• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM se tuin

Started by PM, October 17, 2012, 09:16:03 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hier is nog 'n paar foto's. 

Hierdie poppie soek nog 'n plek. 

Om te weet is om te verstaan.

PM

Hierdie is die grootste varingblaar wat ek nog gesien het.

Ek wonder of die blaar wat so in twee gedeel het 'n vreemde verskynsel is. Ek het dit nog nie van tevore gesien nie. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Dawid het nou weer sy pienk kwarts by sy voete.  Die pienk blommetjies laat dit so mooi vertoon. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Die wasplant is vol blomme.
Om te weet is om te verstaan.

PM

Nou het die beeldjie haar Mona Lavender gekry en sy is baie gelukkig daarmee. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit is so mooi PM. Ek verkyk my ontrent. Dit lyk asof 'n mens rustig daar kan sit en net wees. Een voel met alles.

PM

Al wat skort is die voëltjies se gesing.  Ek is nie 'n mens wat kan sit en niks doen nie, maar om onder die boom te sit en jou te verkyk aan die "lewe" om jou is soos 'n vakansie.   :icon_biggrin:
Hier is 'n vink wat nou besig is met sy derde nessie.  Ons hou maar vir hom duime vas dat hierdie poging geslaagd gaan wees.  Hannes sê hy sou lankal vir hom 'n ander wyfie gaan soek het wat nie so puntenerig is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Hier kom loer ek nou eers in!!

Sjoe PM jy het 'n prag tuin hoor!  Ek lief 'n prag mooi vriendelike tuin ... osn tuin is tans 'n woestyn - maar sodra ons die honde kan hou aan die een kant van die huis ... dan gaan ons tuin ook mooi word - dis baie kleiner as joune wel .... maar ons het cool idees om dit grooter te laat vertoon :-)


NS - ek lees jy het gesukkel om foto's te rezise en Raaitjie se raad om dit eers op FB te laai ....

hier is 'n cool online foto editor - jy kan tot effects add maar jy kan die size en format ook verander en dis passela! 

http://www.picresize.com
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie Wils.  Dit sal gaaf wees as jy al hierdie inligting by die inligtingskantoor kan plaas. 
Ek het sommer AB se raad met Office gevolg.  Adele het so 'n bietjie gehelp en toe maak ek die foto's sommer baie maklik kleiner.  Ek het ook by die inligtingskantoor verduidelik hoe 'n mens dit doen.
Vir ouens wat nie die program het nie sal hierdie uitstekend werk.  Een van die mooi dae sal ek tyd hê om lekker met al die hulpmiddels te speel.  Tans gaan dit nog dol. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Hier ook dol - besides Theo (waarmee dit baie goed gaan en hy blom elke dag meer!)
is dit die Trap vir 'n Smile event en Moebius Syndrome Awareness Events en mariette se website wat druk
en ons maak ons swembad toe om tuin te maak vir die honne/katte/hasse en Theo en 'n klim en klouter area vir hulle te skep, sodat die voortuin nie soos 'n woestyn moet lyk die heeltyd nei ...

sal later fototjies kom deel ... ek draf nou eers weer voort  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie vir die inloer. Sterkte met al die projekte. 
Om te weet is om te verstaan.

AB

van tuin gepraat

ons tuin verwaarloos nou vir die eerste span. as mens nie by 'n plek is nie dan gebeur sulke dinge, ek probeer maar die plante aan die gang hou met water gee maar ook nei 100% sukseksvol nie.

PM

Jy is reg en niemand kan jou tuin versorg soos jyself nie.  Ek sukkel nou al vier maande om vir "oupa Frans" te leer wat is bossies. 
Voor ons weg is het ek 'n hele klomp vetplante by my skoonsus gekry en ons het dit net eers in potjies geplant.  Ek hoop maar dit is nie versuip teen die tyd wat ek by die huis kom nie.   :icon_biggrin:
Ek soek na twee kruiwaens wat nog yster wiele het.  Ek wil 'n rotstuin daarin bou. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Hier by ons is dit maar droog. Teen hierdie tyd het die boere al gewoonlik begin te plant, maar die grond is nog te droog hierdie jaar.

Die kruiwa rotstuin klink na 'n lieflike idee, PM.

PM

Ek het hierdie prentjie van die een kruiwa 'n bietjie hoër as die ander een voor, (die wiele moet na jou wys) met vetplante en cacti.  Dan wil ek nog drie kruiwaens kry om 'n waterval mee te bou.  (Wiele moet na bo wys en die handvatsels na onder, sodat die water bo kan ingaan en onder uit, in die visdammetjie in.)
Mal soos 'n haas, ekke. 
Om te weet is om te verstaan.