Author Topic: Die Kroeg se Tjoek  (Read 35536 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Die Kroeg se Tjoek
« on: December 05, 2012, 03:22:34 AM »
Lank lank gelede was daar 'n forumtronk waarin lede toegesluit was vir ABC oortredings. Die beskuldigde moes eers kroeg toe vir 'n ABC-dop en dan woordtjoek toe. Enigste manier om vrygelaat te word - 'n boetevers wat baie pret besorg het!

Meraai vannie baai betaal haar boete met 'n toebroodjievers:
  :notworthy:

Ons is nou almal in die tronk
want die tribe
wou mos bribe

En nou is ons regter bevonk

(PM en Trappies dankie dankie dat julle vir my gewag het hoor!

********

Piet Magriet:
Sal ons jou mos nooit in die steek laat nie Raaitjie!

Om in die tronk te sit is niks
'n paar proppies
'n paar doppies
en 'n goeie woordeboek as gids
nog 'n vaatjie
nog 'n maatjie
is wat nodig is om 'n judge te wiks.

*********

Hier kom die tjoekie-tjoekie trein,
Meraai van die baai het al weer gebraaib
en Diamantjie en die dief het gelieg
Ya'acov is baie bang vir die hof
hy is alweer besig om te beplan
hoe om die roomysbak by te dam
Klikkie wil nie sê nie want hy wil nie hê nie ...
of is hy nou, besig om getuienis te weerhou?

Ya'acov:
*hierdie is geskryf as skulderkenning nadat ek gevang is dat ek een-enkel-lyn plasings pos

Ek slaan my oë op na die blaaie
wat het ek gedoen
ek het die blad se reëls
sonder om te dink verdoem.

Waar sal die lewe eindig
as elkeen maak soos hy wil
wat reëls met gemak verwyder
en reken dis nie vir hom geskryf.

Elkeen wat onder enige reël val
moet besef hy sal
eendag moet verduidelik
hoekom hy die spesiale geval wou wees.

[skulderkenning voor vonnis oplegging = geen rekord]

Hierdie is die tweede keer
wat ek myself verweer
hierdie keer nie so seer
want hierdie keer is dit weer.

Ek wou graag weet wat die Diamant daar sê
en wat die Diamand dan hou hê
maar geen verskoning is genoeg
al was ek baie moeg

ek was weg en keer terug
sê toe "Hallo" vanaf die brug
maar die boodskap kon sy nie vind
weggewaai in die wind.

:sign10:
*Die jurie het besluit dat hierdie DWW's (drie-woord-wurm) as omkoopgeld aanvaar sal word

juenka:

epos
ontvang
vandag

tronkstraf
koffie
bitter

skryf
gou
hier

vryheid
nou
tersprake

Lorraine:

O
hallie
ha!!!

Wat
doen
ek?

Hoe
doen
ek?

Omkoopgeld
is
beskikbaar

Diamantjie en die dief:
Straf is straf! Hiers my boete. My partners in crime kan kom bylas:

Diamantjie was tog alte dors
Te veel geproe aan sout droewors.
En toe sy water wou gaan drink
Kon sy geen enkel druppel skink
Die watergat was dor en droog
Maar toe gewaar sy die forum oog
Sy dink opslag aan 'n gawe plan ...

Piet Magriet:

Toe kom PM daarby
en sê sy vir my
'n Roomys is net die ding
om 'n deur oop te sing...

Maar Trappies het probeer
om vir Juenka te keer a humm
maar dit het die hele nag geduur
en hul kry nie 'n kuur a hummm
die twee sit net daar met hul arms om mekaar ah hummm...

Diamantjie en die dief:

En toe die roomys klok eers lui
Was dit vir Badproppie verby
Sy het die sleutel afgehak
En nou's ons almal in die ...SOP!

bertha badprop:

ons is drie (of vier of vyf of ses)
ons is dronk
ons is pelle in die tronk

nou die wyn
dan die kyn
dan die bottel brandewyn...

if this is love
i'll take a hamburger

Regter Willa, almal se borg is betaal,
kan jy nou seblief ons uit die tjoekie uithaal?

****************

Gisteraand was ons Brad Pitt,
nou's ons spierwit!

Wys jou net, as jou kop dom is
moet jou lyf suffer ... wys bietjie daai tattoo PM!

