• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Skoenmaker

Started by Naas, November 16, 2012, 07:56:56 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Coen, Coen
Maak jy my skoen?
Ja Juffrou, dit sal ek doen.

Coen, Coen
Maak jy my skoen sterk?
Ja Juffrou, dit is my werk.

Coen, Coen
Is my skoen al klaar?
Ja Juffrou, betaal my maar.

Coen, Coen
Ek het nie geld by my nie.
Jammer Juffrou, maar dan kan jy jou skoen nie kry nie.

Coen, Coen
Wat gaan ek doen?
Loop maar een voet kaalvoet, een voet skoen.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :icon_biggrin:  Kostelik Naas.  Ek ken die gediggie, maar nie die laaste versie nie.  Het jy dit self bygesit?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Hoe ken jy my? Ek kan mos niks in vrede los nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dit is 'n welbehaaglike byvoegging Naas.   :hello2:  Ons het jou humor gemis boetatjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Assie

#4
Ouma Poppie van Oom Naas het die gediggie vir al ons kinders geleer.

:mumum:

PM

Goed gedoen, het dit geniet Naas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.