Anseliza: Die Forum Kroeg'n Klomp skrywers saam
sommige met 'n skuilnaam
het besluit mens kan nie skryf
met 'n nugter lyf
Welkom elke kroegvlieg
Hier kan jul lekker lieg
Maar in dronkverdriet bieg
vir wat se drank is jy lief
Van shooters tot hardehout
laat geen skrywer koud
woorde word mee gespeel
oppas dat dit nie meer dinge teel
Die kroegmeisies skraps geklee
bring baie opmerkings mee
tog maak dit niemand verlee
niemand drink in die kroeg tog tee
Pret giggel en lag
Gee almal sommer krag
om lekker te kuier
sonder 'n masker of sluier
Tyd vir gekskeer gewis
sonder enige onnodige getwis
skrywers word vir gek uitgekryt
tog sal dit nie die kroeg se deure sluit
bertha badprop:met cola en cleavage op die brein
staan die manne buite en verkluim
almal hier om die forum-vroutjies te beloer
en dit net voor hulle almal se tongetjies sloer
klippies en cola, brandewyn en bier
kom hier jou handsome, ja kom en sit hier
ek is dalk nie mooi nie maar na bier ses
lyk ek dalk net soos jou eie padda prinses
na 4 soggens waggel almal hul tuis
verdwaal 'n paar in die soeke na hul huis
die dronk word op woorde o wat 'n fees
dis lekker om hierso 'n ge(mis)bruiker te wees
En toe raak die tonge nog losser en begin die Drankbare Brielsusters sing PS:Ek het hierdie lirieke eers op 'n ander rak in die skuur gehad, maar dit nou in die woordkroeg kom uitstal
Piet Magriet:Hier's sy weer,
hier's sy weer,
met haar rooirok voor jou deur,
sy gaan jou doop, sy gaan jou doop,
al val jy driemaal van jou stoel
dan staan jy op,
sy gaan jou kry!
(Die
biere bure wou toe al vir PM betaal om stil te bly, toe dig sy maar ander noot voort verder)
Enige Tequila is goed vir my,
soveel as moontlik
so gou as moontlik!!
Eish,
ek het al 'n paar keer afgeval.
Eers van die lag
en toe van die gesuip!!
Oeee!!
Ek laaaiik syp,
ag ek bedoel suip!!
Amper val my valstanne
in my dop!
Keer! Ag dis te laat, daar val ek al weer af!!
SueEe:en Ant Bessie sing....
"Skoppel-maai, skoppel-maai..."
o nee, dis mos 'n kroeg en sy's geswaai....
en die song klink nou skoon anders....
Gawelina: Nuwe Nasionale VolksliedVader Jaaaaacob, Vader Jaaaaacob
waar's jou vrou, sê my gou
watter ene soek jy
hulle is o baaaaaaaie
ek is moeg
dood geploeg.
Vader Jaaaacob, Vader Jaaaacob
stort jy noooog, stort jy nooooog
dit sal jou niks help nie
kieme laat hul nie keer nie
dis klaar in
binne -in