Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on December 04, 2012, 10:07:13 AM
-
Vier seisoene wat kontrasterend teen mekaar afspeel
wat verandering 'n gegewe maak.
Die dissa en kraanvoël ook die blom
proteas teen die berg se hang
haak en steek en kremetart in die veld
doringbome op die vlaktes,
en wilgers op die rivier se oewer,
kleimure en dekgras,
berge valeie heuwels
see en woestyn.
Sonsopkoms en weer onderdergaan,
skemer- en oggendlig,
aand- en môrester,
die melkweg die suiderkruis suikerbosrand
en die maan.
Die springbok koedoe bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.
Dan wil ek ook onthou-
die roep van Piet my Vrou.
Vetkoek pannekoek
koesusters mosbeskuit biltong en boeretroos.
Dit is my hart my land my Suid-Afrika.
-
Pragtig geskryf. Soveel mooi rondom ons en soveel kosbare herinneringe.
-
dit roep pragtige beelde op :hello2:
:grommit:
-
Dit is so eie, so Suid-Afrka! So kontrasterend! Ek lief my land en sy mense!
-
Ekke kom nederig 'n kroon op hierdie lyne plaas matertjie!!!! Lief dit. Jy het werklik die witspasie skryftegniek, vervolmaak!! :notworthy: :icon_salut:
-
Dankie Raaitjie. Hierdie woorde het sommer net gevloei sonder om te dink of 'n jota of titel te verander. Dalk kort dit 'n bietjie "spoegies".
-
Not te tiekie kort dit ietsie! Lief hom soos hy uit jou pen gevloei het :notworthy: :icon_salut:
-
Dis prag verby na heelmooi-se-mooiste-mooi!
ek wonder net hoekom:
"volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal."
het jy Jannietjie fiksaal met 'n hoofletter .. maar arme volstrus en patrys, troupant en fsiant en die rooikophoutkapper in nederigheid behou met klein letters
maar ek lief die gedig ... en selfs ek kon die witspasies LEES en VOEL ... of jy het gegroei of ek het geleer ... of dalk altwee :coffee2:
-
Ek het gedink Jannietjie is 'n naam, dink julle dit moet 'n kleinletter wees.
-
Dit is 'n naam en ek dink hoofletter is dus gepas!
-
Hierdie bly vir my 'n pragwerk. Net weer kom lees. :-)
-
Natuurlik is dit gepas ...
net gedink Volstruis is Volstruis se naam
en Patrys is Patrys se naam soos
Jannietjie fiskaal se naam is .... maar dis reg
ek lief die gedig nes dit is ... ek het ook weer gelees :love7:
-
Dankie Fransi.
Ek hoop ek is reg Willa, die slimmes moet maar kom praat.
-
.....
Die springbok koedoe bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.
ek dink die kleinletters is reg want onthou, jou reel begin met 'Die' en eindig dan net met een spesie wat 'n regte naam het en dit mooi afsluit.
kyk ook hierna...
"haak-en-steek" moet dalk strepies kry anders beteken dit niks want dit lyk asof dit ook twee begrippe moet wees? ook "Piet-my-Vrou"
"Sonsopkoms en weer onderdergaan,"
"koesusters" moet wees koesisters.
en ek hou net meer van jou gedig, sou sommer met 'n ! eindig.
:grommit:
-
:hello2: Baie dankie Adéle! Ek lief jou. Gaan gou die nodige veranderinge aanbring en dit dan weer kom plaas. Baie dankie matertjie.
-
lees ek weer deur en voel sommer die laaste reel met meer emosie [net my gedagtegang]
Dit is my land my hartland my Suid-Afrika!
:grommit:
-
Hier het ek dit reggemaak soos jy voorgestel het Adéle. Baie dankie vir jou wakker oog matertjie. Sê net as daar nog iets fout is. Ek het eers gebloos en toe lekker gelag vir my haak en steek. :icon_biggrin:
My hart - Suid-Afrika
Vier seisoene wat kontrasterend teen mekaar afspeel
wat verandering 'n gegewe maak.
Die dissa en kraanvoël ook die blom
proteas teen die berg se hang
haak-en-steek en kremetart in die veld
doringbome op die vlaktes
en wilgers op die rivier se oewer,
kleimure en dekgras,
berge valeie heuwels
see en woestyn.
Sonsopkoms en weer ondergaan,
skemer- en oggendlig,
aand- en môrester,
die melkweg die suiderkruis suikerbosrand
en die maan.
Die springbok koedoe bosbok en eland,
volstruis en patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.
Dan wil ek ook onthou-
die roep van Piet-my-Vrou.
Vetkoek pannekoek
koesisters mosbeskuit biltong en boeretroos.
Dit is my land my hartland my Suid-Afrika!
