Author Topic: Woordjuwele uit eie oord  (Read 22699 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Woordjuwele uit eie oord
« on: December 02, 2012, 02:41:56 AM »
PM:
* ... gryp jy nou my hartsnare en draai dit in 'n hartjie!   

* Ek sien gereeld vir Saartjie Baardman in die spieël.

Willa:
* ... 'n portjie in die hand en 'n appletjie op die skoot - nou that is life! 

Elizabeth:
* Ons knyp al ons tone, duime en vrinners (soos die Gr. Eentjie gesê het!) styyyyf vas!

Trapsoetjie:
* Ek is nou so opgerol soos 'n tolbos wat wag vir 'n windjie. Agghrrr.

Adele:
* ...ek staan nog toon-inni-sand.

Angelica:
* My 'paadjie' in my brein is besig om grassies oor te groei.

Fransi:
*As ek stil raak en lyk asof ek wegraak, roep asseblief net my naam en ek sal wel probeer dink aan iets om te sê. :-)

Naas:
* Gesels gister met my vrou se ginikoloog. Weet hy my te probeer oortuig dat 'n barmoeder nie 'n kroegmeisie is nie.  Wil jy nou meer. Sewe jaar geleer en nog steeds dom...

Louis weka:
* Daar bestaan nie so 'n ding soos iemand wat die werking van 'n vrou se kop ken nie. Dis 'n myth - pie in the sky.

Gawelina:
* Hier kruip Gawie nader.  Nog effe deur die blare - the morning after the night before - julle weet mos.

Bloubefoeterd:
* Tyd is 'n skelm swerkater. Moenie agteruit in die toekoms inloop nie jy gaan struikel en val.

Meraai:
* Grynslag ek kwart-voor-nege vir julle!

Wêrelde Weg:
*... al hierdie woorde maak my kop deurmekaar al wat ek sien is mooi mooi...


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #1 on: December 02, 2012, 03:36:35 AM »
Willa: Tensy iemand my sponsor om weg te gaan, bly ek net hier.
   
Angelica: Ons is maar net mens en as die jas oor jou skouers val, val hy swaar.

PM: Ek sit so alleen, tot my skaduwee het my verlaat!   

Naas: Mans raak vooruitstrewend van te veel eet, vrouens kry agtergrond.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #2 on: December 02, 2012, 04:02:08 AM »
My goeie ou vrind Joe Mulder het die volgende idiome kwytgeraak:

Wit ooghare soos 'n creameryvark
 
Klein koppie soos 'n siek tier
 
Haasbek soos 'n waenhuisdeur
 
Groot gat soos 'n petroldrom
 
Dun nekkie soos 'n present kierie
 
Hang gevreet soos 'n saalsak
 
Groot hande soos 'n piesangtros

 














Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #3 on: December 02, 2012, 04:05:37 AM »
Naas:
Klein koppie soos 'n dowe katjie

Klein koppie soos 'n partytjie frikkedel

Dom soos 'n deurstopper

Knypknieë soos ’n grooteier-koei

So dronk soos 'n spook

Lieg soos 'n tandetrekker/ prokureur/ politikus

Wye neusgate soos ’n flou perd

Groot ore soos ’n bakoond

Wye voete soos 'n werfmakou

Wegstaan-voortande soos ’n stalvurk

Hol toonnaels soos ’n soplepel

Hol wange soos ’n toegeslane brood

Skurwe pote soos ’n vleipatat

Kort en dik soos ’n petrolblik

Bak ore soos 'n vandisie koei

Krul hare soos 'n vandisielam

Hang gesig soos 'n vandisiedonkie

Uitstaantande soos 'n vandisierot

Hier en daar tande soos 'n vandisieklavier

Groot neusgate soos 'n vandisievark

Skerp gesig soos 'n kwartpond kaas

Lang gesig soos 'n donkie wat afdraend vreet

Lang kop soos 'n bazaar brood

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #4 on: December 02, 2012, 04:07:00 AM »
Naas: Solank die Kaap Hollands is kry jy my nie in Zululand nie. Ek weier om in daai slaggat te trap.

 Manlike vorm van PMS is stingelstress

PM: Mooi was nog nooit lelik nie en lekker was nog nooit sleg nie!

Lox: My ouma het altyd geseg " cut your nose en spite your own face"

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #5 on: December 02, 2012, 06:58:09 AM »
Gaweline:   oeee ek was gisteraand uitgedraai soos 'n zol

Lorraine: Oink! Nou is ek weer so gelukkig soos 'n vark in Ploemfotein!

Piet Magriet: My bankbestuurder kruip op sy knieë voor my:  Ag asseblief Mevrou, kan u nie asseblief net een ou betalingkie maak nie!   Asseblief!   En hy kruip  SY   knieë deur.  Ha-haa!

Naas: My bankbestuurder sê nou die dag ek kan maar sit. Nee wat, sê ek, ek is gemaklik so op my knieë.

Moenie lat iemand dit hoor nie maar daar was 'n tyd wat ek ook my lyf probeer verkoop het. Dit hettie gewerk nie, ek moes inbetaal.

Ek is mos maar 'n depressiewe optimis en dink partykeer terug aan die goeie ou dae toe daar nog 'n noorderlig geskyn het, voor aardverwarming. (onthou selfs nog my laaste gesprekke in die hospitaal voor die dooie see sy laaste asem gelaat het.) En dan vat die verlang my aan die keel.

Soms is die ou grootsmurf so skerp soos 'n spelonkwindjie. Jy weet mos daai windjie wat uit die suide waai en deur man se broek gaan sonder om 'n gaatjie te los.

Hulle sê as jy 'n strooitjie in 'n hond se skzouz druk kan hy nie kompressie opbou om te blaf nie want sy wind gaan agter uit.  Nou as ek diep maagdelik lag knyp ek alle uitgange toe en lag met ALLES wat ek het.

Gat-tussen-die-knieë se i-pod/telefoon het ook 'n draad... na sy ore waar daar ekstra niks is.

Ons het 'n persiese mat gehad. Ek wonder wat daarvan geword het want as ek op hom kon sit sou ek ook seker Persiese kwatryne kon skrywe. En as ek nou nog 'n persiese pen gehad het... en 'n persiese kat. Oeee! 'n persiese kat.

Ek hoor dan die persiese katte vry net in kwatryne

My mond water die kole dood

Nou pomp my hart sjampyn en my ogies swem vol goudvissies lat die rooi op my se wangetjies skyn. 

Moet ok weer my toonnaels nuwe dulux oprol.

Ns. En my oortjies gloei asof iemand hul nounet gedraai het.

Ek hoor die Sa Posdiens het eers laasweek Paulus se briewe aan die Phillipense afgelewer.

Ek verpes Vrydagge. Hulle is hopeloos te naby aan Maandagge

Ek het in my testament geskryf as ek my laaste asem blaas moet hulle my in my bed los, die buurman se hond sal my die volgende oggend wakker kry.

Mens gooi mossie rooi koeldrank en dan steek jy jou talente onner die vaatjie weg nie. Jy moes die bure se reaksie sien. Hulle was so opgewonde ek het vanmore twee paar nuwe skoene en ons hoef vir twee maande nie weer tamaties te koop nie. (As my vrou die lees bel sy die AA)

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #6 on: December 02, 2012, 07:22:49 AM »
Gesegdes: saaN
* Maak soos 'n haas en vul die plaas

* My koppie raas mos partykeer soos 'n sokkerhoring.

* Julle laat my nou sommer toon innie sand voel en ek het net vanoggend 'n nuwe lagie dulux op my toondeksels gerol.

* Ek lig my kedotjie in erkinning vir grootsheid.

* Op my ouderdom vlieg die tyd mos in 'n Jet.

* Gaan nou katel toe slinger

* Ek haal my vrou se valstande uit voor ons gaan slaap.
 
* Peacefull sleep is goeie beskerming teen mislikkekiete.

Gesegdes: Juenka
* saaN jy is darem nog die skerpste potlood.

* Dit is kroeg praaitjies daai. Jy sal maar tussen die bene lyne moet lees.

Gesegdes: Gaweline

* Woes is hy inderdaad, maar nie wildewragtag woes nie.

* Om 'n vraag met 'n vraag te antwoord is deel van my "trade".

* Ok ma lekka stupid!

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #7 on: December 02, 2012, 08:28:19 AM »
Oeeee ek het hierdie nou geniet, maar nou gaan ek eers maak soos beesmis en in die pad val. Hie hie hie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #8 on: December 02, 2012, 02:32:13 PM »
Dankie Raaitjie, dit is nou voorwaar Sondagvermaak vandag. 

