Tant Stinie, om net te toer deur Kaapstad is heel oraait, hier is baie mooi en fraai ..
maar vir 'n plaashart om in die stad ingeprop te wees uit eie keuese is selfmoord!
Dalkies kan Andre,Theo en ek, plus ons 5 K9-kids : Dogmatix, Lady, Nova, Dexter en Filavlooi,
daar by tant Stinie kom intrek ... want dit was nie eie keuse om in die stad ingeprop te word nie ...
Daar is ook 'n jonge paartjie, groot geword in die stad - hy hier en sy daar in Johannesburg,
maar tog het hulle nie stadsharte nie, hulle blom pure plaasharte en gee om vir Moeder aarde
en haar lewende en minder lewende produkte .... selfs die menslike dinge gee hulle voor om ... (ek het my liefde vir die mensgoed verloor)
Hulle bly in ons "grannyflat", wonder ek nou wat is 'n mooi Afrikaans daarvoor. Tant Stinie sien, ek was lank aan die anderkant van die Ocean,
en toe verrooi ek so bietjie. Ek het nie Meraai van die baai se talente met die tale nie ... sy is talentvol, ek lief net woorde ... wens ek had haar talente ...
Ai maar ek bly afdwaal van my eie spoorlyn ... ek wonder hoekom? Dit moet hierdie stad se chemiese lug wees ....
wag hier is my spoor ... die jonge mensies bly mos in ons 'grannyflat" en hulle het vir Levi (dis 'n sy, en sy was amper genadeloos na die anderkant van lewe toe gestuur - menslike-varke (sorrie varkies - ek bedoel nie om julle te beldig nie, ek het nie die spreekwoorde geskep nie) ...
wag nou waar is al my varkies .... hier't ek hulle nou weer op 'n ry
hulle het vir Levi, Titan en Puddles, Miss Ratty, Beans, Princess, Grumpy, en die nuwe sjamese kat-kind watse naam ek nie van ken nie. En dan is daar al die feral fosters, want eintlik al permanent hier is : Penguin (my hart se punt - eerste kat wat my hart kon steel) Kaya - 'n lewende wonderwerk en sy is verby 9 lives, ek jok nie - Lavendar wat eintlik nie happy is met al die baie katte en honde en mense om haar in een klein hokkie nie ... maar wat kan sy doen, haar eie mens-familie het haar vir weeke in 'n lee-huis saam ander honne kinders toegelsuit met net niks om te eet of drink nie ... een van die honne kinders is daar dood gekry .... sy en die ander twee honde kinders was naby die kant van die anderkant van die lewe ...... baie geld aan Panorama vet, kos, water en liefde later is sy darem okay ... die honde kinders was onder 'n jaar en het gou-gou 'n nuwe forever-home gekry, maar arme Lavendar nog in 'n hokkie-pandokkie-tydelik ingedruk tot genade op hom neer reen ... en dis nie al nie .. daar is 10 ander Ferals ook, wat gesteliseer is en dan weer in hulle eie kolonies release moet word ... daar is 2 puppies wat gebottlefeed was, nou eie kosies eet en na Krismis gaan hulle na 'n ander foster huis wat met die ouer puppies deal totdat hulle 'n permanente huisie kry ... daar is 20 baba kaaitjies .. van bottlefeeders tot so 3 wekies out en die please vir forever homes gaan uit ... maar dis Krismis en unwanted Kersgeskenke gaan Jan/Feb inkom, van die mense wat darem halwe harte het ... daar is die ander mense wat niks harte het nie ... wat die diertjie-geskenkies in swartsakke in asblikke gooi - nou wonder ek hoe dink die mens ding, moet die arme dier-kind asemhaal ... en dan kry 'n mens met 'n hart hulle in die sakke ... dit breek so 'n mens se hart ... en as hulie die event oorleef het ... kom hulle na ons oorvol huise in die hoop van 'n nuwe huis .... en ander diertjies word lewend gebrand ... en ag... so nie 'n positiewe Krismis-storie nie ... maar ek is in alle gevalle 'n heiden wat Krismis betref ... ek doen nie Krismis nie ... net baie dankbaar dat ons Vader se Seun gekom het, gesterf het en opgestaan het - sodat ons met ons halwe harte darem 'n kans het om eendag in 'n plek te wees waar daar liefde en omgee is ...
so Tant Stinnie ... as die plaas te alleen leeg staan, sal ons dit met liefde kom vul ... en ons hande is nie bang vir werk nie ...
wag ek moet nou eers weer aangaan, want al die kinderstjies moet kos kry en hulle is gister almal gestort en geborsel - nou moet ons hulle de-flea en wurmpies versoek om te loop ... en dan is daar ook Theo - ons enigste mense kind met die mooiste hart en hy face 'n groot challenge Tannie Stinnie ... Autism het hom kom omsingel .. maar ons loop le nie sommer nie ... ons het die moed en spoed van die plaas in ons bloed ...
kaalvoet-plaas-meisie van die hartjie van die Vrystaat,
nou ingeprop in die wreede-vuil oorvol staad!
Ah,WIlla!