Author Topic: Hoekom lid word van 'n forum?  (Read 8471 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoekom lid word van 'n forum?
« on: December 07, 2012, 05:22:17 AM »
Die afgelope 5 jaar is ek lid van 'n forum.  Ek het aangesluit omdat ek wou deelneem.  As 'n mens net wil lees hoef jy mos nie lid te word nie?
Hoekom sluit mense by 'n forum aan om nooit komtaar te los of saam te gesels nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #1 on: December 07, 2012, 08:48:13 AM »
 :hello:

Ek is skuldig hieraan. Ek het by 'n spesifieke forum aangesluit, omdat ek 'n groentjie met daardie onderwerp was en wou sien wat ander dink en beoefen en omdat ek gedink het ek moontlik iemand in my omgewing sou ontmoet wat dan dit saam met my kan beoefen. So vir kennis en a.g.v. eensaamheid. Gewoonlik kyk ek eers die kat uit die boom, voordat ek regtig begin om kommentaar te lewer. Ek het egter met tyd besef dat alhoewel ek met baie saamstem, ek 'n plek soek wat meer eklekties glo en doen. En verkieslik in my eie taal, sodat ek nie myself te erg hoef te bekommer oor grammer en tenses ens. nie.  Die spesifieke forum het egter 'n winkeltjie wat voorwerpe aanhou wat ek soms benodig en om te kan koop moet jy 'n lid wees. Ek het darem intussentyd 'n ander plek ontdek wat meer 'n sambreelterm behels en in Afrikaans is by Facebook. Dit is nog in die begin-dae vir my daar, so ek sê maar min en luister/lees meer.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #2 on: December 07, 2012, 11:24:15 PM »
 :icon_biggrin: Ek het nadat ek hier gelees het so skuldig gevoel, omdat ek stom by daardie forum is en ewe skielik uit die bloute het iemand by die spesifieke forum vandag vir my 'n boodskap gestuur. Nou het ek darem 'n ietsie gedeel daar. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #3 on: December 08, 2012, 05:47:26 AM »
 :icon_biggrin: Goed vir jou Fransi. 
Ek het maar net gewonder, (toe gaan die son onder  :angel4: )  ek het ook al by 'n ander forum aangesluit met die doel om aktief te wees, maar daar sit ek toe weke en wag en niemand gesels met my nie.  (Ook nie met mekaar nie)
As iets fout gaan (of ek dink daar is fout) dan steek ek altyd eerste hand in eie boesem om seker te maak ek self is nie die oorsaak nie.
So het ek al 'n paar boodskappies gestuur maar net drie briefies terug ontvang wat sê hulle is net toegegooi onder ander verplingtinge.  Dit kan ek verstaan.
Die laaste ses weke het ek self baie gesukkel met swak seine, dit verstaan ek ook.
Ek sit dikwels en wonder of die ouens nie verveeld raak met die onderwerpe nie, maar die teendeel is ook van toepassing.  Hoekom begin hulle nie onderwerpe wat hulle graag wil bespreek nie. 
'n Mens se gemoedstoestand het dalk ook baie daarmee te doen.  Ons weet almal as die "storms" in die Ooste opsteek vlug die muse Westekant toe, raak verdwaald en kom nie maklik terug nie.   :icon_biggrin:
Dalk kan iemand aan nog 'n rede dink oor hoekom mense lid wil wees van 'n forum, maar nooit deelneem nie. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #4 on: December 08, 2012, 01:58:39 PM »
As ek te veel van 'n leek voel, bly ek gewoonlik ook stil, totdat ek genoeg geleer het om darem 'n bydrae te kan lewer. Die internet voel soms bietjie vir my intimiderend. In die regte lewe kan jy nie-verbaal wys dat jy luister, saamstem ens. maar hier moet jy gesels- wat moeilik is as jou rol gewoonlik die van luisteraar is. Dan is daar ook die ding van as jy iets geskryf het, het jy dit geskryf en ieder en elk kan dit lees. 'n Mens moet dus mooi dink met elke ding wat jy skryf en soms is dit dan makliker om eerder net te lees.
Dan is daar ook die tyd-ding. Ek sal eerder aan slegs enkele forums behoort as om aan talle te behoort, want dit vreet wel baie tyd om kommentaar te lewer- vir my in elk geval. Dit sluit seker by bogenoemde aan. Soms lag jy uit jou maag uit vir die dinge wat jy lees, maar jy is nie self "witty" nie, so dan bly jy ook maar by die lees-deel.
Hmm, probeer nou aan nog redes dink, maar kry nie nog nie.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #5 on: December 08, 2012, 08:54:22 PM »
Ek hou daarby: "As ek niks het om te se nie, gaan jy nie hoor hoe ek dit se nie." Wat baie keer aan my krap is wanneer ek MOET skuldig voel omdat ek niks se nie.
Ek sal baie in 'n geselskap sit en net luister sonder om verbaal deel te neem. Dit is hoe ek is. Daar is egter altyd die een wat aanhou karring omdat ek stil is. Dan vat ek maar my goed en gaan huistoe. Ten minste kan ek daar in vrede stilbly.
Ongelukkig is 'n forum ook 'n plek waar mense gesels. Wanneer hulle oor onderwerpe gesels waarvan ek niks weet nie (soms baie interesant) bly ek stil en leer.
 :icon_bigsmurf: Stilte beteken nie ek is weg nie... Stilte beteken nie ek is kwaad nie... Moenie dinge in stilte lees wat nie gese is nie.
Stilte is soms goue oomblike. Kom ons omhels stilte en word ryk. Ryk in herinneringe, ryk in verbeelding, ryk in onthou van 'n vervloee tyd.
Ek kom ook baie keer hier kuier dan murmereer die stilte omdat al my vriende besig is. Dan is ek bly hulle spandeer tyd met hul geliefdes en dan maak ek maar weer die forumdeur spoorloos toe.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #6 on: December 08, 2012, 10:39:56 PM »
Ek is so met Naas ... stilte is nie noodwendig sleg nie
maar soms is stilte dood ... dan is die een aan die ander kant nie meer daar nie ... hoe sal ons weet as ons nie eintlik die asempies agter die skerm se mense ken nie ...
soms is stilte kwaaswees ... maar as hulle nie wil se hulle is kwaad nie ... hoe kan mens weet of die stilte dood of kwaad is ..... mens moet maar die skermpie dop hou en sien wat kom of wat kom nie ...
soms is die stilte net 'n seisoen van te veel te min tyd ...

