• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Haiku en Tanka struktuur

Started by Naas, May 21, 2011, 02:37:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Haiku.
Die gedig bestaan uit 3 rymlose versreels met 17 lettergrepe

Eerste reel = 5 lettergrepe
Teede reel = 7 lettergrepe
Derde reel = 5 lettergrepe


Tanka is 'n uitgebreide Haiku.
Die gedig bestaan uit 5 rymlose reels met 31 lettergrepe

Eerste reel = 5 lettergrepe
Tweede reel = 7 lettergrepe
Derde reel = 5 lettergrepe
Vierde reel = 7 lettergrepe
Vyfde reel = 7 lettergrepe

Voorbeeld:

Opkyk Vrede

Valk hang vlerkklap stil,
skerpoog priemend deur die gras.
Muis se uur gaan breek

Skarrel ons vir kos?
Ons plant en ons saai en maai.
Heen en weer ploeg ons,
werk en arbeid elke dag
met die doel om te oorleef

Sien uit die hemel,
muismens sonder opkyk werk
se uur het gebreek.

© Naas

Eerste strofe = Haiku
Tweede strofe = Tanka
Derde strofe = Haiku

:icon_bigsmurf:

Ek hou daarvan om die twee so te kombineer maar elkeen kan ook op sy eie staan as 'n gedig.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is 'n baie goeie kombinasie Naas.  Baie dankie, nou moet ek gaan kersopsteek!  Die uitdaging lê meestal daarin om sulke goeie gedigte te skryf soos julle. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier kom hy!

Vrugtesmous

Lag hy so haasbek,
piesangs peer en papajas
soet-soet en cheap-cheap!

Vroeg opstaan ‘n moet,
om die koue te trotseer.
Geen kerm, geen kla,
al wat nou werklik saak maak
is kossies op die tafel.


Haasbek en kaalvoet
roep die verkopertjie uit:
Dit is werklik soet!

Naas, ek hoop nie die halfrym gaan my diskwalifiseer nie!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dis 'n mooi voorbeeld PM. Die reels vir die Tanka en haiku se nie beslis geen rym nie maar wel rym is nie nodig nie.
Ek sien nou by die digklub by my skool dat die leerders dink alle gedigte moet rym. Dis dan wanneer dwangrym alles bebodder.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#4
Dis soos visvang,  as die bedobber nie werk nie moet jy maar die lyntjie aan die hand vat.   :icon_biggrin:

Dankie Naas,  nou wag ons vir die ander. 

Ek het gedink dat 'n mens gladnie mag rym met hierdie struktuur nie,  het maar 'n kans gevat. 
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

 :read2: Goed gedoen.  :love7:

Sover ek weet is daar geen rym by Haiku nie. Nie so op die hoogte met Tanka nie. Gaan wel bietjie kopkrap en kyk wat ek kan spoeg en plak.   :love7:

:angel12:

Trapsoetjie

 :dontknow:

Gebreekte beloftes!

Voetspore breek deur,
geraas wat bars in my hoof
speeksel vervloek ons.

Rivier vloed water,
rammel duister gevolge.
Breek die dam se wal,
druppels reën val op my wang.
Gure weer struikel oor ons.

Met winter op my.
Kan jy die ys voel groei in
besluite gemaak?

© Trapsoetjie

:angel12:

PM

Mooi Trappies.  Jy kwyt jouself so goed van jou taak!   :love7:

Ek hou van die titel ook.
Om te weet is om te verstaan.

adele

'n jaar en half gelede het ons hierdie haiku saam geskryf.
[ek het die strofes van nie-lede uitgehaal)

:grommit:

Winterkou

volrond swanger vrou
in barensnood verwagtend
om sneeu uit te stort          [PM]


Winterwind

Stil jy in die wind,
jou ysige vingers trek
wolkskadu verby.           [adéle]


Wintermelodie

koue winter wind
speel blokfluit deur my vensters
my hart se gleufies          [PM]


Winterwit

Rol jy in die sneeu,
jou wit kombers rondom my
so knus toegevou.         [Naas]


Skelwinter

Lang swart takvingers
gryp verwoed na die grond om
wit sneeu te verjaag.           [PM]


Naakwinter

Die naakte stamme
verbleek onder die ysreën,
kil, onguur en doods.           [adéle]


Treurige Winter

die honger wolf tjank
weemoedig, die winternag
langsaam te verdryf           [PM]


Winternag

Bibberende nag
word snoesig toegevou in
warm sonbaadjie.          [PM]


Wintersnikke

Hik-hik die bult oor
tot anderkant die kranse
somer te gaan haal.          [adéle]

adéle  :grommit:

PM

#9
Warm klop my hart om jou hier welkom te heet Adéle.  Baie dankie vir die aandra van "lang-vergete-juweeltjies". 
Kyk net hoeveel titels het ons geskep vir elke haiku! Hê-hê, ek lees nou weer dat 'n haiku nie 'n titel het nie

Kan ons nou met 'n "Somer titel" speel?

Sommer net 'n insetseltjie.  Lees gerus hier,  dit is nogal insiggewend. 

http://www.ahapoetry.com/h_t_fragment.html


Om te weet is om te verstaan.

adele

jip, sonder titel, 5-7-5 lettergrepe, geen rym, meestal oor natuur en emosies ens het ek by julle geleer, maar die titels by ons wintergedig het so goed ingepas.

:grommit:
adéle  :grommit:

Naas

Dis mos ons werk. Egte SA-Haiku's. Ons mag mos die reels buig...


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

In my oplees,   :icon_biggrin:  is daar baie ouens wat nie meer by die 5-7-5 reël hou nie.  Hulle seg ons is outyds!   :icon_biggrin:  Ek stem saam Naas,  alles werk nie altyd vir Afrikaans so maklik as vir ander tale nie. 

:sign10:  buig hom,  moet hom net nie breek nie!   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

Ek gaan bak-arm myne versamel en kom plaas. Die rede waarom ek so lief is om soms Haikus te skryf is juis om myself te dwing om weg te kom van rym. Rym kom maklik vir my, en alhoewel dit nie rymdwang is nie, probeer ek soms doelbewus daarvan ontkom.
Julle werk hier is puik. Sal later myne kom plaas en nog so paar eiertjieslos oor die digvorms. Hie hie, nie vrot eiertjies nie.

PM

Dankie Edelsteentjie.  Ons sal jou inset baie waardeer.  Kan nie wag om te sien wat bring jy nie. 
Om te weet is om te verstaan.