Raaitjie, ek het net gou kom verslag doen oor die skedule agt medisyne. Daardie soort wat 'n mens sommer by jou huis produseer. Sustertjie, dit werk soos 'n bom!
Jy maak 'n leë pildosie so 20% vol, gebruik 'n wattestokkie (ear bud) doop dit daarin en wend dit aan. Die gejeuk en die brand staak sommer onmiddellik. Aanvanklik brand dit effens maar toe onthou ek dat hulle seg dat die tuisgemaakte brousel 'n uitstekende ontsmettingsmiddel is. Dit moet mos brand.
Ek onthou die "oumense" het geseg dat dit 'n uiitstekende middel is teen aknee. Wanneer 'n kobra jou in die oog spoeg is dit die beste middel om te gebruik om die oë mee uit te was.
Ek kan daarvan getuig dat dit uitstekend werk vir ekseem! Aanvanklik het ek gedink ek gaan soos Koos ruik, maar toe nie. Dit is reukloos.
Wat wel help is dat 'n mens nie so maklik krap nie, want wie wil nou daarin krap? Grappie, die jeuk het sommer die hasepad gekies en ek is 100% beter daaraan toe as gister.
Ek wil net my hartlike dank betuig aan die wonderlike raat, ek sien nou weer kans vir die lewe.
Ek lief jou!