Van spoke gepraat, hier is Antjie Patat se kostelike bydrae wat die woorddief gaan skaai het
My ma sê ek is met die helm gebore,
ek vries elke keer soos n pointer-hond as ek die woord helm hoor.
Ek wil niks sien nie, ek wil ook niemand sien nie,
en as ek iemand gaan gewaar wat in die ewige is,
verlaat ek my liggaampie opslag en riel-dans saam daai ene
die ewigheid in....
ek is bang vir spoke, ek kan ook nie wegbly nie,
en was in my jong dae die "Spookstorie verteller" in ons familie.
My anale-kanale lam gelag as die kleintjies so skrik en weghol
en nou, op hierdie jare, skrik ek my oogballe styf teen my bril-glase vas
as iemand my skrikmaak, lyk kompleet soos skeel litchies agter lense.
© Antjie Patat