Author Topic: Somer Haiku  (Read 13272 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Somer Haiku
« on: May 24, 2011, 10:39:49 AM »
Son se oorhand skyn
en verjaag die winter kou
met goudsag strale.

(Wie gaan antwoord?)
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Somer Haiku
« Reply #1 on: May 24, 2011, 10:56:43 AM »
Jas word opgehang!
Goudgeel strale wat ons kus.
Geluk bars na voor!

©  :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Somer Haiku
« Reply #2 on: May 24, 2011, 12:37:47 PM »
Julle is warm nê!  Klop hierdie een:

my skerm jul foto’s
laat die sonskitter helder
deur my vensters bars
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Somer Haiku
« Reply #3 on: May 24, 2011, 02:17:35 PM »
Tweetjies hand in hand
los liefhê spore agter
op pad na bruilof


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Somer Haiku
« Reply #4 on: May 24, 2011, 03:15:35 PM »
Eina, dit gebeur mos nie so gou nie!   :icon_biggrin:  Mooi Naas, dit is treffend.

Ek het al talle voorskrifte aangaande die haiku gelees en daar is soveel teenstrydigheid.  Dit is asof 'n hele geveg en herrie losgebreek het hieroor. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Somer Haiku
« Reply #5 on: May 24, 2011, 03:36:54 PM »
voëltjies fluit hul lied
reendruppels bring vrugbaarheid
neste word herbou!

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Somer Haiku
« Reply #6 on: May 24, 2011, 04:11:29 PM »
Mooi Trappies!

dis my somerjaar
met vrugte volrond geswel
kom geniet die maal
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Somer Haiku
« Reply #7 on: May 24, 2011, 05:57:19 PM »
Saam smul ons lekker
aan sappig somervrugte
dat die sop so loop.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Somer Haiku
« Reply #8 on: May 24, 2011, 07:11:56 PM »
madeliefies swaai
kleurvol langs wolkeskadu's
vroegsomer lag saam
adéle  :grommit:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Somer Haiku
« Reply #9 on: May 25, 2011, 08:49:18 AM »
hitte stoot deur die
blare van weet hier is mos
‘n oorvloed liefde

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Somer Haiku
« Reply #10 on: May 25, 2011, 09:21:24 AM »
En ek druk jul vas
in voorsomer liefdestyd
met warm vriendskap


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Somer Haiku
« Reply #11 on: May 25, 2011, 09:33:28 AM »
eish dit raak al moeiliker om nie te rym nie...

blink skoon blou lug bo
prag groen weelde vorm mooi
somer wat hier bly

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Somer Haiku
« Reply #12 on: May 25, 2011, 10:00:05 AM »
Wat 'n verrassing toe ek hier inval en ek sien hoe lekker almal saam speel, nes tjinnertjies in die modder!   :icon_biggrin:

Julle is witwarm. 

Naas, jy kan ons maar altyd so lekker vasdruk hoor!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Somer Haiku
« Reply #13 on: June 13, 2011, 04:57:24 PM »
kom somer van ver
uit hoogste noordevleuel
niemand kan meer wag

ek kan sowaar nie aan somer dink in hierdie dae nie

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Somer Haiku
« Reply #14 on: June 13, 2011, 05:37:23 PM »
Jy praat,  as ek vandag my jas aantrek kry ek warm en as ek dit uittrek kry ek koud! 
Om te weet is om te verstaan.