• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)

Started by Meraai vannie Baai, January 20, 2013, 12:15:25 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL
Woorde: C.J. LANGENHOVEN

'n Klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
'n klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
en al wat aan my lyf is, is 'n linkersy.

'n Skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
'n skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
en al wat aan my skoon is, is die swart van my nael.

'n Asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
'n asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
en al wat op my plaas is, is die stof in die sloot.

'n Sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
'n sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
en al wat op my plaas is, is die rondte van die naaf.

'n Bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
'n bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
en al wat in my huis is, is die wit van 'n kers.

'n Jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
'n jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
en al wat in my kas is, is die knoopsgat van 'n mou.

'n Pragtige voorbeeld van ons eie "Digters Eggo' struktuur  :love7: :notworthy:

Meraai vannie Baai

En hier is ons eie Langenhoven Naas se skepping  :toothy4:

Minnelied!
Ek vis op die walle van die Visrivier
Ek vis op die walle van die Visrivier
Eet mieliepap om die karp te versuur.

Ek sit aan die tafel van Tafelberg
Ek sit aan die tafel van Tafelberg
Eet skerpioene om die bojane te terg.

Ek soebat op die plein van Soebatsfontein
Ek soebat op die plein van Soebatsfontein
Eet adamsvy en saltanarosyn.

Ek graaf in die grond van Graafreinet
Ek graaf in die grond van Graafreinet
Eet Joodse brood saam met varkvet.

Ek vry in die strate van Vryburg
Ek vry in die strate van Vryburg
Eet verbode vrugte en meerminmurg.

© Naas



Naas

R100 vir die eerste een at my mooi, vers vir vers kan verduidelik waarom die een van my "minnelied" heet.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hehehehe, ek alweer R100 armer. Terwyl jy in die strate van Vryburg aan't vrye was, het ek gou gaan grawe tussen ons ou plasings om te soek na nog minneliedjies (nou het ek 'n mandjie vol koudlei-liedjies wat smeek vir 'n plekkie in die skuur).

My plek is net hier geboek om te sien wie gaan wegstap met die prys  :`ip2:

PM

Is dit omdat dit al jou gunsteling plekke is Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#5
Die ene kielie my nog steeds ... ek bekyk van bo na onder en trek uitmekaar en las weer en kan nog nie die kloutjie by die oor bring nie maar ek geniet die gespeel. Loer ek vers vir vers wat het ons:

So al vissende; sit, soebat, graaf en vry jy Naas. En dit gebeur so om die beurt by die Visrivier, Tafelberg, Soebatsfontein, Graafreinet en Vryburg  :icon_biggrin:

Jy sal nog leidrade moet kom gee want ek vis op droge grondjies diekant  :notworthy:

PM

Dalk kan Aspoestertjie vir Oupa vra.  Ek is seker hy sal die antwoord ken.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Ek sal vir Oupa gaan vra maar oom Naas gaan moerilikheid optel met die ronvryery van hom.




:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

Daaroor is daar geen twyfel Assie  :toothy4: Wonder of Antie Stienie hom nie beetgekry het en van die spoor af laat dwaal het nie?  :dontknow:

PM

Ek dink nie Antie Stienie is agter Naas se lyf aan nie en ek ken vir Naas, hy vry net in die bondel.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Heheheh, sien nou ek het een deel van my gedagte nie oorgedra nie  :icon_biggrin: ek het eintlik bedoel dalkies het sy vir oupa beetgekry  :icon_bigsmurf:

PM

...en ek het nagelaat om te noem dat die bondel uit 26 bestaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

O hallie ha! Oom Naas is stil. Ek wonder by watter bondel hy nou vry?
Dink julle meisies Wagman het ook 'n bondel?



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

Dit lyk nie vir my so nie.  Ek dink hy soek na die regte vrou.  Sy neef uit Duitsland kuier mos nou daar.  Hulle is seker baie besig om eiendom vir die neef te soek.  Hy klink ook na 'n goeie "vangs" vir 'n mooi meisie. 
Om te weet is om te verstaan.

Aspoestertjie

Nou waar gaan ons nou 'n mooi meisie vir hom kry?



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.