Gedigte gemerk met *TGG is deur die woorddief saamgestel uit skrywersmaters se lyntjiekuiers en kommentare. Goedgunstelike toestemming vir die bewaring van hierdie kombuisverse, is djares gelede verkry
SueEe: 'n Dieët wat werk, werk soos volg:
Vet is die aanpaksels
van skuldgevoel
as jy eet en geniet.
Dws.
Eet en geniet
sonder skuldgevoel
en geen vetjie
sal 'n vastrap plekkie kry,
op enige
van die natuurlike handvatsels;
wat die liggaam besit nie.
So, anyone for seconds?
©
Naas:Ek het in een dag van 126 kg aaklige vet ontslae geraak toe ek my seketaresse gefire het ...
so sop vir julle!
©
Meraai vannie baai:Soet
op
die
rooie
lippies,
ewig
om
die
ronne
heupies!
©
Piet Magriet: 'n Regte RissiepitEk eet knoffel
uit selfverdediging!
Jy weet, as ek saam stink;
dan ruik ek nie
die ander se stink!
Ek speel net,
is vreeslik lief vir:
rooipeper
knoffel
gemmer
en kaneel.
Hoe sterker die kos
hoe lekkerder!
Dit is waar ek
my "gif" vandaan haal:
'n Regte rissiepit!
TGG ©
Lorainne: KnoffelroomysEk is mal oor roomys
en ek is mal oor knoffel.
Maar die twee saam?
Ek sal my kop moet laat lees!
Vir so 'n resep sal 'n mens
jou kop moet krap,
maar ek dink die meeste mense
sal hul koppe skud daarvoor.
En nog 'n klomp
sal dink dat mense
wat knoffelroomys eet
van hul kop af is!
TGG ©
Piet Magriet (PM): KolwyntjieAs geluk meel was,
'n glimlaggie - bakpoeier,
Vertroue - eiers
& liefde - suiker...
Was jy 'n besonderse heerlike kolwyntjie.
Hannes sê ook hy is nou so lus vir sooibrand, hy eet sommer 'n kolwyntjie!
Meraai vannie baai: PotjieskosPotjiekos is nes 'n vrou ...
mens moet baie geduldig wees
en as jy die pot te warm maak
kry jy moeilikheid!
As jy te vinnig prut
trek jy stompies uit,
as hy te stadig prut
druk jy die stompies weer in.
'n Pot maak sy eie musiek en ritme
jy moet dit leer ken!
TGG © (Oud Minister Pik Botha se woorde)
Naas:Meraai.
"As dierbaar 'n glas was,
'n glimlag ys
liefde brandewyn
en bedagsaamheid Coke.
Dan was jy een moerse lekker dop!
En ek,
dan was ek permanent getwarra."
©
Gietertjie: Op my grafsteenHier lê Gieterjie
eienaar van een pot
en tot die dood uitgehonger
Bigfoot:Groentesop en varsgebakte vetkoek
is eintlik ‘n gawe gedagte vir vandag
en pannekoek vir nagereg
is ook ‘n rein gedagte!
TGG ©
Gawelina:Vandag;
gaan ma,
'n slag kook!
Rys, vleis,
aartappels
en pampoen.
Ek
hoop
ek
kan
nog!
Gewoonlik
eet
ons
bybels -
Elke dag
die kos
geoffer sien.
TGG ©