. Assie diekant van die aardbol gaan country en cowboy hand aan hand, so ek reken hier sal dit die een of ander soort koei wees wat die voortou neem  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mensweesvrae
« Reply #4 on: January 22, 2013, 10:35:29 AM »
Ek dink dit sal die ou wees wat die septer in die "country" swaai.  Met ander woorde, ek kan dit nou nie juis in Afrikaans sê nie, dit is die ou met die "coutryclub" in die hand.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.