Author Topic: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)  (Read 18729 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« on: January 20, 2013, 12:15:25 AM »
DIE HIEFEL EN DIE FIEFEL
Woorde: C.J. LANGENHOVEN

'n Klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
'n klonkie op 'n donkie in 'n ver kontrei,
en al wat aan my lyf is, is 'n linkersy.

'n Skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
'n skoffel van ou Stoffel en 'n saal op 'n paal,
en al wat aan my skoon is, is die swart van my nael.

'n Asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
'n asem en 'n wasem en 'n slang se poot,
en al wat op my plaas is, is die stof in die sloot.

'n Sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
'n sekel in die pekel en 'n afoor graaf,
en al wat op my plaas is, is die rondte van die naaf.

'n Bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
'n bottel en 'n skottel en 'n blaarkombers,
en al wat in my huis is, is die wit van 'n kers.

'n Jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
'n jonker en 'n pronker en 'n ryk juffrou,
en al wat in my kas is, is die knoopsgat van 'n mou.

'n Pragtige voorbeeld van ons eie "Digters Eggo' struktuur  :love7: :notworthy:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #1 on: January 20, 2013, 12:16:32 AM »
En hier is ons eie Langenhoven Naas se skepping  :toothy4:

Minnelied!
Ek vis op die walle van die Visrivier
Ek vis op die walle van die Visrivier
Eet mieliepap om die karp te versuur.

Ek sit aan die tafel van Tafelberg
Ek sit aan die tafel van Tafelberg
Eet skerpioene om die bojane te terg.

Ek soebat op die plein van Soebatsfontein
Ek soebat op die plein van Soebatsfontein
Eet adamsvy en saltanarosyn.

Ek graaf in die grond van Graafreinet
Ek graaf in die grond van Graafreinet
Eet Joodse brood saam met varkvet.

Ek vry in die strate van Vryburg
Ek vry in die strate van Vryburg
Eet verbode vrugte en meerminmurg.

© Naas



Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #2 on: January 21, 2013, 11:10:12 PM »
R100 vir die eerste een at my mooi, vers vir vers kan verduidelik waarom die een van my "minnelied" heet.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #3 on: January 22, 2013, 12:03:57 AM »
Hehehehe, ek alweer R100 armer. Terwyl jy in die strate van Vryburg aan't vrye was, het ek gou gaan grawe tussen ons ou plasings om te soek na nog minneliedjies (nou het ek 'n mandjie vol koudlei-liedjies wat smeek vir 'n plekkie in die skuur).

My plek is net hier geboek om te sien wie gaan wegstap met die prys  :`ip2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #4 on: January 22, 2013, 09:31:21 AM »
Is dit omdat dit al jou gunsteling plekke is Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #5 on: January 23, 2013, 02:49:46 AM »
Die ene kielie my nog steeds ... ek bekyk van bo na onder en trek uitmekaar en las weer en kan nog nie die kloutjie by die oor bring nie maar ek geniet die gespeel. Loer ek vers vir vers wat het ons:

So al vissende; sit, soebat, graaf en vry jy Naas. En dit gebeur so om die beurt by die Visrivier, Tafelberg, Soebatsfontein, Graafreinet en Vryburg  :icon_biggrin:

Jy sal nog leidrade moet kom gee want ek vis op droge grondjies diekant  :notworthy:
« Last Edit: January 23, 2013, 02:51:57 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #6 on: January 23, 2013, 07:35:43 AM »
Dalk kan Aspoestertjie vir Oupa vra.  Ek is seker hy sal die antwoord ken.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #7 on: January 23, 2013, 10:26:44 AM »
Ek sal vir Oupa gaan vra maar oom Naas gaan moerilikheid optel met die ronvryery van hom.




