• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woordlys-Spel

Started by Meraai vannie Baai, November 14, 2012, 05:40:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

http://freepages.rootsweb.ancestry.com/~wakefield/translations/afreng.html

Hierdie skakel leen homself tot groot woordpret. Ek het net so vinnig deur die eerste paar 'A' woorde gegaan en toe die volgende 'advertensie' saamgestel. Kyk gerus en loer wat vang jou eie oog. Probeer woorde uit dieselfde aanvangsklanke in te span of saam te voeg sodat dit sin maak  :icon_biggrin: Hier is my poging:

Pret met "A" Aandkoerant: AANDAG!  

Adonis adverteer: "Aanloklike Aanlêplek" -  Aansoekvorms aangeheg - Aantreklikheid aanbevole!

Aanvangssalaris: Aansienlike aanpasbare aanbod.

Aanmaning: Absurde/afstootlike/agtertangse aansoeke - aaneenlopend afgekeur.

Aftredepakket: Alkoholiese afstandsbediening alleenlik.  

*Aalmoese aanvaarbaar.

:headbang:
© Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai

#1
Pret met "B" (Beskrywende Beroepe / Byname.)

Bamboes Ballerina
Bedrukte Boekbinder
Blikbeker Bouer
Blinde Bokser
Beneukte Boetebessie
Bitterbek Biskop
Behaagde Balju
Bloubaard Bandiet
Bankrot Bankier
Bedrewe Barbier
Barbaarse Barones
Bangbroek Baron
Barmhartige Boef
Bekende Banneling
Bedorwe Bedelaar
Befonkte Boer
Belese Blond
Bedlêende Bedryfsleier
Beskaafde Beeldhouer
Benoude Bariton
Begeesterde Begrafnisondernemer
Billike Belastingopgawer
Bygelowige Bemanning
Beterwetige Bemiddelaar
Bemoeisugtige Buurman
Benewelde Beoordelaar
Buddhistiese Beskermheer
Beskonke Bestuurder

************************

:toothy4:

*Beeldende beskrywing uit 'n ietwat begogelde 'Begrafnis Boodskap'
van die begunstigde bloedverwant met die bynaam: 'Bloeddorstige Boesman'
aan sy bedroefde broer, ook bekend as: 'Bitterbang Basie'

Bagasie: Bajonet. Baksteen.
Bestemming: Begrafplaas.
Bring: Ballonne. Banjo. Baie bier.

:icon_salut:
© Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai

#2
Drie Donker Donau Dramas (Die digter's 'D' pret)

Duskant
die dooie denneboom,

draai
dwarrelwinde dreigend.

Delikaat
dans die Deense Dolla daar...

Dekor
deurgaans dieselfde:

Die Drinkpan -
dekades dor/droog.

Donderdae;
dikwels die diamantdief deurpad...

*********

Duister
die digter's dimensie;

dog
detail duidelik daar.

Dokumenteer
die destydse demokrasiedanse:

"Donasies
deur dorpsdokters/dominees!"

Duidelik
dus, die deursnee doel daarmee :

departementele dade
deur dorstige duiwelsgade".


***************

Dis dié Desemberfees;
daar drup-drup druifsap dragtig.
Dwing dapper dwase durf, die
dom-dommer-domste d(r)onkies
dwarsdeur diensbare 'doringdrade'.

Danksy deftige damesdruk,
droog die drankbare dramas
darem deels. Deporteer die
departement daarna dertig
droewige dasdraers!
 
:notworthy:
© Meraai vannie baai



Meraai vannie Baai

#3
Ekstremiese Eenvoud

Erediens erns,
elke Eva's eksperiment.

Eufratiese
evolusie-elegie.


Eenvoudige ervarings;
elektron-ekstase!

Eintlik elkeen
elementêr.

Ek erken eselrig
(enigste eligante emosie)

êrens
emigreer energie.

Eie Eksodes
en elders, erf enkeles, eensaamheid...

:angel8:
© Meraai vannie baai

*hier het ek probeer weergee watter stryd dit nou vir my as vrou is elke dag, wanneer gewone huistakies voel soos 'n onfiks marathon wat jy aanpak. Net om jou arms bo jou kop te strek om koppies uit die rak te haal is soms so pynlik. Die toestoot van laaie voel soos die wenstreep wat ek eerste behaal het as dit sonder seer geskied. Klein dingetjies wat ek nooit voorheen eers opgemerk het nie is nou vir my 'n reuse uitdaging op die eksodus kringloop tussen goeie en minder goeie dae :icon_bigsmurf:














PM

Hierdie werkies van jou het al 'n paar nuwe lede gelok Raaitjie.  Hou so aan!  :icon_biggrin:

:notworthy:

Een van die dae het ek weer my varkies op hok dan speel ek saam.  Jy sal sien!
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Meraai jy TOOR met woorde!  :hello2:

Gawelina

Grote genugtig
gil Gawie gou
glads gewillig
guitige geskrifte gebroei

En hier haak my brein weens onvroulike gebulder helemal vas. Hehe

Meraai vannie Baai

#7
Gebeurtenis: G.G.G.

Goeiemôre geagte genooides,
Gewoonlik gespanne? Gesels graag?
Gratis gesondheidsgesprekke & gesinspret!

Gesaghebbende Gassprekende Groepe:
Grammatikale Groen Gulde / Geduldige Gryses
Gewigtige Goues / Griekse Goudvisse
Grensende Groutjies / Gretige Gades
Geskoolde Geskeides / Germaanse Geraamtes & Gerusde Gesusdes.

Gebied: Groot G Gat (Gasvrye Gesinsgrot Galery).

Gunsteling gas: Gewilde Gawie (Getroud ...gegegegege - geen grap!)

:wave: (G)raaitjie gaan gou groet
© Meraai vannie baai




PM

Goed gedaan getroue gretige grootwoordfraat.  Ghek ghou ghan ghie ghumor!  :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Kom ek toe by die wee woorde!   :icon_biggrin:  Wie weet waar Weste winde... :icon_biggrin:

Kom speel saam:

Wie weet watter wewenaar willie woekerie    :icon_biggrin:

Dit is "tjiet"  begin voor:

Wie weet watter wewenaar woeker...  (die stippeltjies is vir julle om aan te las,  spoeg en plak net die eerstes en voeg dan joune by.)





Om te weet is om te verstaan.

PM

en o ja, ek het ook enorme pret met "e" gehad:
Eddim en Eva erken ernstige ervarings en emigreer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#12
WOW! Wonderlike W-woordspel!  :toothy4:

PM jou sin het 'n toneeltjie opgetower in my verbeelding:
'n Park. 'n Gesiene, (meestal beskonke) wynboerwewenaar wat week na week deur sy ingevoerde sigaarrookwalms ogies maak vir die welbedeelde weduweetjies wat daagliks kom stap deur die park. Sy attensies (net so tussen ons) verwelkom, maar tog ook nog graag die ontwykende prooi wil bly. Met sy boeppensie ingetrek probeer hy nog sy manlikheid bewys, 'woeker' hy soms amper verby die punt van welvoeglikheid - geskets uit 'n lys met al die W-woorde waaraan ek kon dink/opspoor.

Wie weet watter wewenaar woeker
wanneer waaghalsige (weetgierige),
welbedeelde weduwees
waarskynlik wipperig-waarskuwend
(wel waarderend), woordloos waai.

Wandelende wroeg waarmee/waarom
wou wêreldwyse windgat; wiegende wingerdswaap,
weer willenswetend wriemelende wys 'waffer' waardevolle,
wonderlike wyshede, waarskynlik weekliks
wettiglik (wyslik) weggesteek word
waar welvarende wierookwasems, wasbleekwit -
winkende, weemoedig weswaarts 'warreldwarrel'?

Weliswaar, wié wen werklik waardig-woekerend:
Welgesproke Wysheer/Wydsbeen Wynheer?

© Meraai vannie baai

PS: lief jou enorme pret met 'e' van die emigrerende Eddim en Eva  :love7:

PM

#13
Jy ken van!  Ek het my nou gate uit geniet.  (Waar dink jy kom die spreekwyse vandaan?)

Hier is my s-woorde.  Ek wil 'n uitdaging stel aan almal om nou 'n "teenoorgestelde prentjie" te skep. 
Hierdie s-woorde het ontstaan die week toe jy weg was vir toetse. 

skryf     skilder
so sensitief
so sinneloos
skaars sestig 
skokkende siekte
seer   
swaar sonder suurstof   
spannings-saambreel   
stilswyende straf 
sonder sekerheid   
selfs sielkundig stukkend
somtyds -    skop     slaan     stomskreeuend 
soms - soekend     smekend
soggens sterker
saans sleepvoetend
sukkelend staande
spiraal spookbeelde skandelik
sonder simpatie
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Die trane brand my oge  :crybaby2: PM jy het binne in my stukkende verwarde menswees geklim. Elke woord, lyn vir lyn.  :love7: :icon_salut: :notworthy: Jy moet dit in die boek opneem asb matertjie!!!