• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Haiku en Tanka struktuur

Started by Naas, May 21, 2011, 02:37:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Edelsteentjie

Ek stem saam met Naas. Al die digvorme is daar om te help om gestruktureerd te werk, maar soms as woorde in jou hart ontkiem en wag om gebore te word, moet dit sommer spontaan gebeur. Daarom dink ek digvorme kan beslis gebuig word en soms selfs geheel en al geignoreer word.

Die Haiku het in Japan ontstaan en sal mens vind dat selfs hulle soms van die vaste patroon weggeswenk het. Die oorspronklike Haiku wou dit he dat 'n seisoen tema gevolg word. So sou 'n gedig handelend oor kersies in volle vrug bv somer suggereer. Die eerste deel (gewoonlik die eerste twee 'versreels') en die laaste moes 'n breek in betekenis toon. So sou bv die eerste twee oor iets letterliks in die natuur handel, met die laaste wat metafories na iets anders verwys:

Bv Blare tuimelval
    Grondkombers van kleureprag
    My siel skoongestroop

Die eerste twee versreels verwys letterlik na 'n herfsverskynsel in die natuur. Die laaste 'n metaforiese verwysing dat, soos in die natuur, die seisoenale proses van heroorweging en herbesinning ook in die mens se binneste ervaar word.

Interessant dat die oorspronklike Japanese Haiku alles in een versreel geskryf was.

PM

 :hello2:  Baie dankie Edelsteentjie.  Ek het nou weer na my plakseltjies gekyk en gesien dat ek soms nie so goed geslaag het met my Haiku nie. 

Vir my is dit belangrik dat iemand prontuit reghelp waar ek verkeerd loop,  anders sal ek nooit leer nie.   :notworthy:

Die strukture leer my dissipline.  Dit laat my kopkrap totdat ek die regte woorde vind vir die lettergreeptelling.  Dit ruk aan my lui denkpatroon en verplig my om "te werk"  aan die gedig. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Grote griet verdriet!!  Druk ek verkeerde knop ... wou my eie post edit en daar byt Edelsteentjie se plasing in die stof:

Grooooot verskoning mater: hier is wat jy geskryf gehad het.

Ja, ek geniet ook soms die uitdaging om volgens struktuur te skryf. Maar ek dink mens moet ook toelaat dat jou hand vryelik mag werk. Balans, dalk.

:notworthy:

PM

Ek wonder waar is Edelsteentjie.  Weet een van julle dalk?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dalk in iemand se verloofring?


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Marius

Haiku skryf vir die beginner - deur Marius Buys

As 'n digter in n honderd woorde moet se waarvoor die boekskrywer tien-duisend woorde gebruik, dan is haiku sekerlik die digter se digter.

Die Japanese beskou haiku as 'n ongelooflike sagte, half droomverlore, maar tog skerpsinnigge, vorm van skryf, gestroop van omwondige beskrywing en toevoeging. Om 'n haiku (of senryu) te skryf is nie só moeilik as jy nie oortegnies wil raak nie en belaglik kompleks as jy wil! Die skryfvorm alombekend as haiku, is van Japanese afkoms, en is 'n samevoeging van twee betekenisse: "hai" (leeg of tot ruste) en "ku" wat (lugruim) beteken.

Hier volg n paar wenke wat jou op die regte spoor sal plaas.

1 Haiku poog om die leser 'n gevoel of oomblik te laat ervaar deur direkte waarneming en indirekte besef sonder beeldspraak, digterlike beskrywing of interpretasie. 'n Leser word dus nie van iets vertel nie maar moet dit eerder eerstehands ervaar.   

2 Haiku bestaan uit drie lyntjies wat gewoonlik elkeen iets apart beskryf maar wat tog aan die ander lyntjies verwant is deur 'n situasie of plek. 

3 Haiku bestaan uit twee betekenis gedeeltes gewoonlik geskei deur 'n komma/leesteken of skeidende woord ("kirji") wat die skeiding aandui tussen eerste en tweede gedeelte van die haiku.

4 Die laaste lyntjie van die haiku is verwant aan die eerste twee lyntjies maar bied 'n totaal nuwe insig op die situasie. 

5 Haiku bevat erens in die haiku 'n sogenaamde seisoenwoord (kigo) waaruit die leser die seisoen kan aflei sonder om die seisoen te noem. Die woorde somer, winter, lente en herfs word liefs nie in haiku gebruik nie. 

6 Haiku vermy rym, hoofletters en 'n skrywe titel.

7 Haiku bevat verkieslik een, hoogstens twee werkwoorde en/of lidwoorde.

8 Haiku verander van 'n haiku na SENRYU as daar menslike elemente of dinge in die skrywe voorkom. Senryu bevat gewoonlik 'n humoristiese element van sagte spot of komieklike insig in die laaste lyntjie. 

9 Haiku word gewoonlik "OOP" gelaat sodat die leser self kan dink wat daarna gebeur het.

10 haiku word verdeel in sewentien lettergrepe en gewoonlik as volg geskryf:

lyntjie een - 5 lettergrepe
lyntjie twee - 7 lettergrepe + ('n komma)
lyntjie drie - 5 lettergrepe (wat 'n nuwe verassende insig op lyntjie een en twee bied) 

11 Die Japanese vorm word getel in klankgrepe eerder as lettergrepe en word NIE aangeraai vir nuwe skrywers nie. Die woord "Land" word bv.as 1 lettergreep in Westerse haiku vorm getel maar as 2 klankgrepe in die Oosterse vorm.

As die haiku gogga jou eers gebyt het sal jy ure sit en tob oor die en daai woord en jouself verwonder hoe goed sommige haiku skrywers hulself kan uitdruk in 'n lyntjie van so min as vyf lettergrepe!

Vooorbeelde van Westerse haiku:

bosvelddammetjie
brulpadda op klip spring in,
die klank van water

pik pik op my werf
as my hond die nylvoël jaag,
ha ha ha di da!

Voorbeelde van Westerse senryu:

woordewisseling
op die hoogtepunt daarvan,
skink manlief haar tee


jong tango dansers
dansvloer gevul met passie,
ou paartjies glimlag

Kopiereg Marius Buys 2012

PM

#22
Dit is 'n uitleg duisend.  Baie dankie Marius.  Ons sal nog sulke insette baie waardeer.  

Hier is my senryu-probeerslag:

Afrikaanse groep
oud onderwyser spring in,
en die pennie val      :icon_biggrin:

:bootyshake:

Ek is nou nie seker of ek die A 'n hoofletter kan maak nie.  Lewer asseblief kommentaar.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As lettergrepe
jou soos 'n woordluis kom byt,
krap jy ook jou kop!

:toothy4:

adele

hi lief meraaitjie
jy het die mooiste griffel
haiku in ons taal

:grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Oi joi joi Adele, dankie baie baie vir die gawe woorde  :love7: :notworthy:

Marius

Dankie vir die kompliment PM, eiename word met 'n hoofletter geskryf in senryu. Onthou dat daar gewoonlik'n tipe sagte self spot of humor in senryu gebruik (senryu = haiku met 'n menslike element in) :)

Een van my gunstelinge:

Somervakansie
Durban bunnychow waaghals,
huurtoilet beset.

PM

Dankie Marius.  Ek geniet dit om besprekings oor die reëls van gedigstrukture te hê. Daar is soveel bronne wat van mekaar verskil en met besprekings kan ons bepaal watter rigting ons wil inslaan. 
Om te weet is om te verstaan.