• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die Kroeg se Tjoek

Started by Meraai vannie Baai, December 05, 2012, 03:22:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Anastasia

Verbrande vleis laat my nie skrik
(Ek gee heel vroulik nog 'n hik)
Solank dit nie jou vingers is
Wat brand, gedoriewaar gewis!

Ek trek nou al by versie twee
En sal gemaklik nog twee gee
Vir daardie nektar van die gode
Lekkerste vrugte mos verbode.

En klap ek hande in die lug
Want soveel maters kom weer terug
Om sommer net hier saam te lag
(Ek wonder waar die ander wag?)

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek wonder saam, dalk as ons hard genoeg sing kom hulle loer  :icon_biggrin: :icon_bigsmurf: Sing is nou een ding wat ek NIE kan doen nie.

Naas

Al wat tussen my en 'n sangloopbaan staan is my stem. Ek het die looks en die persoonlikheid maar nie die stem nie. Ek is nie baie musieklik nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Tra la la la la .... Naas, jy kan maar net die bas wees vir agtergrond.  Hie hie.  Is die forum altyd so stil?  Gedorie dis jammer.  Maar jy crook, jy moet hier verder by ons versie byvoeg as jy hier wil kekkel.   :evil5:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

O gatta-patatta,
ek het 'n pyn,
skink daar vir my 'n glasie rooiwyn!

Welkom hier in die kroeg.  Julle moet net onthou dat daar net 'n paar van ons is wat toegang hier het.
As julle van iemand weet wat moet aansluit kan julle net skrou, dan skryf ek gou 'n toegangskaartjie vir daai
maatjie van jou!

Ek sal seker net my valstanne ook gaan uitgrou en afstof.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

#20
Nou is ek weer hierdie innie kroeg
Maar vir woorde nog nie moeg
Ek sal hulle vandag maar tel
Voor iemand weer kwel
Oor wyn oor die tikker gespoeg.

Ek staan hierdie by Kaap L'agulhas
Die water kom tot by my kniee
Maar ek verloor die rym
Want hoogwater kom eers later.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dan skink ons maar solank vir jou ook 'n glasie wyn!
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Die stoele raak al amper vol
Is daai sowaar 'n dagga zol?
Elkeen raak nou op hul gemak
Kom ons praat nog so bietjie ... nonsies

As Naas se rympies nie meer rym
En op sy bier dryf lekker skuim
Hang ek  hier in die kroegie rond
En praat met julle lekker ... nonsies
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Die water het gestyg
Nou laat die koue my na asem hyg
My onderstel het gekrimp
Tot kleiner as 'n shrimp

Ek staan so en bewe
Soek net Obie's vir oorlewe
Gooi vir my 'n stywe dop
Voor ek die emmer skop.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

Terwyl jou anatomie so krimp
En jy vir Old Brown Sherry skimp
Laat ons jou tog nou maar verlos
Hier's Sherry - en so bietjie kos

Pasop net met die kleine shrimp
Wat al hoe kleiner, kleiner krimp
Al se die mense dat dit hul nie traak
Maak 'size' nog regtig werklik saak!
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

So van size gepraat
Ry ek langs die see se straat
Kom hierdie Groot wit voël
En los 'n spierwit koël
Vol op my kar se ruit
Soos 'n tattoo wat nie weer uit
As ek daai voël kan vang
Gaan hy kaalgat aan my spieëltjie hang.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anastasia

 :bunny: :bunny: :bunny: :bunny: Lekker lag ek nou.  Ons is darem maar lekker verspot.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

Ek bulder alweer onvroulik, die koue verdryf deur julle humorsin.
:icon_biggrin: :love7:


Meraai vannie Baai

Fransi, jy is beboet matertjie. Slegs 'n versie gaan jou loslaat  :love7:

Anastasia

Fransi moet 'n versie praat
Anders gaan ons haar nie weer loslaat
Kom plak jou versie gou gou hier
Kom wys jy is 'n sportiewe dier

Die groot wit kol op Naas se ruit
Het nou sy digters siel kom stuit
Skink dan maar gou vir hom 'n dop
Dalk kort hy maar net daardie skop

Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!