Ek het hierdie bydrae van Blouetjie vele male gesees en elke keer hou ek weer stil daar.
Bloubefoeterd:
 Moenie agteruit in die toekoms inloop nie jy gaan struikel en val.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #9 on: December 04, 2012, 12:35:25 AM »
Bloubefoeterd som dit perfek op ne!! Lief dit net so. So van liefde geskryf: Tot my vreugde spyt moet ek erken jy was alweer die slagoffer van 'n woorddief  :icon_bigsmurf: :notworthy:

 

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #10 on: December 04, 2012, 08:26:01 AM »
Ek is nou so bly oor die vermaak uit toeka se jare, ek vry sommer 'n dinosaur oop mond. Maar terwyl ons nou so tong innie kies verkeer, dit bly maar 'n lekker plek om te plak op hierie forum.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #11 on: December 04, 2012, 08:32:37 AM »
Hê-hê, tong in die kies ja! 

Jy is reg Naas.  Raaitjie sorg ook altyd vir 'n verrassing! Nou verstaan julle hoekom ek die forum so lief lief lief. 

Dankie Raaitjie, ek lief dit! 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #12 on: December 04, 2012, 11:07:54 PM »
Annie:

 *Agteros kom ook in die kraal
Hy is te prakties gebore om verder te leer en val sommer die volgende dag al in by die spoorweë.

*Jy is die ligstraal in my lewe:
Hierdie sunshine werk nou nie so lekker saam met die moonshine likeur nie

*Anders kan jy met hulle toor:
Hulle (mans) moet ook kan huil, anders raak hulle bebotterd.

*Naief:
 Hy is soos ‘n oop boek, maar die bladsye is leeg (blank)

*Geheimsinnig:
Hy is soos ‘n toe boek, hy lees nie eers homself nie.

*Baie praat:
Hy praat so baie, tot die weerkaatsing in die spieël gesels terug.

*Tweestryd:
 Hy kan nie eers met homself saamstem nie.

*Eensaamheid:
As jou mensejas met lugleegstes gevul is.

*Onnosel:
Hy is so toe, nie eers 'n liggie brand daarbo nie (in sy top story nie)

Die ligte is aan maar niemand is tuis nie.

Verlief wees:
 Hulle het gaan wandel / Hy kyk haar leepoog aan

*Pakslae:
Jy gaan streepsuiker kry of laat die rottang praat!

*Koue:
Vannag ryp dit tussen man en vrou.

*Hierdie koppie het 'n gat in (as koppie tee of kopikofi heerlik smaak en te gou opgedrink is.)

 






 


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #13 on: December 04, 2012, 11:16:47 PM »
Piet Magriet
*Mense wat in glashuise woon, moet nie met klippe gooi nie:
Mense wat in glashuise woon moenie kaal rondloop nie.

*Goedkoop is duurkoop:
Goedkoop is al wat ek kan bekostig!

*Grootpraat:
Moenie die kraan so wyd oopdraai nie.

Meraai vannie baai:
*Waar die hart van vol is:
Julle is kranige siele as die water begin loop ne ... ek lief dit!

Draai oop daardie krane susters, draai oop, laat die ABC vloei en die woordskure vul!

Adelhaide:
*Die kool is die sous nie werd nie:
Die water is die kraan nie werd nie

*Tjankbalie:
Haar krane is alweer oop.

*Skindernuus:
Modder uit die kraan

SueEe
*Ek is nou so kwaad ek kan slange vang:
My tweede naam is Magnesium en dit (gebeurtenis) was die aansteker!

*Jy dink ek is onder ‘n kalkoen uitgebroei:
Jy dink ek weet nie die kerkhoender is ‘n haan nie!

Ek weet ‘n mielie het die potensiaal om ‘n sak stampmielies te word!

Ek weet die hoender en die eier het voor die eier en die hoender gekom!

*Selfde foute oor en oor:
Hy is met 'n helmet gebore want hy maak aanmekaar droog en kry seer sonder om te leer uit sy foute.

*“saggies praat is duiwels-raad:
Julle praat so tot die duiwel skaam raak.

*Trou is nie perde koop nie:
Geen toetsrit vir hierdie merrie nie.

*ledigheid is die duiwel se kopkussing:
Jou horings gaan aan die kussing vasgroei as jy nie nou iets doen nie!