Het iemand 'n blikkie groen ambulans (cream soda?)
daar's 'n hewige dors wat met die bliksoldaatjies in my kop baklei!

PM laat ons gaan,
hierdie tronk besigheid
is nie goed vir my bloeddRink nie

Piet Magriet:

Die groenkoeldrankies is vir babalas.
Die rooikoeldrankie is 'n "bloody mary".
Dit is my "skud my uit die walms uit".

Ek is die forumbekkie en ken nooit my plek nie.
Ek veg vir my pel met omkoopgeld en
toe sit die forumregter my op ys en dit oor ‘n roomys
Nou kom ek groot skuus sê of my bene sal hier bly lê
agter slot en grendel maar ek belowe plegtig
ek sal nie weer nie, tot volgende keer nie.

« Last Edit: December 05, 2012, 03:30:08 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #1 on: December 05, 2012, 07:20:26 AM »
 :icon_biggrin: Ek het dit nou geniet!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #2 on: December 05, 2012, 07:23:07 AM »
en ek!  Dit was soveel pret en ek dink hierdie bydrae kan die goue medalje wen. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #3 on: March 14, 2013, 01:34:06 AM »
Ek is besig om te loer na die drie-woord-wurm struktuur om te sien hoeveel plasings ons het en kom toe weer op hierdie af  :hello2: PM ek stem - dit is medalje gehalte!  :hello2: :notworthy: :icon_salut: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #4 on: September 14, 2013, 09:40:57 AM »
Hier grou ek vanoggend al die lekkergoed uit.  Hierdie moet beslis boek drie toe!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #5 on: September 19, 2013, 10:13:26 AM »
 :icon_cheers: Ek geniet dit elke keer wat ek dit lees. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #6 on: September 19, 2013, 10:49:40 AM »
Ons het darem soms vet pret gehad.  Dit sal weer gebeur, die wiel draai mos.   :icon_biggrin:

Ek het hierdie gou kom oppik vir die nuwe boek nog sonder naam.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #7 on: June 16, 2015, 06:05:09 PM »
Ai, lees ek daardie pret van daardie dae hier raak.  Ek sit waarlik en tjank!!! :crybaby2:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #8 on: June 16, 2015, 11:04:43 PM »
Dit was van die wonderlikste dae in my lewe Anastasie. Huil sommer saam jou  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #9 on: June 22, 2015, 10:54:51 AM »
Kom ons lag liewers en doen dit weer!   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #10 on: June 22, 2015, 10:56:08 AM »
Ja, Jipppppiiieee!   :wav:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #11 on: June 22, 2015, 11:32:35 AM »
Ek het nog die kroeg se sleutels  :headbang:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #12 on: June 22, 2015, 12:31:15 PM »
(Kyk links, regs en weer links)

Nou bring daai sleutels, sjoe, dis stowwerig hier.  Ons moet ons prioriteite regkry, ons moet ten minste 5 glasies afstof.  Die res van die werk kan wag vir later.

Die kroeg se sleutel was lank soek
En leeg die stoel in elke hoek
Die uithangbord is skeef gewaai
Totdat Meraai weer hier kom draai

Knirs knars sluit sy die deur weer oop
Begin ons gou weer sappies stook
Naas, kom en braai vir elk 'n tjop
Dan skink ons glase vol met dop

Hier hou ons gou weer gou reunie
(Moenie dat die diaken sien nie!)
Kom, bring jou glas, en kuier saam
Kom pen jou woorde langs jou naam!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #13 on: June 25, 2015, 10:44:11 AM »
O flippen hoender (kop)
hier brand ek nou die tjop
van suie aan my dop.
Om in 'n kroeg te staan
met net jou G-string aan
laat al wat kook in vlamme gaan
want net een dop se skop
en Oupa Naas
is hoenderkop

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Kroeg se Tjoek
« Reply #14 on: June 25, 2015, 11:33:43 AM »
 :hello2: :toothy4:

O Griet Verdriet, hoor my lied
hier kom 'n ding al slingerend.
Ons kroeg is weer oop en algar die koop
op verskrediet, terwyl doppe se proppe
alte jolig teen die kroegplafon vasskiet
stof Meraai gou vir Naas en Anastasie
'n glasie af en giggel verspot tussen elke hik.
 
 :headbang: