Author Topic: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?  (Read 7735 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« on: September 10, 2012, 01:42:48 AM »
Kenners raai aan dat ons woorddisse nie gegeur/garneer moet word met bleekgeykte uitdrukkings nie. Dat ons dit moet vermy soos 'n sesvoetkiem of die runderpes. Dit het 'n 'kleintjie dood' onderwerp geword vir joernaliste en wil-graag-skrywer-wees en dies meer. Woordkunstenaars word aangeraai om liewer 'n wye Kaapse draai te skep met die ABC, om sodoende nie in 'n  onkreatiewe put te val nie. 'Dink buite die raamwerk' gil almal soos een belese man vanuit alle windrigtings.

Ons woorde moet op hulle eie voete staan, nie geleen of gesteel wees nie. Eina Maryna!  Nuut geskep. 'n Vars briesie tussen jou lyne wat die leser betowerend meevoer na nergens, soos 'n maslose seilbootjie op lewenswaters of twee takke wat dansend paar op die geteem van 'n suidwestemelodie.

Loer ek eers tamatie-, dan bloedrooi na my eie griffels. Deurspek van toeka tot nou se spreekwyses. Gepeper met 'n liefde vir ons taal soos ek hom geleer het voor die Dover met sy houtkis vol mieliestronke en bekorende misvormpies van ouma se vingerafdrukke onder my boude (waar ek sittend gehang het aan haar lippe) en haar voorskoot se reuk wat my neus die lekkerste kon afvee. Sagter as Woolies se duurste sneesdoek - behalwe wanneer sy die deel gebruik het waar die stukkies vetkoekdeeg hard geword het.

Selfs in my kommentare verklap die clichés my sonde met die alfabet. Verdoem myself tot die buitenste duisternisse van ongeletterde tekortkome en 'n gebrek aan eie styl, waar ieder en elk alreeds donkiejare bewus is van my vrees vir die woordlose donker.

Vanuit ons ingelegde ABC wou ek die persverlange (soos die verste berg op die prentjie teen my muur) aan jou beskryf, instede daarvan tuur ek nou net na my vingers op die skakelbord; en wonder of ek ooit instaat sal wees om clichéloos uit die oude doos te griffel?  

French poet Gérard de Nerval: "The first man who compared woman to a rose was a poet, the second, an imbecile."[5]
 
A cliché is often a vivid depiction of an abstraction that relies upon analogy or exaggeration for effect, often drawn from everyday experience. Used sparingly, they may succeed. However, cliché in writing or speech is generally considered a mark of inexperience or unoriginality.


http://www.writersdigest.com/whats-new/10-tips-to-bypass-cliche-and-melodrama

*Sluip ek terug: in die woordmandjie het ons van die kosbaarste kreatiewe woorde/uitdrukkings. Gereed om te gaan uitstal in ons nuwe skuur. Hierdie loopplankwoorde van SueEe het weer my hart gesteel:

See - Rammelwaters.

Winde - Asemkitare.

Mis reën - tiktikkie reën.

Emosies - Gedagte taal.

Heuwels - Aardsplooie.

Koppie - Veldpuisie.

Opinie - Waggel-woord.

Debat - Wisselwoord.

Argument - Wissel-waggel woord.

Aircon - Weerjoggie.

Laatslaper - het Katelkoors.

Parfuum - Bottelblomme.
« Last Edit: September 10, 2012, 04:43:10 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #1 on: September 10, 2012, 05:26:24 AM »
Ai, nou het jy my sprakeloos Raaitjie.  Jou skryfseltjies en komtare is nog altyd soos 'n vars briesie op 'n warm somersdag.  Sê dit soos jy voel, maak nie saak hoe jy dit sê nie, dit is beter as die doodse stilte wat tans op die forum neergedaal het. 
Ek is mal oor van toeka tot nou se spreekwyses.  Dit is my taal en dit is hoe ek dit gebruik.  Wat weet die "kenners" nou eintlik. Die imbecile.  :icon_biggrin:
Wat help dit jy skep 'n nuwe woord "stomklets" en niemand gebruik dit nie omdat hulle nie jou woord wil "steel" nie, soos ek met my "komtare" of "komkommer" wat ek by my mede skrywermatertjies geleer het, nie gesteel het nie. 
Jou liefde vir die ABC is 'n grootse liefde.  Doen wat jy doen soos jy dit altyd doen.  Elke vrou soen haar man op haar eie manier.   :bootyshake:

Nietemin, ek het die bydrae baie geniet.  Baie dankie. 
twee takke wat dansend paar op die geteem van 'n suidwestemelodie
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #2 on: September 10, 2012, 05:36:05 AM »
Die stuk was tong in die kies geskryf want ek het geweet daar is nie 'n manier onder die son wat ek nou skielik slaaiblaar woorddisse kan optower, sonder om diep te skep uit die gemaalde kaiings en varkvetvat van weleer. Bly jy het geniet. Het geduldig op die kantlyn gesit en wag dat jy jou griffelgedagtes agterlaat vir my  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #3 on: September 10, 2012, 05:50:05 AM »
Nou slaak ek 'n sug van verligting!   :toothy4:  Amper skrik ek my flou.  Ek het tog geglimlag toe ek hierdie doelloosheid raaklees.   :icon_biggrin:

'n Vars briesie tussen jou lyne wat die leser betowerend meevoer na nergens, soos 'n maslose seilbootjie op lewenswaters of twee takke wat dansend paar op die geteem van 'n suidwestemelodie.

sonder om diep te skep uit die gemaalde kaiings en varkvetvat van weleer.   :sign10:

Jy is 'n wenner, jou knoeier met die ABC.   :icon_biggrin:



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #4 on: September 10, 2012, 09:22:54 AM »
Doen mens soms goed om so bietjie net stil te sit en met woorde te speel, die terugvoering natuurlik altyd 'n fees. So van fees gepraat, ek dink dit is tyd diekant van die aarde om so ietsie te skink. Sien jou nou-nou  :icon_cheers:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #5 on: September 11, 2012, 08:51:48 AM »
Skuus man, ek het toe doenig geraak in die tuin en het eers laatmiddag gaan kunsmis koop en nog 'n paar plante. 

Die immergewilde uitdrukkings - nie verslete Clichés nie - lê my baie na aan die hart.  My taal is deurspek daarvan en ek lief dit.  Jy ken my mos, ek reageer altyd met my emosies eerste.   :nono:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #6 on: September 14, 2012, 04:05:27 AM »
Emosies eerste, staan opsy suster. Ek pleit saam skuldig!

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #7 on: September 19, 2012, 04:09:12 AM »
Wanneer ons 'ou uitdrukkings' klee met 'n 'nuwerwetse baadjie', kan dit kreatief/verfrissend opgedis word. Ek het die nagmerrie gedagtes wat my blootsry, 'hokgeslaan'.

« Last Edit: September 19, 2012, 04:21:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #8 on: September 19, 2012, 07:46:09 AM »
Besonders gedoen.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Cliché: Verslete woordbeeld of immergewilde uitdrukking?
« Reply #9 on: September 19, 2012, 08:02:47 AM »
Dit is 'n besonderse idee Raaitjie.  As dit help vir inperk van vrese sal ek ook begin plant en span.  Ek hou van die groter skrif, dit maak 'n indruk. 
Om te weet is om te verstaan.