*moenie slapende honde wakker maak nie:
Ag nee man, moet jy nou weer die hele buurt wakker maak.

Sjuut, Wagter slaap.

*soos ’n volstruis sy kop in die sand wegsteek:
Passop, jy gaan nog olie raakboor.

Hy kyk alweer of sy boorgat droog is.

*Jy het 'n los mond:
Daar is geen geheime tussen die vat en die wyn

Daar is geen geheime tussen die druiwe en wingerdstok

Daar is geen geheime tussen die wingerdstok en die wyn

*As die kat weg is, is die muis baas:
En dan loop almal môre met 'wit muis' op hulle mou rond en dink hulle lyk kief!  

*So skaars soos hoendertande:
So skaars soos soetkoek op ‘n kerkbasaar.

*eens in ‘n bloumaan: (once in a bluemoon)
Die dag as twee mane een hemel deel. (letterlik as jy twee keer ‘n volmaan kry in een kalender maand)

*blou Maandag:
 Ja-nee, my dag is nou nie juis rooi nie.

*die dag as die perde horings kry:
Die dag as jy die perde van die bye kan skei. (perdebye)

*as die pôpo die fan strike:
Die dag as die wind self die koring van die kaf skei.

Haai, kan ek maar die fan aansit?

*so arm soos ‘n kerkmuis:
So arm soos ‘n ongelowige in Rome.

*Elke pot kry 'n deksel:
'n Skewe deksel kan nie reg gewys, gepraat, gehelp, gebid of reg gemoer word nie! Hulle het 'n skewe pot nodig!
« Last Edit: December 05, 2012, 12:11:36 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordjuwele uit eie oord
« Reply #14 on: December 04, 2012, 11:22:46 PM »
Toe ek vanoggend die poskoets inwag, skitter hierdie woordskatte wat 007 laaaank gelede tussen die lyne van maters gegaps en bewaar het, weer daar. PM het dit ergens uitgegrawe en vir my aangestuur. My forumfamilie: ek lieffff julle en vandag het julle eie woordjuwele my weer van vooraf verlief gemaak op my taal!!

Naas:
*Ek verlang terug na die souspotte van Egipte:
Lê ek dan nou vroegoggend deur my sonde slaap ontneem en hou ek saam met jou straatpartytjie. En ek onthou van nie lank geleë wat ons sommer hier so forum langes 'n eierwit styf geklets het.

Dinge verander onveranderd voort en los heimweë in hul spoor.

*Wie is nou weer die vark in die verhaal?
Watter drommel slaap nou weer vanaand by die hond?

*Job se geduld:
'n Bietjie Jobsous is goedkoper op die moermeter as petrol.

*So by my kool:
Bring ek nou die koutjie by die tand!

*Ons bibber van die koue:
Ek slaap weer in my seebed met my scubauitrusting aan hier in die Kaap. Net my snorkel steek uit.

*Aardjie na sy vaartjie:
Elke hol isme is oorerflik. As jou oupa nie kinders gehad het nie en jou pa het nie kinders gehad nie gaan jy ook nie kinders hê nie.

*Moenie in sake krap wat jy niks van weet nie:
Moenie in my swembad pee nie, ek swem nie in jou toilet nie.

*Noag se dae:  
Lank terug, so kwart voor die runderpes.  

*Iemand se gedagtes te kan lees:
Julle sien dwardeur my soos deur 'n Windowlene venster.

*Jy speel kat en muis met my:
In ons dae was 'n muis iets wat die kat so nou en dan gevang het en vandag sit almal met een in die hand nê.

*Kloutjie by die oor bring:
Nou kan ek die kalkwater by die uitgroeisel bring en die pun verstaan.

*Is daar al 'n broodjie in die oond?:
Na drie jaar se oefening het ons 'n pragtige dogtertjie ryker geword en toe sy vier jaar oud was het ons 'n boetie gaan vang sodat sy kan popspeel.

*Hulle is die appel van my oog:
Die twee is die pynappel in my vrugteslaai.

*Dit reën katte en honde:
Dit reën nou verouderde tuiste-ingeneurs met stofsuiers hier by ons.

Dit reën Bantoe dames met wandelstokkies.

Ma se gesegde. "Dit reën en dis nat en die water die spat, maar mamma bak pannekoek."

 

« Last Edit: December 04, 2012, 11:27:03 PM by Meraai vannie Baai »