Die Afrikaanse Forum

Woordskuur => Verskombuis => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 01, 2012, 11:08:23 PM

Title: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2012, 11:08:23 PM
Gedigte gemerk met *TGG is deur die woorddief saamgestel uit skrywersmaters se lyntjiekuiers en kommentare. Goedgunstelike toestemming vir die bewaring van hierdie kombuisverse, is djares gelede verkry  :book1:  :notworthy:

SueEe: 'n Dieët wat werk, werk soos volg:
Vet is die aanpaksels
van skuldgevoel
as jy eet en geniet.
Dws.
Eet en geniet
sonder skuldgevoel
en geen vetjie
sal 'n vastrap plekkie kry,
op enige
van die natuurlike handvatsels;
wat die liggaam besit nie.
So, anyone for seconds?
©

Naas:
Ek het in een dag van 126 kg aaklige vet ontslae geraak toe ek my seketaresse gefire het ...
so sop vir julle!
©

Meraai vannie baai:
Soet
op
die
rooie
lippies,
ewig
om
die
ronne
heupies!
©

Piet Magriet: 'n Regte Rissiepit
Ek eet knoffel
uit selfverdediging!
Jy weet, as ek saam stink;
dan ruik ek nie
die ander se stink!
Ek speel net,
is vreeslik lief vir:
rooipeper
knoffel
gemmer
en kaneel.
Hoe sterker die kos
hoe lekkerder!
Dit is waar ek
my "gif" vandaan haal:
'n Regte rissiepit!
TGG ©

Lorainne: Knoffelroomys
Ek is mal oor roomys
en ek is mal oor knoffel.
Maar die twee saam?
Ek sal my kop moet laat lees!
Vir so 'n resep sal 'n mens
jou kop moet krap,
maar ek dink die meeste mense
sal hul koppe skud daarvoor.
En nog 'n klomp
sal dink dat mense
wat knoffelroomys eet
van hul kop af is!
TGG ©

Piet Magriet (PM): Kolwyntjie
As geluk meel was,
'n glimlaggie - bakpoeier,
Vertroue - eiers
& liefde - suiker...
Was jy 'n besonderse heerlike kolwyntjie.
Hannes sê ook hy is nou so lus vir sooibrand, hy eet sommer 'n kolwyntjie!

Meraai vannie baai: Potjieskos
Potjiekos is nes 'n vrou ...
mens moet baie geduldig wees
en as jy die pot te warm maak
kry jy moeilikheid!
As jy te vinnig prut
trek jy stompies uit,
as hy te stadig prut
druk jy die stompies weer in.
'n Pot maak sy eie musiek en ritme
jy moet dit leer ken!
TGG © (Oud Minister Pik Botha se woorde)

Naas:
Meraai.
"As dierbaar 'n glas was,
'n glimlag ys
liefde brandewyn
en bedagsaamheid Coke.
Dan was jy een moerse lekker dop!
En ek,
dan was ek permanent getwarra."
©

Gietertjie: Op my grafsteen
Hier lê Gieterjie
eienaar van een pot
en tot die dood uitgehonger

Bigfoot:
Groentesop en varsgebakte vetkoek
is eintlik ‘n gawe gedagte vir vandag
en pannekoek vir nagereg
is ook ‘n rein gedagte!
TGG ©

Gawelina:
Vandag;
gaan ma,
'n slag kook!
Rys, vleis,
aartappels
en pampoen.
Ek
hoop
ek
kan
nog!
Gewoonlik
eet
ons
bybels -
Elke dag
die kos
geoffer sien.
TGG ©


Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2012, 11:19:52 PM
Piet Magriet:
As ek klaar gekook het
is al wat oorbly om te was 
die borde en eetgerei!
As Pa of die seuns gekook het
staan die wasbaktot teen die dak vol!
Die vloere is besmeer,
die oond is vuil en die stoofblad
lyk te naar!
Ook nie 'n skoon vadoek in sig nie!
Eish!!!
Maar -
ek lief hulle!
TGG ©


bertha badprop:
Dis gewoonlik nie die kosmaak
wat my onderkry nie,
dis daardie skoonmaak
na die tyd ...
TGG ©

Mel:
Ek hou nie baie daarvan nie …
dit is te bleddie eensaam
so alleen in die kombuis.
Ek freak myself
partykeer so bietjie uit
om dit meer interesting te maak!
Dan imagine ek,
ek is op 'n cooking show –
en dan kook ek
'n hond uit 'n bos uit.
Ek het al gewonder
hoe ek moet lyk
as iemand my
deur die kombuisvenster
moet dophou!
TGG ©


