• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hartlik welkom Christinna

Started by PM, December 23, 2012, 08:24:32 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Welkom hier by ons Christinna.  Hoop jy geniet dit hier.  Voel vry om saam te kuier en nuwe onderwerpe te begin. 
Indien jy enige hulp nodig het kan jy net skreeu.  Ons is 'n vriendelike groepie en help graag waar ons kan.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Warm welkom ook hier vanuit die land van Bloekoms Christinna. As jy suinig is met die ABC moet jy asseblief vir my 'n 'geen toegang bordjie' aan die hek voor jou woorderf los hoor.  :icon_biggrin: Almal ken my as die woorddief  :icon_bigsmurf: Soos ons forumoedertjie geskryf het, maak jouself tuis en gesels saam met ons.

Aspoestertjie

More Tannie Chrissie. Ek geniet dit so hier dat ek sommer uitteken net om weer te kan aanteken.





:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Christinna Slot

Di e kinders het so aangehou dat ek moet aansluit. Vertel hulle vir my dat ek dan nie meer so eensaam hier opdie plaas sal wees nie. Nou sien ek al die vriendelike mense hier bymekaar en voel sommer al klaar tuis.

PM

Hoekom het ek gedink jy bly in 'n dorp iewers.  Van watter dorp het jy in jou aansoekvorm melding gemaak?
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Ag nee PM, daar is mos 'n dorp naby elke plaas man.  Die tannie het seker maar net die naaste kêffie se dorpie geskryf.  Baie welkom Christinna.  Moet ek sê tannie?  Kuier lekker hier by ons hoor! :angel8:

Christinna Slot

Ek bly op ons geboorte grond net deuskant die dorp. Party mense noem dit baie onheilig Boksburg maar ek verkies Doosburg want my oorlede Vader was nie baie lief vir Engels nie. Hy was baie streng op ons tien kinders. Oor ek nou vandag bietjie opsternaat voel mag julle my maar noem net wat julle wil. Selfs Antie.

PM

Skuus man, ek is partykeer so deur die blare.  (Meeste van die tyd)

Christinna klink so formeel vir 'n plaasantie.  Ek mag jou dan seker  Antie Stinnie noem?

Ek weet waar daai burg is, dit is mos reg langs Nigel?
Om te weet is om te verstaan.

Christinna Slot

Dit voel my so aan my liddoring ek gaan lekker kuier hier. Die kinders was reg gewees. NIe alles op die internet is boos nie. Ek sien julle het tot 'n geestelike afdeling.

Gawelina

Antie Stienie, op die forum is geestelik en beestelik.  Ons ganiet ons gate uit.  Hier is selfs mense wat baie erg is oor brei en steke optel ook.  Mense wat die taal kan verfoenkfaai dat dit 'n naarheid is en dan lag ons uit onse mage vir dit wat NIE gesê word nie.  Antie sal van die spulletjie hou. Ek is seker daarvan.

Christinna Slot

#10
Dit is reg my hartjies julle mag my maar Antie Stienie noem. Haai siestog dit was dan die oom se troetelnaam gewees vir my. Veral as hy 'n ander trekker of 'n nuwe soort impliment wou koop. Nou voel ek regtig baie welkom. My hele dag is sommer ingekleur.

PM

Hoeveel kinders het jy Antie Stiennie?   Wie woon saam met jou op die plaas.  Boer jy nog?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Heheheheh, my plek geboek. Net hier. Christinna noem dit nou toeval of nie, ons het op die gehuurde plasie in Suid Ausie 'n buurvrou gehad. Raai wat was haar naam? Antie Stien en sy het gesorg vir baie pret met haar preutse uitkyk op die lewe. Ek volg jou spore ewe gewillig  :toothy4: Iets vertel my jy is ook lief vir skryf? Hier kom 'n ding  :hello2: :icon_biggrin: :book1:

Ah Willa

 :hello: Antie Stinnie ... ek is nou in die stad van Kaapstad in geprop - maar ek is kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat ... en so bly hier so baie plaas-harts-mense - goeie pure harte - op die forum ...  :hello:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Daar is so lekker deuntjie aan jou lyntjie Willa: kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat  :toothy4: