• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom ons staan saam

Started by PM, October 16, 2012, 10:15:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Julle ouens moet weet as ek iets by "Bekgeveg" plaas dan is ek aan die "fight". 
Nou wil ek graag weet hoekom daar so baie van my matertjies is wat deur moeilike tye gaan en hulle het nie die vrymoedigheid om dit met ons te deel nie.  Asseblief, moet nou nie vir my vertel dat jy dit nie wil deel nie omdat ons almal so baie het om mee te deel. 
Kan ons nie maar hande vat nie?  Kan ons nie maar steun en been kla oor ons probleme nie? Matertjies, kan ons nie maar ons laste met mekaar deel nie? 
Ek en elke ander ou hier weet dat ons net kan luister en spoegies aansmeer.  Maar is spoegies nie maar beter as niks anders nie? Ek weet vir 'n feit dat almal hier vir mekaar lief is en dat ons mekaar ondersteun in moeilike tye.  Al verstaan ons nie werklik waardeur die volgende ou gaan nie, kan ons 'n oor gee, 'n skouer, en soos Raaitjie sê, 'n mou om die snotties aan af te vee en 'n hand om aan vas te hou.
Ek weet dat ek wil weet wat gaan in jou lewe aan.  Ek kan dalk nie iets daaraan doen nie, maar ek kan daar wees vir jou met 'n poging om die pyn ligter te maak.  Matertjies, asseblief, kom deel julle hartseer met ons.  Dit help nie om iewers weg te kruip en dit alleen te probeer dra nie.  Ons is mos 'n groep!  'n Klein groepie wat lief is vir mekaar.  Staak julle stilswye.  Dit maak ons, wat vir julle lief is, net ongelooflik bekommerd. 
Die lewe gaan aan, moenie agterbly nie.  More skyn die son weer.  More is dit weer somer!  Dan kan ons weer kla oor die hitte!   :icon_biggrin:
Ek mis julle!  Julle is so deel van my lewe dit maak seer as julle nie hier is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Liefste PM ek vat solank jou hand en hou altwee my moue vir ons maters se seer, ons deel in die gees en wil help om krukke te wees as jou kniege knak.  :love7:

Ah Willa

My moto in die lewe is  - ek kla nie - want die wat luister kan niks doen en die wat iets kan doen, luister nie  :toothy4:

ek neem ook graag hande en help en ondersteun waar ek kan ...  maar net soms verdrink ek in 'n dam van te veel en te min tyd  :angel4:

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

onthou om die image te klik om dit grooter te kan sien - of laai af nou jou pc en view met jou image viewer
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai


Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Jy het dit baie mooi raakgevat en opgesom Wils.  Pragtig!
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As iemand vir my ander werk het sal dit help... anders moet ek maar die pad loop soos ek hom geteer het.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Naas werk het ek nie, self werkloos  :icon_bigsmurf: maar plekkie in ons hart en huis is daar ALTYD liefste mater!

Naas

Nou kort ek net die vliegkaartjie om daar te kom...  :wave: :angel7:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

#10
(toe edit ek ipv quote ha ha - ek maak gou reg  :icon_biggrin:)


Een van my skoolvriende het gese "Life is a bitch... and then you die."
Na ek gistraand met PM gepraat het het ek weer besef dat sommige van mens se probleme net te persoonlik is om te deel.
Neem dus kennis asb. Ek het diep persoonlike probleme en ek moet ongelukkig my lewe en die draaie wat ek daardeur gemaak het daarvoor verantwoordelik hou. Dus. Die pad waarop ek voortsnel na wie weet wat het ek self met verkeerde besluite geteer, die teer met 'n padroller van depressie gelykgemaak en met trane die strepe daarop getrek.
As jy my wil jammer kry, moenie.
As jy vir my wil bid, maak so.
As jy aan my wil karring oor my probleme gaan jy my net verder seermaak.

Ek lief julle almal. Moet dit asb nie vergeet nie. Van my beste en getrouste vriende lees nou hier. Ek salueer julle en is dankbaar dat julle omgee, maar hier moet ek self deur.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

My matertjie, jy laat my woordeloos.  Ek sal vir jou hande hou dat jou probleme opgelos word.
Ek sal nie aan jou torring nie.  Weet net dat ek en Hannes daar is as jy 'n handjie nodig het om jou op te hef.  Weet dat ons julle lief het en omgee.  Dit is ook maar al wat 'n mens kan doen.  Sterkte en voorspoed.  Julle is altyd in ons gedagtes. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dankie my skat. Ek het geweet jy sal verstaan.
Ek heg geweldig baie waarde aan julle vriendskap. Lief julle.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Gawelina

PM sê mos altyd: om te weet, is om te verstaan. Naas, ek weet nie, ek verstaan nie, maar ek vertrou jou om die beste te weet hoe om jou eie pad te stap. Ekke sit doodstil langs jou ingeval jy my nodig kry.  Steek net jou hand uit en jy sal my voel. 

Ek verkies ook om my einas nie in die openbaar te deel nie. My hartsmensies weet en verstaan. Dankie vir elke oggend se stomklets chillpilletjie. Dit maak my dag sommer sonskyn lekker.

adele

ek deel mos nou vreugde in hierdie besondere naweek vol mylpale wat voorle' maar wil ook nie dat ander wat hartseer en kommernisse het, dan weer wegbly nie, so dit is ook soms gedagtes wat tot onsekerheid lei.  :dontknow: 

Naas, Trappies, Willa, Elsabe, wie nog?? ons gaan, as die Here Wil, maandag oor 'n week inni Kaap wees, ons kuier by Franskraal en hoop om daardie maandag te gaan rondstap daar rondom julle wereld. gaan ons iewers saam kan kuier?   :coffee2:   dalk daardie laatmiddag, vroegaand? as julle wil, sal ek kontak wanneer ons daar onder is, ons behoort teen donderdag daar te wees.

:grommit:
adéle  :grommit: