• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die laaste sê

Started by PM, November 29, 2012, 08:38:08 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Sy sak op haar knieë neer op die groen gras
haar bene wil haar nie dra nie
rou snikke ruk haar wese uitmekaar
hoe sal sy lewe sonder hom
ag Here, wat het ek tog verkeerd gedoen
dat U ook nou my jongstes weg stuur
stadig glip haar hand in haar sak
en vou om die koel 9mm kolf
een knal fel die laaste sê
"Here was dit wat U wou hê?"
weergalm die klowe.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Sjoe! woorde maak 'n prentjie. Prentjie tref diep. Trefslag ruk besinning terug. Sit ek maar weer my eie kolf neer en ploeter voort.
Is dit wat ek wou he?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Lekker om jou raak te lees Naas.   :hello2:

'n Mens kry nie altyd wat jy wil hê nie.  Dalk is dit net verantwoordelikheid wat jou daarvan weerhou. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek sal jou daarop antwoord in die kroeg.
Het gistraand die laaste vraestelle klaar gemerk. moet net gou toesig klaarmaak. Praat namiddag weer.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Die hare op my lyf staan op gelid, reguit soos soldate. Respek. Liefde. Simpatie. Empatie. Emosies onbeskryfbaar vloei deur my.  :love7: :notworthy: Jou woorde het my weer laat onthou. Lankal toe ons jongste seun vir ons kom kuier het op die plasie in Suid Australia - toe hulle weg is, le sy spore in die stof op die veranda. Sak ek net daar neer, soos jy. Kon dit nie oor my hart kry vir dae om daai stoep te vee  :crybaby2:

PM

Jy verstaan dan!   :love7:

Vir maande nadat Damian weg is het ek ook net om die handpalmafdrukke teen die glasdeure gewas.
Waarheen lei die paaie?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Deksels, nou het ek my kroegstorie vergeet...  :icon_scratch: :crybaby2:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Nou bak jy kluitjies met modder.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

Is werklik net iemand wat self daardeur is wat rêrig êrig verstaan

Rainier

Eish, dis diep , roer my tot trane, ek voel vir Meraai van die Baai.

PM

Dankie Rainier.  Skryf jy nie ook gedigte nie? 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

PM laat my geheue teruggaan na baie baie jare gelede. Dit is waar my gedig Genade vandaan gekom het.

PM

Dankie Ans.  Mens het soms baie ondersteuning nodig om al jou varkies op hok te hou.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Ek weet PM ek was daar. Een van die moeilikste dinge wat 'n ouer deurmaak.

Rainier

Ek is bang vir gedigte skryf,PM, mens moet kop hou en 'n kop hê voor jy daarmee peuter, meeste mense op die forum roer my tot trane met hulle gedigte, ek speel gereeld met my sakdoek as ek die goedjies lees.Dan is daar weer die mense wat my laat lag dat die trane loop.