en soms, is dit soos ek vandag ... wat my passwoord vergeet het ... ek moes toe maar die "ek het my password vergeet opsie" druk en wag vir die email na willa@willa.co.za om te se, jy kan nou maar re-set ... en ook nie die eerste keer wat ek dit regkry nie ... ek blame dit op die min slaap ha ha ha

soms is stilte dood eenvoudig net vrede ...  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #7 on: December 09, 2012, 07:26:28 AM »
Die onderwerp gaan eintlik net oor hoekom word mense lid van 'n forum as hulle  NOOIT  deelneem nie.  Woes het al oor die 17 000 lede en daar is nou weer, na 'n vreeslike gespook, miskien 10 wat deelneem.

Hier registreer minstens een lid per week, maar hulle gesels nie saam nie.  Jy hoef mos nie te registreer as jy net wil lees nie.  Hoe dan nou?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #8 on: December 09, 2012, 08:02:04 AM »
Dit het my nog nooit gepla nie. Ek het ook al geregistreer op forums en ander plekke en dan agtergekom dis nie juis waar ek wil wees nie en net nooit weer teruggegaan nie.
Hoekom sal ek mense mis wie ek nie ken nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #9 on: December 10, 2012, 05:24:42 AM »
Dalk skep die bewoording op ons forum se voorblad die indruk dat die ouens eers moet registreer voor hulle kan inkom om net saam te geniet?  :dontknow:

besoek die Forum
Nie lede moet eers aansoek doen. Vul die aansoekvorm in deur die aansoekvorm knoppie te druk. Weens die feit dat ongewensde elemente ook op die Internet rond kuier, moet almal wat wil deelneem, aansoek doen om lidmaatskap.
 


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #10 on: December 10, 2012, 08:42:05 AM »
Dalk is dit waar die groot probleem lê.  Ons sal daardie bewoording moet verander na:  Wees welkom om te lees, maar as jy wil deelneem, kom registreer gerus.  Of so-iets.   :angel4:

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #11 on: December 10, 2012, 11:28:12 AM »
Dalk is dit waar die groot probleem lê.  Ons sal daardie bewoording moet verander na:  Wees welkom om te lees, maar as jy wil deelneem, kom registreer gerus.  Of so-iets.   :angel4:



stem saam met die een

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #12 on: December 10, 2012, 09:40:30 PM »
Dit klink na 'n goeie plan PM.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #13 on: January 09, 2018, 03:24:33 AM »
Lees ek vandag oor 'n gas se skouer weer hierdie raak en nou wil ek gaan loer of die bewoording toe aangepas is of nie  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoekom lid word van 'n forum?
« Reply #14 on: January 10, 2018, 01:22:44 PM »
Raaitjie, ek het die afgelope jaar nog 20 lede geregistreer wat net nooit van hulle laat hoor nie, maar as jy oor van hulle se skouers loer dan sien jy hoe hulle inhoud aflaai sonder om te vra.

 
Om te weet is om te verstaan.