Author Topic: Stylfigure - Speelse woordvernuf  (Read 5320 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Stylfigure - Speelse woordvernuf
« on: December 02, 2012, 04:58:42 AM »
©: Wie s'n was dit dan?

As woordmyne laf geword het
sou dit dan nie in my aard wees
om heen te gaan; te delf na vers-potte
waar woorde kunssinniglik bot
tussen lyne en ek dit poëties melk
soos A.G. Visser in verse, en dan
mýne maak op 'n lawwe eensin-grafskrif
as biografie vir die stugge toeskouers:

 "X 007       die woorddief"

In my soeke na inligting oor voorbeelde waar verskillende stylfigure in versvorm voorkom het ek op 'n erf beland waar ons ou meesters en ander skrywers se werk ontleed en gemeet is aan hulle speelse woordvernuf. Enkele van die woorde het my oog gevang en ek het dit in versvorm verwoord.

http://versindaba.co.za/tag/daniel-hugo/

Woorde waarmee gespeel is:
*woordmyne - bron van inspirasie vir geskrewe werke / teenoor mýne soos eie. (Woordmyne is dan ook my eie woord)

*Die sinoniem vir lawwe as 'vers-potte' is ook nadergesleep om die woordwa kreatief deur die drif te help trek.

*heen te gaan - tweeledige betekenis soos in 'ek sal nie sterf nie /ek sal aangaan en soek/delf' (soos my voorouers na diamante) vir woorddisse wat kunssinniglik in 'sinne groei' en weer kan blom; woordvrugte dra wat ek dan getrou in 007 se aard oes en bewaar (in versvorm gemelk) soos A.G. Visser dit beskryf in een van sy ligter gedigte.

*In die gedig word ook gespeel met die homonieme beitel van 'vers as strofe' en vers wat gemelk kan word. Asook 'bot/blom' en 'stugge vir bot'. En ook laf / sonder sout, en onbruikbaar.

*Die biografiese stelling van sou dit nie in my aard wees om heen te gaan en te delf kan ook as ironies beskou word. Eerstens sal dit voorkom asof die skrywer nie sal sterf as daar nie meer geskrewe werke beskikbaar is nie, en tog dui die grafskrif wel daarop dat die woordverslaafde dief in die stof gebyt het in die bewaringsproses.

*Die woordspel word afgesluit met die X wat dubbelsinnig gelees word as 'n erkenning/naamtekening ek's 007 die woorddief. En dit dui ook op die verganklike X as /verby/kapoet.

*Verskeie stamwoorde word gebruik soos bv. laf/lawwe. 'Sin' is ook in verskeie vorme deur die vers gebruik, soos gesien ook in die titel. 'Graf' is ook ontgin in biografie/grafskrif en beide stamwoorde word dan as gekombineerde woord 'eensin-grafskrif' ingespan.

*Die gebruik van my skuilnaam en die kopiereg-vraag-titel is dan ook 'n aanduiding dat hierdie werk gedeeltelik steun op 'geleende' woorde en die erkenning word dan so verdoeseld gegee.

Anders het die grafskrif gelees: © Hier rus die plagiaatwoordvraat - tot aan die einde nog woorde gesteel en bewaar - geensins (on)sinnig heen gegaan

 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stylfigure - Speelse woordvernuf
« Reply #1 on: December 02, 2012, 05:05:02 AM »
Twaalf lettergrepige Paronieme Strofe

Paronieme is woorde met dieselfde stam. Ek het van die woorde gebruik wat PM in haar uiteensetting by die klaskamer vir ons gegee het as voorbeelde.

Mamma-wees 'n amperse bomenslike taak,
veral as jy dit weer probeer as 'n oumens.
Sou hierdie kleinemensie bowenal, dan nog
effens koliekig ook wees; laat dit vir oupa
skoon mankoliekig soggens en arme ouma
onmenslik(vrou)koliekig in die donker tas!

© Meraai vannie baai

Riglyne vir die skep van 'n soortgelyke vers:

Twaalf lettergrepe in elk van die ses reëls. Daar is dan ook 12 lettergrepe in die struktuurnaam.

Met die laaste twee reëls het ek ook Paronomasia (die gebruik van homonieme as woordspeling) gebruik. Die woorde wat ek gebruik het was 'skoon' en 'in die donker tas'.

Die twee paronieme (mens en koliekig) wat ek ingespan het, word as 'n gekombineerde
tameletjiewoord in die laaste reël geplaas.
 


 

« Last Edit: December 02, 2012, 05:07:10 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stylfigure - Speelse woordvernuf
« Reply #2 on: December 02, 2012, 05:14:02 AM »
Rictameter met Klanknabootsing:

Lub dub
lub dub          lub dub
lubbe-dubbe-dub-dub
gallop jy uit pas voort...
en ek kry smarties in piepklein glasies:
"ammunisie teen die tydbom"
lubbe-dubbe-dub-dub
lub dub          lub dub
lub dub.
 
© Meraai vannie baai
 
*A gallop rhythm refers to a (usually abnormal) rhythm of the heart