Author Topic: Oriku (Japanese struktuur)  (Read 4396 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Oriku (Japanese struktuur)
« on: May 01, 2012, 01:30:15 AM »
Die Oriku is 'n minder bekende Japanese vorm in die Westerse digkringe. Hier word twee digvorme gekombineer. Die Tanka met sy rymlose 5,7,5,7,7 lettergrepe en die Acrostic waar ons die titel vertikaal in die gedig kan lees vanuit elke eerste letter.

Psalm (Oriku)
 
 Prys die Here nou
 Speel met jou harp en siter
 Almagtig is U
 Lofgesange en koordans
 Maak dan so Sy wil bekend
 
© Meraai vannie baai


 Palms in die wind
 Ankers stewig in die grond
 Lenig wieg die stam
 Met my God se vergunning
 Sal ek ook so buigsaam wees
 
© PM

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #1 on: May 02, 2012, 08:06:16 AM »
Sjoe, dankie, ek het verlede week so gesoek na hierdie stuktuur.  Een van ons matertjies het so 'n gediggie geplaas en ek kon om die dood toe nie onthou wat die stuktuur se naam is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #2 on: May 02, 2012, 08:12:05 AM »
Gooi die internet my af net toe ek wil post. Dit is 'n plesier mater. Dink jy praat van Willa se moedersdag voorbeeld? Ek probeer om al die strukture wat ons in die woeswoordeboek bewaar het, ook vir ons hier te plaas. Kan nie meer daar inkom nie, gee een henske lys met errors vir my - so voor dit dalk heeltemal verdwyn dra ek maar weg en bewaar ook hier  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #3 on: May 02, 2012, 10:03:55 AM »
Daar is dit 'n dosestilte, tot die bybelversies het opgedroog.  So nou en dan gooi 'n nar 'n klomp gemors advertensies daarop, dan vat dit my eeue om dit te verwyder. 
Die krag is alweer af en ek sal nog net 'n paar minute batterytyd hê.  So, as ek verdamp moet jy weet dit is nie my keuse nie.  Fris en fiks werk ook nie by die f-woorde nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #4 on: May 03, 2012, 02:23:23 AM »
Lekker gelag vir jou fverdamp  :icon_biggrin:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #5 on: May 11, 2012, 01:57:37 PM »
nog 'n lekker uitdagging .. wag .. laat ek voortrdaf .. want daar is sommer baie tuiswerk vir my :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #6 on: October 18, 2012, 04:25:02 AM »
PM het 'n uitdaging vir ons gegee om 'n Oriku te skep met die titel ORIKU. Hier is my weergawe:

Oriku

Ons opdrag was so
reg vanuit die digterskraal;
in struktuurgelid
kronkel gekose woorde
uitdagend na hul plekkie!


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #7 on: October 18, 2012, 04:34:04 AM »
Dankie vir die vasmaak Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Oriku (Japanese struktuur)
« Reply #8 on: October 18, 2012, 05:21:25 AM »
Voorreg gewees hoor!