Linnie:
My hanne
is rond vir kosmaak,
maar ek het 'n engel
en haar naam is Aggie
dis net naweke
wat die familie
aan my genade
oorgelaat is
en dan
bedel ek nog saam ook,
net een Mac D's
die Kolonel,
of plat Italiaanse kaasbrood
asb asb.
TGG ©

Lorraine:
Ons het almal 'n Kook en Geniet verhouding.
Die mans (my man en seuns) kook -
en ons (ek en skoondogters) geniet!
Darem nie altyd nie
maar die manne
in my lewe
is mal oor kosmaak
en dit pas ons
soos 'n handskoen!
Afterall ...
ek het my share van kookgehad!
TGG ©

Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2012, 11:57:58 PM
KREATIEWE TONG-IN-DIE-KIES RAAD:
*Hoe om 'n sigaret-brandmerk op jou duur mat te herstel
1. Neem 'n suurlemoen en sny dit met 'n mes middeldeur.
2. Druk die sap uit in 'n groot glas wat met helfte jenewer en helfte tonikum gevul is.
3. Voeg ys by.
4. Drink genoeg sulke glase totdat die brandmerk op die mat uit fokus begin lyk.
5. Skuif dan die sitkamerbank oor die merk.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Goselynn:
Ek het 'n baie oulike paste resep en dit is ongelooflik goedkoop en sal elke sak pas.
Selfs al is jy hoe platsak.
Dis 'n spesiale italianse pasta resep en dit sal sommer help met die ekstra paar lastige kilo's
You walka pasta da grocerie store...
...You walka pasta da ice-cream shop...
...You walka pasta da coffee shop...
...You walka pasta da veggie-stand...
...You will loosa all a da weight...
Geniet die pasta....

MEL: Hoe om 20kg in een week af te skud
Maandag:
Ontbyt: Halwe koppie flou tee
Middag: Halwe pruimedant
Aand : 1 Mossieboud (oondgebak)

Dinsdag:
Ontbyt: Gekapte krummels van een roosterbrood
Middag: 1 doughnut gaatjie (sonder suiker)
Aand: Lees 'n resep vir gebraaide kalkoen deur

Woensdag:
Ontbyt: 1 duifeier (gekook)
Middag: 6 papawersaadjies
Aand: Bye knieë in suurlemoensap gemarineer

Donderdag:
Ontbyt: 10 tamatiepitte
Middag: 1 nawel van 'n lemoen
Aand: 3 aartappel-ogies

Vrydag:
Ontbyt: 2 kreefvoelers (suig net)
Middag: 1 gekookte skoenlapperlewer
Aand: Sopaftreksel van 'n jellievisbeen

Saterdag:
Ontbyt: 4 gekapte piesangpitte
Middag: 1 goudvisvin (liggies gekook)
Aand: Geroosterde miggieboud

Sondag:
Ontbyt: Ingelegde suikerbekkietong
Middag: Prima-rib van 'n paddavis
Aand: Geroosterde springkaanboud

Maandag:
Bel vir AVBOB en tref begrafnisreëlings


Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 12:00:29 AM
KENNIS EN WYSHEID
Kennis is om te weet 'n tamatie is 'n vrug.
Wysheid is om dit nie in 'n vrugteslaai te
gebruik nie.

