• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

My hart - Suid-Afrika

Started by PM, December 04, 2012, 10:07:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Vier seisoene     wat kontrasterend teen mekaar afspeel
wat verandering     'n gegewe maak.
Die dissa en kraanvoël     ook die blom
proteas teen die berg se hang
haak en steek en kremetart in die veld
doringbome op die vlaktes,
en wilgers op die rivier se oewer,
kleimure en dekgras, 
berge     valeie     heuwels
see en woestyn.
Sonsopkoms en weer onderdergaan,
skemer- en oggendlig,
aand- en môrester,
die melkweg     die suiderkruis     suikerbosrand
en die maan. 
Die springbok     koedoe     bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.
Dan wil ek ook onthou-
die roep van Piet my Vrou.
Vetkoek     pannekoek
koesusters     mosbeskuit     biltong en boeretroos. 
Dit is my hart     my land     my Suid-Afrika. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Pragtig geskryf. Soveel mooi rondom ons en soveel kosbare herinneringe.

adele

dit roep pragtige beelde op   :hello2: 

:grommit:   
adéle  :grommit:

PM

#3
Dit is so eie, so Suid-Afrka!  So kontrasterend!  Ek lief my land en sy mense! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ekke kom nederig 'n kroon op hierdie lyne plaas matertjie!!!! Lief dit. Jy het werklik die witspasie skryftegniek, vervolmaak!!  :notworthy: :icon_salut:

PM

Dankie Raaitjie.  Hierdie woorde het sommer net gevloei sonder om te dink of 'n jota of titel te verander.  Dalk kort dit 'n bietjie "spoegies".
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Not te tiekie kort dit ietsie! Lief hom soos hy uit jou pen gevloei het  :notworthy: :icon_salut:

Ah Willa

Dis prag verby na heelmooi-se-mooiste-mooi! 

ek wonder net hoekom:

"volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal."

het jy Jannietjie fiksaal met 'n hoofletter .. maar arme volstrus en patrys, troupant en fsiant en die rooikophoutkapper in nederigheid behou met klein letters


maar ek lief die gedig ... en selfs ek kon die witspasies LEES en VOEL ... of jy het gegroei of ek het geleer ... of dalk altwee  :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek het gedink Jannietjie is 'n naam, dink julle dit moet 'n kleinletter wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dit is 'n naam en ek dink hoofletter is dus gepas!

Fransi

Hierdie bly vir my 'n pragwerk. Net weer kom lees. :-)

Ah Willa

Natuurlik is dit gepas ...
net gedink Volstruis is Volstruis se naam
en Patrys is Patrys se naam soos
Jannietjie fiskaal se naam is .... maar dis reg

ek lief die gedig nes dit is ... ek het ook weer gelees  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie Fransi. 
Ek hoop ek is reg Willa, die slimmes moet maar kom praat. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

.....
Die springbok     koedoe     bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.

ek dink die kleinletters is reg want onthou, jou reel begin met 'Die' en eindig dan net met een spesie wat 'n regte naam het en dit mooi afsluit.

kyk ook hierna...

"haak-en-steek" moet dalk strepies kry anders beteken dit niks want dit lyk asof dit ook twee begrippe moet wees? ook "Piet-my-Vrou"

"Sonsopkoms en weer onderdergaan,"

"koesusters"  moet wees koesisters.

en ek hou net meer van jou gedig, sou sommer met 'n ! eindig.


:grommit:
adéle  :grommit:

PM

 :hello2:  Baie dankie Adéle!  Ek lief jou.  Gaan gou die nodige veranderinge aanbring en dit dan weer kom plaas.  Baie dankie matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.