• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Somer Haiku

Started by Naas, May 24, 2011, 11:39:49 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Naas

Son se oorhand skyn
en verjaag die winter kou
met goudsag strale.

(Wie gaan antwoord?)
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

Jas word opgehang!
Goudgeel strale wat ons kus.
Geluk bars na voor!

©  :angel12:

PM

Julle is warm nê!  Klop hierdie een:

my skerm jul foto's
laat die sonskitter helder
deur my vensters bars
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Tweetjies hand in hand
los liefhê spore agter
op pad na bruilof


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Eina, dit gebeur mos nie so gou nie!   :icon_biggrin:  Mooi Naas, dit is treffend.

Ek het al talle voorskrifte aangaande die haiku gelees en daar is soveel teenstrydigheid.  Dit is asof 'n hele geveg en herrie losgebreek het hieroor. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

voëltjies fluit hul lied
reendruppels bring vrugbaarheid
neste word herbou!

:angel12:

PM

Mooi Trappies!

dis my somerjaar
met vrugte volrond geswel
kom geniet die maal
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Saam smul ons lekker
aan sappig somervrugte
dat die sop so loop.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

madeliefies swaai
kleurvol langs wolkeskadu's
vroegsomer lag saam
adéle  :grommit:

Trapsoetjie

hitte stoot deur die
blare van weet hier is mos
'n oorvloed liefde

:angel12:

Naas

En ek druk jul vas
in voorsomer liefdestyd
met warm vriendskap


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

eish dit raak al moeiliker om nie te rym nie...

blink skoon blou lug bo
prag groen weelde vorm mooi
somer wat hier bly

:angel12:

PM

Wat 'n verrassing toe ek hier inval en ek sien hoe lekker almal saam speel, nes tjinnertjies in die modder!   :icon_biggrin:

Julle is witwarm. 

Naas, jy kan ons maar altyd so lekker vasdruk hoor!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

kom somer van ver
uit hoogste noordevleuel
niemand kan meer wag

ek kan sowaar nie aan somer dink in hierdie dae nie

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Jy praat,  as ek vandag my jas aantrek kry ek warm en as ek dit uittrek kry ek koud! 
Om te weet is om te verstaan.