Jeanette:
Al ooit gewonder hoekom Eva die verbode vrugte geëet het????
Dis omdat sy nie `n Vriendin gehad het nie.
As sy `n Vriendin gehad het, het hulle WYN gedrink,
TJOKLITZ geëet en nie met die blêrrie slang gelol nie !!!!

~~~~~~~~~~~~~~~~

HUMORISTIESE BYDRAE AANGESTUUR DEUR CHRISTA VAN NZ
PAPPOT VRIENDIN:

* Het jy ook 'n pappot-vriendin? So 'n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut? Jy weet presies wat onder haar deksel aangaan en jy maak nie die pap te dik aan nie.
RYSPOTJIE VRIENDIN:
* Sy is lief vir skinder en jy vertel haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop sy oor.
DRUKKOKER VRIENDIN:
* Sy's die bekwame leier wat talle take op haar skouers neem en alles vinniger en beter as ander kan doen. Maar, selfs sy raak soms onder te groot druk en as sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot.
DUBBELKASTROL:
* Die afhanklike een wat net kan funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk verrig.
PAN VRIENDIN:
* Sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder 'n deksel nie en steek 'n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm.
Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van jou potjies 'n plekkie op jou rak.
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 12:03:16 AM
Rina Greeff: Lamentasie van die huiskok
Skoon borde, leeg geëet:
‘n huiskok wat weereens sweet
oor môre se kook en kosmaak;
idees is weg, …het net opgeraak!
“Eenhonderd-en-een resepte met maalvleis” of
“Vyftig wenresepte met hoender” of
“Dertig baaskok-resepte vir die lui kok” of
“Twintig kits-etes met elk net vier bestanddele” of
“Tien beproefde resepte uit die jare toet” …
Ag, asseblief tog, net EEN uiteet is ook goed!!
©

Rina Greeff: Roereier
Die eier se wit en se geel
vurk ek vinnig, behendig
heen en weer…,
maar die kleinste, klein stukkie dop
ontglip my meesterlik
keer op keer…:
…hoop maar net dié grrrts se byt
is nie vanoggend in mý ontbyt…!
©

Laurinda Le Roux: Resep
Die reuk vat my terug
na Ouma se kombuis;
aartappels, vleis, rys en pampoen
Daar was niemand in die wêreld
wat dit presies soos sy kon doen…

Dit gaan nie oor hoeveel sout
of hoe lank jy dit kook
dit gaan nie oor die botter
en of jy dit stook

Die resep loop so:
‘n bietjie liefde
‘n knippie omgee
‘n handvol lag
‘n milliliter traan
Van alles net genoeg
en selfs die sterkste
sal voor die versoeking swoeg!
©

sonja brink: Bon apetit (vir Ian)
Kyk bietjie op in die hemelblou kom:
blomkoolwolkies en ‘n suurlemoenson
Pluk ‘n vars happie van die reënboog se kleur
dompel dit liggies in vroegreën se geur
Verfris laatmiddag jou moëe pallet
met ‘n pers en oranje sonsak-sorbet
Nagereg bestaan
uit sprinkelsterre en ‘n soet skyfie maan
Vee nou af jou mond en bêre jou servet
dat die kosmoskelners die tafel nuut kan set
By die aardkafee hier onder
kan jy eet en eet en jy bly steeds honger
en jy kan maar opstaan en loop na elke morsige maal
die planeet sal self die rekening betaal
©

Tebseil: Met Komplimente aan die Kok
Skoene uitgeskop! ek is ‘n kok!
gesondheid uit die grond-uit
ure voor die stoof
voel soms afgesloof
is drie uur in die oggend
tuis by die huis
is gedaan, maar maak nie saak
is deel van my bestaan
dank die Vader vir die werk,
is so beperk!
kan sonder dit nie aangaan
vir kokke is daar nie fooitjies
die salaris is nie veel
in die veiligheid van my nessie
kan die fooitjies my nie skeel
die grootste beloning, is die gaste se bekroning!
“met komplimente aan die kok”
Dit gee my weer skop!!
©Tebseil – Oktober 2008

Freek struwig: Kinderspyse
My ou kleintjie, Knoppie Kop,
eet jou vleis en boontjies op,
ook jou rysies en pampoen,
dan kry jy 'n lekker soen!
Groot en sterk wil Kindjie word,
glad nie maer en ook nie kort,
dan moet jy jou wortels eet,
ook nog kool en lekker beet!
Die spinasie kan jy laat -
dalk doen dit jou baie kwaad!
Eet jou poeding my klein kind,
jy kan nêrens beter vind!!
©

Mostertsaadjie: Pannekoekweer
Dit reën daar buite en die aarde koel af,
‘n ligte gedruis begin van ver af te werkskaf.
‘n Voëltjie tjirp vrolik hoog in ‘n boom,
die grond word met ‘n silwer waterdoek omsoom.
Groot reëndruppels blink helder op groen blare,
die tuine word gevoed deur dik waterare.
Hier en daar kruip ‘n diertjie beskermend weg,
diè hemelse seën is so welkom, verfrissend, eg.
Soos wat die reën daarbuite strelend neerdaal,
laat ek my gedagtes toe om stil te verdwaal.
Ek herroep herinneringe van knus en warm wees,
die soete geur van pannekoek uit my kindwees.
Ek word oorweldig deur ‘n sterk verlange na kaneel,
na die aroma van tye saam met ‘n gesin gedeel.
‘n Nostalgiese terugblik wat aan my hart pluk,
en ‘n welkome traan wat ek bekend terugsluk.
Terug in die hede is wat ek nou my besluit maak,
om herinneringe te skep wat my eie gesin raak.
Vanaand is die aand van pannekoek met suiker en kaneel,
wat ek, knus en warm, welkomend met my eie wil deel.
©

RUDI COETZER 'n Gedeelte geleen uit: Freezeframe ( 40 )
Die sonneblomme
Van Gogh in die blompot
op die twaalfsitplek-eetkamertafel,
keurig gedek
vir die sondagmiddag maal.
Die gaste kom
direk na kerk
nog gekraag en gedas.
©

 
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 02, 2012, 12:52:05 AM
Lorraine: Kaal(gat) kos:
Ek kou elke keer
my polse as ek iets
in 'n degie wil braai!
As ek klaar is,
lê al my degies
binne die pan,
en my kos
is kaal(gat)!
TGG ©

JJordan: pikante affêre
toe vinkel vir koljander met fennel vang vry
raak die twee gekrui en aan’t kasty
toe het almal fyn en flenters geval
het nie een spesery meer op die rak gebly
©

bek vol jam
vars gebakte brood
ouma se korrelkonfyt
kraak-soet-lekker-hap
©

proe...
Uit Rudi se proe, proef en probeer inisiatief!
beter as
Jamie & Nigella
en die Food Channel se gespys
pikant en keurig gekrui
proe ek jy
ou traanoog ui!
©
ns: Ons duld nie die tong van Hilda de Kock!

BERG:
wat wil jy hê
vra sy my terwyl
sy my in die oë kyk
haar hand bewe effens
ek dink dit is
haar eerste keer
ek hou daarvan sag
dit moet smelt
in my mond
maar tog ferm wees
meneer sê sy
ons fillet is die sagste
en smelt op die tong
en as meneer varser wil hê
sal ons die blêr
ook nog bysit
©

Rina Greeff: Vraag en aanbod
Die enigste stukkie
wors in die huis
verbrand sy
boos-astrant
pikswart
tot as
en
wonder
of dit die rede was
waarom hy
by die buurvrou
gaan eet het
en wat hy
en sý geëet het…
©

Rina Greeff: Want hulle éét so lekker…
Die skynbare sukses
van ‘n koek-en- tee
is die fyn balans
van genoeg riempielywe
wat hul neusoptrek-nee
aan al die soete verleiding kan gee…;
van genoeg van die voller figuur
wat die roomvol-mond
skuldig met die mou afvee…
As al dié “left overs”
van skuldgevoel se skelm sluk
die gasvrou keelvol laat verstik,
sien sy met skok die “out-size”
label op haar eie broek gedruk…
Daar‘s geen suksesvolle koek-en-tee:
daar is net tee…!
©
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 04, 2012, 12:02:21 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Homenhaarblomenblaar-1.jpg)
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on December 04, 2012, 12:13:00 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/DSC00527.jpg)

Die pad na 'n man se hart loop deur sy pens
so word vertel; maar ek verskil van hulle.
Die pad na Outop se hart loop deur sy lens!
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on December 04, 2012, 12:42:40 PM
Hierdie bydraes is ook kosbaar verby Raaitjie.  Baie dankie matertjie, dit het weer groot pret verskaf. 
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on March 16, 2013, 11:06:36 AM
En hier stap 'n baie tevrede gas weg met 'n hele uitgedrukte resepteboek!  Ek wens die gaste wat die forum so geniet en gebruik wil kom lede word en saam gesels. 
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: werelde weg on March 16, 2013, 01:39:28 PM
die pad van n man se hart loop deur baie kaaie ...
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on April 08, 2013, 04:41:38 AM
Dit is nariglik waar in sommige gevalle WW  :icon_biggrin:
Die pad na hierdie ouvrou se hart loop met kronkelspore reguit na my spens en Outoppie wis dit alte goed  :icon_bigsmurf:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/kersligenpastei.jpg)
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on April 09, 2013, 11:42:05 AM
Heerlik.  Ek verkoop my eersgeboortereg vir so 'n pasteidegie. 
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on April 15, 2013, 02:01:09 AM
Verskuilde Vers van PM  :headbang: :bootyshake:

PM Prosedeer

Spiere en kliere,
senings en lewers;
alles wat afval -
dit kom in die wors.

Dit is taai,
dit is vet;
dit is vieslik -
dit is nou maar wors!
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: Meraai vannie Baai on April 19, 2013, 04:02:38 AM
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Edensevrugte.jpg) (http://s847.photobucket.com/user/raaitjie/media/Edensevrugte.jpg.html)

My hand was vanoggend klaar uitgesteek om die laaste 2 appels tuin toe te neem vir die gevlerkte vrinne,
toe ek sien hoe trots die kaktus met sy 'verlepte vrugte' spog. Met die klikbekkie ingespan, het dit nou
ook 'n plek gekry in ons 'Verskombuis'.
Title: Re: "Kom-proe-saam-poësie"
Post by: PM on April 19, 2013, 05:10:35 PM
Pragtig Raaitjie.