 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #8 on: January 23, 2013, 12:21:40 PM »
Daaroor is daar geen twyfel Assie  :toothy4: Wonder of Antie Stienie hom nie beetgekry het en van die spoor af laat dwaal het nie?  :dontknow:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #9 on: January 23, 2013, 12:44:54 PM »
Ek dink nie Antie Stienie is agter Naas se lyf aan nie en ek ken vir Naas, hy vry net in die bondel.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #10 on: January 23, 2013, 11:54:12 PM »
Heheheh, sien nou ek het een deel van my gedagte nie oorgedra nie  :icon_biggrin: ek het eintlik bedoel dalkies het sy vir oupa beetgekry  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #11 on: January 24, 2013, 07:11:32 AM »
...en ek het nagelaat om te noem dat die bondel uit 26 bestaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #12 on: January 24, 2013, 08:17:47 AM »
O hallie ha! Oom Naas is stil. Ek wonder by watter bondel hy nou vry?
Dink julle meisies Wagman het ook 'n bondel?



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #13 on: January 24, 2013, 08:24:46 AM »
Dit lyk nie vir my so nie.  Ek dink hy soek na die regte vrou.  Sy neef uit Duitsland kuier mos nou daar.  Hulle is seker baie besig om eiendom vir die neef te soek.  Hy klink ook na 'n goeie "vangs" vir 'n mooi meisie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #14 on: January 24, 2013, 08:32:02 AM »
Nou waar gaan ons nou 'n mooi meisie vir hom kry?



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #15 on: January 24, 2013, 08:44:41 AM »
Wat van jou Assie?  Stel jy nie belang nie?  Dit moet vreeslik eensaam wees daar op die plaas met net Oupa as geselskap.  Ek sien Tannie Christinna soek ook 'n "ou met iets tussen die ore" om mee te gesels.  Ons het mos 'n slim Oupa.  Dalk kan ons die twee aan mekaar voorstel. 
Dalk kan jy 'n mooi gediggie skryf en ek sal sorg dat Swagman dit lees.  Wat sê jy?
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #16 on: May 17, 2016, 09:46:26 PM »
En toe het Aspoestertjie nooit nie weer teruggekom nie ... hoop sy en oupa is nog oukei?  :coffee2:
adéle  :grommit:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #17 on: May 18, 2016, 08:50:05 AM »
Nee o genade Ta Raaitjie. As daar so van mansmense gepraat worre trek my keel en alles mos toe en dan is die hasepad nie lank genoeg vir my nie. Ek hol tot my petrol opraak.


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #18 on: May 19, 2016, 06:58:45 AM »
In my verbeelding sien ek die stofstrepie  Assie  :toothy4:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #19 on: September 11, 2021, 01:22:27 PM »
So al vissende; sit, soebat, graaf en vry jy Naas. En dit gebeur so om die beurt by die Visrivier, Tafelberg, Soebatsfontein, Graafreinet en Vryburg  :icon_biggrin:
Ek lees nou weer hier in verdwaalde woorde. Het vir oom Naas gevra. Hy se die verklaring van Ta Raaitjie is die naaste aan reg. Maar hy weet nie hoe om die R100 by Ta Raaitjie te kry nie. Hy se dis seker elk geval nie veel werd doer onder nie.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #20 on: September 12, 2021, 05:53:12 AM »
As ek gelukkig is kan ek dalk by die mission shoppie vir my kleinkinders boekies koop teen sent stuk. Bly 'n winskoop want as ek 'n kale dollar diekant van daardie R10 uitkry kan ek tien boekies koop Assie.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #21 on: September 12, 2021, 07:01:06 AM »
Dan moet Ta Raatjie Outop se bankbesonderhede stuur dat Oom Naas Sy beloftes nakom.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Hiefel en die Fiefel (C.J Langenhoven)
« Reply #22 on: September 12, 2021, 03:20:44 PM »
Hier trek ons nou by 12 en 'n half duisend kere geleer en Naas en Aspoestertjie is nog skoonveld. 
Om te weet is om te verstaan.