-
Ekke wil nou nie snaaks wees nie, maar :
Dit is my hart my land my Suid-Afrika.
het vir my meer na gedruk hoe belangrik dit alles is ... dis nie net die land wat ter sake is nie maar ook die hart
in Adele se voorstel is dit nou net die land wat saak maak en nie meer die hart nie ....
Ek persoonlik verkies die oorspronklike weergawe - vir my se dit baie meer as Dit is my land my hartland my Suid-Afrika!
Dit is mý hart mý land mý Suid-Afrika
Dit is my land my hartland my Suid-Afrika!
-
Ek hou daarvan om alle insette te kry. Ek sal hoor wat seg die ander ouens. Baie dankie Willa.
-
:angel12:
-
ek hou ook van die insette - dis intersant om te sien hoe elkeen se werk dan groei ...
en dis ook lekker om te sien hoe elkeen die selfde diamand ervaar :love7:
-
Dit is so Wils, ons verskil almal van mekaar en elkeen het sy eie voorkeure. Dit is 'n spesiale voorreg om jou werk te kan plaas en die ouens gee hulle inset sodat jy breër na die saak kan kyk en 'n beter keuse kan maak. Ek bloos bloedrooi as ek "terug kom aarde toe" en ek sien hoeveel nalatige foute ek gemaak het.
As ek skryf is ek op 'n ander planeet mos! :icon_biggrin:
-
ek dink ek ken daai planeet :toothy4:
-
Die een is nou boektoe. Dankie julle ouens vir al die hulp.
-
:icon_biggrin: ekke ken selfs daai planeet se susterplaneet ook ... het ook al so hoog gedink van 'n skrywe of twee van my ... o alla gedorie, :toothy4: tot Eben dit met my deurgewerk het :nono: soos net die onderwyser in hom kan doen en soos jy se' PM, daai terugkom aarde toe ... coffee2:
en mag ekke nog 'n klein veranderinkie noem? :icon_scratch: is daardie "dissa" 'n heideblom? soos in "disa" skuus ek dit nie ook annerdag opgemerk het nie...
:grommit:
-
Hallo lief Adéle, ek het jou gemis.
Die disa is 'n orgideë wat hoog bo in die berge groei. Dit is rooi en het drie blare, is ook die Noord Transvaalse rugbyspan se kenteken.
Baie dankie, ek het daai een gemis. So 'n stoute essie wat 'n tweelingsustertjie nodig het! :icon_biggrin:
Dankie vir jou wakker oog sustertjie.
Dit lyk nou so:
My hart - Suid-Afrika
Vier seisoene
wat kontrasterend teen mekaar afspeel
wat verandering 'n gegewe maak.
Die disa en kraanvoël
ook die blomproteas teen die berg se hang
haak-en-steek en kremetart in die veld,
doringbome op die vlaktes
en wilgers op die rivier se oewer,
kleimure en dekgras
berge valeie heuwels
see en woestyn.
Sonsopkoms en weer ondergaan,
skemer- en oggendlig,
aand- en môrester,
die melkweg die suiderkruis suikerbosrand
en die maan.
Die groot vyf,
springbok koedoe bosbok en eland,
volstruis patrys,
troupant en fisant,
rooikophoutkapper en Jannietjie fiskaal.
Dan wil ek ook onthou-
die roep van Piet-my-Vrou,
vetkoek pannekoek
biltong en koesisters mosbeskuit en boeretroos.
Dit is my hart my land mý Suid-Afrika!
© PM
-
ek hou ook meer van jou eerste 2 reels in twee as in een reel.
mmm ... en biltong kort 'n 't'
:grommit:
-
Ag toggie Pieternella! :`ip2:
Dankie Adéle, dit was nou pure nalatigheid van my. Skuus matertjie.
-
Ek lees nou eers hier en gaan krap waar dit nie jeuk nie.
My broer se naam is Jannie met 'n hoofletter. Die oomblik as ek sy naam gebruik om 'n dier of voël te noem word dit met 'n klein lettertjie geskryf. Bv. jan fiskaal (jannetjie fiskaal wat se verkleinwoord eintlik jan fiskaaltjie is maar ek lief die gebruik van jannetjie fiskaal.) En verder gebruik ons piet my vrou (klein lettertjie)
Om dinge verder te bemoeilik. As ek 'n jan fiskaal wyfie het as troeteldier en ek noem haar Grietjie is sy Grietjie jan fiskaal.
Kortweg, jan fiskaal is die spesie daarom nie hoofletter nie maar as ek 'n spesiale individu van die jan fiskaal familie het en ek noem hom Jan, dan is sy naam Jan die jan fiskaal.
:icon_bigsmurf:
-
Ag jy weet dan dat ek elke insetsel, elke komtaartjie en elke stukkie hulp wat ek kan kry hoogs waardeer.
Jy bly my mentor en my leermeester. Baie dankie vir die hulp.
Tog bekyk ek hierdie gediggie so en ek wonder wie dit geskryf het. :icon_biggrin: