Author Topic: Die laaste sê  (Read 6926 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die laaste sê
« on: November 29, 2012, 08:38:08 AM »
Sy sak op haar knieë neer op die groen gras
haar bene wil haar nie dra nie
rou snikke ruk haar wese uitmekaar
hoe sal sy lewe sonder hom
ag Here, wat het ek tog verkeerd gedoen
dat U ook nou my jongstes weg stuur
stadig glip haar hand in haar sak
en vou om die koel 9mm kolf
een knal fel die laaste sê
"Here was dit wat U wou hê?"
weergalm die klowe.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die laaste sê
« Reply #1 on: November 29, 2012, 09:00:24 AM »
Sjoe! woorde maak 'n prentjie. Prentjie tref diep. Trefslag ruk besinning terug. Sit ek maar weer my eie kolf neer en ploeter voort.
Is dit wat ek wou he?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die laaste sê
« Reply #2 on: November 29, 2012, 09:37:10 AM »
Lekker om jou raak te lees Naas.   :hello2:

'n Mens kry nie altyd wat jy wil hê nie.  Dalk is dit net verantwoordelikheid wat jou daarvan weerhou. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die laaste sê
« Reply #3 on: November 29, 2012, 10:01:24 AM »
Ek sal jou daarop antwoord in die kroeg.
Het gistraand die laaste vraestelle klaar gemerk. moet net gou toesig klaarmaak. Praat namiddag weer.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die laaste sê
« Reply #4 on: November 29, 2012, 11:36:26 PM »
Die hare op my lyf staan op gelid, reguit soos soldate. Respek. Liefde. Simpatie. Empatie. Emosies onbeskryfbaar vloei deur my.  :love7: :notworthy: Jou woorde het my weer laat onthou. Lankal toe ons jongste seun vir ons kom kuier het op die plasie in Suid Australia - toe hulle weg is, le sy spore in die stof op die veranda. Sak ek net daar neer, soos jy. Kon dit nie oor my hart kry vir dae om daai stoep te vee  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die laaste sê
« Reply #5 on: November 30, 2012, 07:50:02 AM »
Jy verstaan dan!   :love7:

Vir maande nadat Damian weg is het ek ook net om die handpalmafdrukke teen die glasdeure gewas.
Waarheen lei die paaie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die laaste sê
« Reply #6 on: November 30, 2012, 08:27:19 AM »
Deksels, nou het ek my kroegstorie vergeet...  :icon_scratch: :crybaby2:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die laaste sê
« Reply #7 on: November 30, 2012, 10:45:33 AM »
Nou bak jy kluitjies met modder.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Die laaste sê
« Reply #8 on: November 30, 2012, 01:05:17 PM »
Is werklik net iemand wat self daardeur is wat rêrig êrig verstaan

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Die laaste sê
« Reply #9 on: October 19, 2013, 08:01:22 PM »
Eish, dis diep , roer my tot trane, ek voel vir Meraai van die Baai.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die laaste sê
« Reply #10 on: October 21, 2013, 11:03:26 AM »
Dankie Rainier.  Skryf jy nie ook gedigte nie? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die laaste sê
« Reply #11 on: October 22, 2013, 03:31:59 PM »
PM laat my geheue teruggaan na baie baie jare gelede. Dit is waar my gedig Genade vandaan gekom het.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die laaste sê
« Reply #12 on: October 22, 2013, 04:27:55 PM »
Dankie Ans.  Mens het soms baie ondersteuning nodig om al jou varkies op hok te hou.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die laaste sê
« Reply #13 on: October 22, 2013, 04:32:22 PM »
Ek weet PM ek was daar. Een van die moeilikste dinge wat 'n ouer deurmaak.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Die laaste sê
« Reply #14 on: October 24, 2013, 04:19:43 PM »
Ek is bang vir gedigte skryf,PM, mens moet kop hou en 'n kop hê voor jy daarmee peuter, meeste mense op die forum roer my tot trane met hulle gedigte, ek speel gereeld met my sakdoek as ek die goedjies lees.Dan is daar weer die mense wat my laat lag dat die trane loop.