• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n Verskuilde Drie Titel Vers (VDTV)

Started by Meraai vannie Baai, November 08, 2012, 01:32:45 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ons vrese en vrae oor die onbekende
kronkel voort... onbeantwoord -
met soutgekerfde graffiti, op wange
en knieë vol eelte; op die pad na êrens, iewers...
Dankie Here vir die Godgegewe Ink
wat reinigend, spore van verligting bring.

*ek het so rukkie gelede die voorreg gehad om die Ausie liedjieskrywer, bushpoet
en potjiekoskoning te ontmoet wat die heel eerste Engelse (heel moontlik ook enigste
op daardie stadium) 'three title poem' geskryf het en toe ons eie Afrikaanse
weergawe geskep en dit met julle gedeel in 'n vorige plasing by die gedigstrukture.
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2218.0

Terwyl Ned my beduie hoe dit gedoen word; en ek die voorreg gehad het
om hom te hoor voordra en sing onder die Bloekombome, het Outop se lens
geflits en was die 'poetry and songwriting tips' verewig. Dit het werklik vir
my gevoel ek het weer 'n stukkie van my eie pagoed by my gehad.

Dankie Ned Winter, vir hierdie groot voorreg. Vandag kon ek my eie vrese en vrae verwoord
en dit hier met geliefde maters deel, in jou formaat. Wel effens aangepas as 'verskuilde drie titel vers'
waar dit dan ook dien as 'n opsomming van die vers - dat daar genesing is in die gawe van trane
wat ons soms as 'n swakheid in onsself beskou, as ander die spore op ons wange sien.


PM

Jy het die gawe Raaitjie om te "Skryf anderkant woorde verby tot by wat woorde nie kan sê nie."

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek is stom matertjie... grootste kompliment in my hele lewe  :crybaby2:

PM

Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ons vrese en vrae oor die onbekende
kronkel voort... onbeantwoord -
met soutgekerfde graffiti, op wange
en knieë vol eelte; op die pad na êrens, iewers...
Dankie Here vir die Godgegewe Ink
wat reinigend, spore van verligting bring.

----------------------------------------------------------------

Ek stem 210%  nee 540% saam met PM Raaitjie : Jy het die gawe Raaitjie om te "Skryf anderkant woorde verby tot by wat woorde nie kan sê nie."

Hierdie vers het my siel kom insluk!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Willa ek ontvang hierdie grootste pluimpie opreg dankbaar. As ek nie die kruk van woorde gehad het nie, was ek lankal net stof onder 'n grafskrif.  :love7: julle so baie baie  :notworthy:

PM

Never!  Never sal jy net stof onder 'n grafskrif wees nie.  Jy sal altyd in ons harte en gedagtes wees. 
Altyd! :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hoe geseend kan een mens wees? Ek weet, BAIE BAIE  :love7: :notworthy: :icon_salut:

Ah Willa

stof onder 'n grafskrif mag jy dalk eendag wees,
maar soos PM se - nooit uit ons harte of gedates nie ...

en jou woorde sluk duisende siele in ... hulle sal jou ook bewaar in hul harte en gedagtes  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#9
*dankie liefste maters vir die kosbare woorde!!
:love7:
Ek bewaar julle woorddrukkies
met pen en ink, op papier.
Soos kosbare edelstene
- een vir een ingeryg -
'n halssnoer vir my siel  



PM

Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w