Die Afrikaanse Forum

Die Biblioteek => Vervloeƫ woordskatte => Topic started by: Naas on November 16, 2012, 07:56:56 AM

Title: Skoenmaker
Post by: Naas on November 16, 2012, 07:56:56 AM
Coen, Coen
Maak jy my skoen?
Ja Juffrou, dit sal ek doen.

Coen, Coen
Maak jy my skoen sterk?
Ja Juffrou, dit is my werk.

Coen, Coen
Is my skoen al klaar?
Ja Juffrou, betaal my maar.

Coen, Coen
Ek het nie geld by my nie.
Jammer Juffrou, maar dan kan jy jou skoen nie kry nie.

Coen, Coen
Wat gaan ek doen?
Loop maar een voet kaalvoet, een voet skoen.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skoenmaker
Post by: PM on November 16, 2012, 08:40:57 AM
 :icon_biggrin:  Kostelik Naas.  Ek ken die gediggie, maar nie die laaste versie nie.  Het jy dit self bygesit?
Title: Re: Skoenmaker
Post by: Naas on November 17, 2012, 08:58:45 PM
Hoe ken jy my? Ek kan mos niks in vrede los nie.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Skoenmaker
Post by: PM on November 18, 2012, 10:41:15 AM
Dit is 'n welbehaaglike byvoegging Naas.   :hello2:  Ons het jou humor gemis boetatjie. 
Title: Re: Skoenmaker
Post by: Assie on September 12, 2021, 01:18:27 PM
Ouma Poppie van Oom Naas het die gediggie vir al ons kinders geleer.

 :mumum:
Title: Re: Skoenmaker
Post by: PM on September 12, 2021, 01:52:26 PM
Goed gedoen, het dit geniet Naas.   :icon_biggrin: