Author Topic: Tameletjie Sinne  (Read 11594 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Tameletjie Sinne
« on: January 19, 2013, 10:57:35 PM »
Jan Anderland se oorspronlike bydrae (Sakkie se swaer Sarel):
Sakkie se swaer Sarel, sê sy Suzuki sleep sewentien swaar sakke sout, sonder swoeg, sonder sweet, sowaar sê Sarel se skoonsus Sonica, sy sweet sommige somers soos Sodom se soutpanne, so sak Sarel, sê sy sus Suzi saam skoonsus Sonica sugtend.

Piet Magriet:
Saggeaarde Sannie Stofberg se sieklike stadige seun Sakkie se sterk swaar stewige swaer Sarel, sê sy stoute selfsugtige susssie Suzi se stadige sukkelende Suzuki sleep sewentien swaar streepsakke sout, sonder swoeg, sonder sweet, sowaar sê sterk swaar stewige Sarel se skoorsoekende siek skoonsus Sonica, sy sweet sowaar sout soos Sodom se soutpanne, so, sak simpel Sarel, sê sy stoute selfsugtige susssie Suzi saam sy skoorsoekende siek skoonsus Sonica sugtend.

Wilde Woeste Wouter Wessels Wil Wragtag Weer Weekliks Weet Waar Woeste Weste Winde Woes Woerts Warts Weemoedig Waai Want Woeste Weste Winde Wil Werklik Weer Wild Woerts Warts Weemoedig Wes Waai Wrintiewaar Waar Wilde Woeste Warmhakskeentjies Willie Wessels Waarlik Woon Waar Wewers Wettige Wewershuisies Weef

Weet Wat? Woeste Woestertjies Wikkel Woes Waar Woeste Willem Woes Winde Woes Wes Waai.

Annie:
Stadige Sakkie se sterk swaar stewige swaer Sarel, sê sy stout susssie Suzi se stadige Suzuki sleep sewentien swaar streepsakke sout, sonder swoeg, sonder sweet, sowaar sê sterk swaar stewige Sarel se siek skoonsus Sonica, sy sweet sowaar soos Sodom se soutpanne, so, sak Sarel, sê sy stout sus Suzi saam sy siek skoonsus Sonica sugtend.

Naas:
Wilde Woeste Wouter Wessels Wil Wragtag Weer Weekliks Weet Waar Woeste Weste Winde Woes Woerts Warts Weemoedig Waai Want Woeste Weste Winde Wil Werklik Weer Wild Woerts Warts Weemoedig Wes Waai Wrintiewaar Waar Wilde Woeste Willie Wessels Woon.





Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #1 on: January 20, 2013, 10:44:33 AM »
Se vinnig en herhaal vier keer: "Daar rol drie rolle doringdraad dwarsdeur die dam."


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #2 on: January 20, 2013, 05:54:41 PM »
Jy wil nie weet wat het ek aangerol nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #3 on: January 21, 2013, 12:41:45 AM »
 :headbang: Hahahaha Naas en Pm, julle sal nie glo watter prentjie vul my hele skerm vanoggend nie: Die fraaiste forum miskruiertjie  :bootyshake:

Ekke moes hom eenkant toe jaag dat ek kan voortgrawe in my soektog na die eindproduk van ons 'W' tameletjie sinne wat die woorddief lankal in 'n versvorm bewaar het (waar daar +- 52, nie-herhaalde-W-woorde, in voorkom).

Weggesteekte woesteling - waardige woordmaker - Willem Wikkelspies
woon wrintiewaar wel waar wonderbaarlike woordryke wesens,
weekliks wyse woorddisse, wat witwatertand werk, weetgierig werf!  
'Wee wraggies waaksame wil-werk-wals-wekkers, word woordwurms
woerts-warts wakker 'wyl warrelende woudwinde, weergaloos weemoediglik;
Weswaarts waai. Wriemelende wysneusagtige 'warmhakskeentjie' wewenaars
wil waarskynlik weer wondermooie, weelderige woonhuise warmbloedig weef.  
 
« Last Edit: January 21, 2013, 01:42:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #4 on: January 21, 2013, 08:25:27 AM »
Weliswaar!  So tussen die lewensdruk is daar gelukkig 'n "sonsopkoms".
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #5 on: January 21, 2013, 12:33:22 PM »
Mag ek maar slegs my AMEN hier los (sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie)? en nou weet ek wraggies nie waar ek daardie vraagteken moet plaas nie, voor of na die sluit van die hakkie. HELP!  :toothy4:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #6 on: January 21, 2013, 08:17:40 PM »
Voor die eerste hakie Tannie Raai.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #7 on: January 21, 2013, 10:40:29 PM »
 :notworthy: dankie baie baie my dierbaarste ou Assie  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #8 on: January 22, 2013, 10:39:23 AM »
A-nee-a, jy is weer vol streke vandag Assie.   :icon_biggrin:
Raaitjie, jy moet dit na die vraagteken plaas.   :icon_biggrin:  M.a.w. voor die tweede hakie. 

Hier sluit ons niemand toe vir eenlyn-sinne nie.  Sodra jy tog asseblief net 'n spoortjie los. 
« Last Edit: January 22, 2013, 10:43:29 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #9 on: January 23, 2013, 02:26:41 AM »
?Julle sal moet kom beduie vir die oumens?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #10 on: January 23, 2013, 08:35:07 AM »
(sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie)?
(sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie?)

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #11 on: January 23, 2013, 09:51:53 AM »
Hheeh ekke dom verby met die ene  :icon_bigsmurf:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #12 on: January 23, 2013, 11:42:45 AM »
Mag ek maar slegs my AMEN hier los (sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie)?
Die vraag is "Mag ek maar slegs my AMEN hier los? As "(sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie)" ook as 'n vraag gesien moet word sal dit nog 'n vraagteken binne die hakie wees. (Sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie?) LW die S van Sonder word hoofletter omdat vraagteken die vraag afsluit. Ek voel egter dat (sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie) eerder 'n stelling is en dus met hoofletter S en punt op einde geskryf word. (Sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie.)  Dit is egter harekloof.



 :mumum: 
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #13 on: January 23, 2013, 12:20:00 PM »
En so word hierdie nou 'n ware tameletjiesin waaroor ons nog lank sal kan kopkrap  :toothy4: Dit is gewis 'n vraag in die eerste plek - met 'n stellingsvraag(?) binne die hakkies.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tameletjie Sinne
« Reply #14 on: January 23, 2013, 12:35:43 PM »
Ja wraggies, ek kyk nou na Assie se verduideliking en ek sien nou 'n ander prentjie.  Ek het net gefokus op die gedeelte tussen hakies en die vraagteken het vir my daar gehoort. 
As ek nou weer daarna kyk sou ek eerder die hakies uitgelaat het om verwarring te voorkom.
 
Mag ek maar slegs my AMEN hier los, sonder 'n tronktoe-vonnis vir eenlynkomtaartjie?

Ek verstaan hoekom jy die vraagteken buite die hakies geplaas het. 

Ek sit net hier en wag tot die slim mense weer 'n draai maak. 

« Last Edit: January 23, 2013, 12:38:19 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.